Griekwas se rugbyspan het die Sharks Saterdag op Kingspark in Durban groot laat skrik toe Enver Brandt ʼn drie binne die eerste minuut van hul Curriebeker-wedstryd gedruk en Tinus de Beer met die doelskop geslaag het.
Swiel sink dapper Cheetahs
’n Strafskop in die doodsnikke van die wedstryd het die kragmeting vir die Kapenaars beklink. Maar dink wat jy wil van die Vrystaat; hulle is ongetwyfeld bittereinders.
Tiaan laat Leeus teen Pumas brul
Die nuwe ster op die Leeus se horison het Saterdag in Nelspruit weer helder geskyn toe die heelagter Tiaan Swanepoel sy span tot ʼn oorwinning oor die Pumas in ’n Curriebeker-wedstryd gestuur het.
Maroela Media se 10 gewildste sportstories vir 2020
Hierdie sportstories is in 2020 die meeste gelees op Maroela Media.
Dis nou sir Lewis Hamilton ná groot eer vir Britse jaer
Lewis Hamilton is tot ridder geslaan in Engeland se tradisionele Nuwejaar-erelys nadat hy Michael Schumacher se rekord van sewe Formule Een-wêreldtitels geëwenaar het.
Proteas klop mank besoekers op drafstap
Toegegee, Sri Lanka was hoegenaamd nie op hul beste nie en die beseringspook het amok onder hul boulers en kolwers gemaak. Tog het Mark Boucher en Quinton de Kock darem weer iets – altans wat vertonings betref – om oor te glimlag.
Federer nié vanjaar by Australiese Ope in aksie
Federer, ʼn groot gunsteling onder die Melbourne-skare, het sedert sy debuut in 2003 nog nie ʼn Australiese Ope misgeloop nie en het die trofee al ses keer huis toe geneem.
Protea-kolwers slaan terug op tweede dag
’n Paar jaar terug – in die dae van Smith, Amla, Kallis, De Villiers en Steyn – sou hierdie toets so te sê reeds in die sakkie gewees het. Maar deesdae is ’n mens nie meer so seker nie – daar is immers steeds drie dae se spel oor.
SA boulers lewer ’n vuisvoos-vertoning op eerste dag
Die Proteas se boulaanval is weliswaar onervare – Lungi Ngidi, Anrich Norté, Lutho Sipamla en Wiaan Mulder het nog net in ’n handjievol toetse gespeel – maar dit het met tye gelyk asof ’n goeie hoërskoolkolwer hulle ook hoofbrekens sou gegee het.
Curriebeker: Bonuspuntsege vir die Streeptruie oor Griekwas
Die WP het ʼn bonuspuntesege behaal.
Proteas bal vuis teen rassisme
Die Suid-Afrikaanse krieketspan het Saterdag voor die aanvang van hul toets teen Sri Lanka by SuperSport Park in Centurion met hul vuiste om hoog gestaan, ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging.
Geliefde rugbyman sterf
Die gemeenskap van die Paarl, maar ook die rugbygemeenskap, is in rou gedompel oor die dood van Arthob Petersen.
Nuwe bokskampioen doen woord aan oorlede pa gestand
“Natuurlik is ek trots op die prestasie; dit is lekker om die titel na Kaapstad te bring. Maar die belangrikste is dat ek my belofte aan my pa kon nakom. Ek wens ek kon sy gesigsuitdrukking sien die oomblik toe ek die titel gewen het.”
Koning Kallis glip deur KSA se vingers
Jacques Kallis is deur Engeland vir die reeks teen Sri Lanka nadergetrek. En in die huidige administratiewe warboel waarin Krieket Suid-Afrika hom bevind, het die veelsydige ster waarskynlik ’n slim skuif gemaak.
Jukskei-derby word uitgestel
Volgens SA Rugby is die jongste wysiging van die bepalings juis gedoen om verdere Covid-19-besmettings te voorkom.
Matera sê sy gesin word geteister ná twiets
“Dit is vir my die ergste – om hulle onverdiend by hierdie aaklige situasie te betrek. Die belangrikste is om te besef dat ’n fout gemaak is, om vergifnis te vra en aan te beweeg.”
Hazlewood: Van kleindorpie-ster na Adelaide-verwoester
Wanneer ’n mens Hazlewood se tuisdorp binnery – ’n dorpie met net meer as 300 inwoners – begroet ’n groot geel reklamebord jou met die woorde “Welcome to Bendemeer – the hometown of Hazlewood”.
Vandag se sportnuus
Die Australiese krieketraad is steeds gretig vir sy span se Protea-safari, maar sê dat die spelers se welstand sy hoofprioriteit is te midde van bekommernisse oor Suid-Afrika se bio-borrel en positiewe Covid-19-gevalle.
Formule Een: Gaan Mick Schumacher die mas opkom?
Schumacher se toetrede tot aanstaande jaar se Formule Een-reeks gaan soos ʼn vars briesie deur dié sport trek, want daar gaan nie ʼn dag verbygaan wanneer sy naam nie in die kollig sal wees nie.
Covid-19: Chaos in Europese rugby
Daar is wel ʼn hele paar wedstryde gespeel, hoofsaaklik op nat velde en in yskoue weer.