“Dean het deur die jare geen geheim van sy kapteinskapdroom gemaak nie en ons is dankbaar om ’n leier te hê wat gereed is om sy moue op te rol.”
Tekkies en Toks vir ons kinders se toekoms
“Ons gaan nie net skoene aan hul voete sit nie, maar, meer belangrik, op ander vlakke positiewe bydraes tot ons kinders maak. Ons wil probeer om kinders op ’n geestelike vlak te help, maar ook emosioneel en liggaamlik. Hierdie aspekte gaan almal hand aan hand met mekaar.” Lees hier wat Vlok Cilliers oor dié projek skryf:
Bavuma sien uit na kapteinskap
“Saam met die feit dat ek as die Proteas se eerste swart kaptein bekend sal staan, wil ek ook onthou word as iemand wat die span baie goed op die veld gelei het en vir sy eie nalatenskap verantwoordelik was.”
Potgieter kan nie wag om Cheetah-trui te dra
Jacques Potgieter se rugbypad het al ’n paar wye draaie gemaak: Hy was al in aksie vir die Bulls, Sharks, Toulon en Waratahs.
Klink ’n glasie vonkelwyn op Duane
Springbok-hardebaard en Bulle is SA Rugby se beste.
Schoenmaker laat Afrika-rekords tuimel
Saam met haar nuutste 100 m-poging het sy ook die nasionale en Afrika-rekord in die 200 m-borsslagitem agter haar naam; om nie eens van haar prestasie oor 50 m te praat nie.
Vaughan gooi modder oor kolfblad
“Voorbereiding vorder fluks vir die vierde toets!” het die voormalige Engelse kaptein onderaan die foto geskerts.
Kyk: ’n Driekuns en toe ’n fees van sesse
Akila Dananjaya se driekunsvreugde verander in afgryse toe Pollard op die aanval oorgaan.
Sewesplesier weer terug in Kaapstad
“Ons werk hard daaraan om te verseker dat daar aan die hoë standaarde en verwagtinge voldoen sal word, gegewe die heersende pandemie-regulasies.”
Stillknocks takel gevegsvoorbereiding kaalvuis
“Dricus loop altyd oor van die selfvertroue voor ’n geveg en hy word net beter ná elke een.”
Krieketspeler doen gelyktydig Covid, malaria en bosluiskoors op
Kyle Jarvis het in Februarie op sosiale media gedeel dat die skade aan sy longe genadiglik nie te ernstig is nie en dat hy binne drie maande weer sal kan oefen.
Maradona se Porsche onder die hamer
“Ons is verheug om hierdie unieke Porsche uit die 1990’s aan voornemende kopers te bied; veral versamelaars van sokkergedenkwaardighede sal dit baie geniet.”
Rose begin op wêreldranglys verlep
Bokke steeds die beste, selfs 486 dae ná laaste wedstryd.
Nadal, Duplantis en Hamilton onder Laureus-benoemdes
Geen Suid-Afrikaanse span of sportster het vir die toekennings in aanmerking gekom nie.
Dogters wil ma’s se seges op netbalbaan nadoen
Al twee ma’s het hul nasionale kleure verwerf, terwyl een deel van die Suid-Afrikaanse netbalspan was wat ’n silwer medalje by die Wêreldbeker-toernooi in 1995 gewen het. Nou is die kanse goed dat hul dogters in hul voetspore kan volg.
Ster-naelloper teen Covid-19-inenting gekant
“Ek sal liewer die Olimpiese Spele misloop as om die entstof te neem.”
Langer as 300 weke as die wêreld se beste
Dit lyk asof wêreldtennis se rekords nie ’n kat se kans teen Novak Djokovic staan nie.
Lewis sê hy gaan aanhou veg vir gelykheid
“So lank as wat daar suurstof in my longe is, sal ek voortgaan om vir verandering te veg.”
Rabada lei Lions na T20-louere
Protea-blits klink Dolphins se doppie in eindstryd, maar het enige ander spelers in die reeks hul name vir die komende T20-wêreldbeker opgesteek?
Sharks ruk mat onder Griekwas se voete uit
Die damwal het vir 55 minute gehou, maar nadat Griekwas se Stefan Ungerer ʼn geelkaart gekry het, het die besoekers se stoom opgeraak en was dit blote eenrigtingverkeer.