“Ons moes juis op ’n kreatiewe wyse te werk gaan om te sorg dat ons so gereed as moontlik vir die toetsreeks teen Australië is, terwyl ons terselfdertyd ook tot die opwinding van die T20-kragmetings teen Pakistan kan bydra.”
Paine en leiding: Aussies bevraagteken kaptein se leierskap
“Ek is steeds die regte man om Australië teen Suid-Afrika aan te voer.”
Tendulkar in sy noppies met Kohli-lose Indië
“Ná die afloop van elke sessie was daar ’n nuwe held,” sê krieketlegende ná spoggerige reeksoorwinning in Australië.
Ervaring sorg vir Peterhansel-sukses tussen die duine
“Dit voel steeds soos my eerste sege van 1991.”
McGregor teen Poirier in UFC-geveg
“Ek voorspel dat ek binne 60 sekondes gaan wen.”
Sony-Ope: Verhaal van Steele en Kirk
Terwyl Steele die spoke probeer wegdryf het, was veral Kirk in ʼn kwaai persoonlike stryd gewikkel om sy spelersregte te behou.
‘Waar was Aussies se aggressie?’
Die Aussie-boulaanval was met tye sonder enige byt en Ricky Ponting het hul taktiek bevraagteken – klipharde toetskrieket is immers nie normaalweg deel van ’n Mej . Heelal se “wêreldvrede”-antwoord nie.
Kallis: Op koers na sukses in eerste toets saam met Engeland
Engeland-spelers – onder wie Jonny Bairstow en die groentjie Dan Lawrence – het al vantevore hul opgewondenheid uitgespreek om saam met Kallis te werk. Dit het veral in die Engelsmanne se eerste beurt gelyk of dié vennootskap goed werk.
Huurvlug vir Proteas ná redery vlugte kanselleer
KSA het nou ʼn groot logistieke en kosteprobleem sou die beoogde T20-wedstryde, wat ná die toetswedstryde gespeel word, voortgaan.
Amerikaanse PGA-reeks: Het Brendan senuwees van staal?
Steele het Saterdag in die derde ronde van vanjaar se toernooi al die spinnerakke afgestof.
Proteas in Pakistan vir eerste toer in 14 jaar
Streng veiligheidsmaatreëls geld tydens die Suid-Afrikaners se besoek.
Curriebekerrugby: Waar’s die kersie op die koek?
Groot kommer heers oor die gehalte van rugby wat tot dusver dié seisoen in die Curriebekerreeks uitgestal is.
Moordende Dakar-veldtydren eis nóg ’n slagoffer
Die 52-jarige Fransman het verlede Sondag van sy motorfiets geval en ’n helikoptersoektog het hom bewusteloos in die woestyn gevind.
Root slaan honderdtal onder Kallis-toesig
Intussen het Mark Boucher, die Proteas se hoofafrigter en een van Kallis se boesemvriende, die hoop uitgespreek dat die Suid-Afrikaanse legende in die toekoms weer deel van die Protea-opset sal word.
Marnus verbeter ’n Bradman-rekord met honderdtal
Hy moes sy eerste aflewering reeds in die tweede boulbeurt van die wedstryd trotseer het nadat Mohammed Siraj vroeg van David Warner (1) ontslae geraak het.
Marc Player steeds ontevrede met pa se toekenning
“Dit is nog nie te laat om die presidensiële medalje van vryheid met dankbaarheid terug te gee en ’n mate van eer, waardigheid en selfrespek te behou nie.”
Pumas het vir groter unies gegrom
Die Pumas het weliswaar nie dieselfde diepte of begroting as die groter unies nie, maar die Laevelders verdien gerus ’n klop op die skouer vir hul Carling Curriebeker-veldtog.
Dricus weer Maart in UFC-aksie
Die Suid-Afrikaanse gemengdegevegskuns-atleet het die nuus op sy amptelike Twitter-rekening met ’n opgewonde “I’m back!” bevestig.
Kallis: Eerste toets as tydelike Engeland-konsultant begin vandag
“Dit is hartseer dat ek nie in Suid-Afrika kan uithelp nie, maar ek geniet my tyd hier saam met Engeland.”
Thiem moet dié drie nog in eindstryde klop
’n Djokovic/Thiem-eindstryd is ’n definitiewe moontlikheid in Melbourne en indien die Oostenryker sou wen, is een van sy drie groot hindernisse uit die weg geruim.