Die toernooi word gewoonlik in die Amerikaanse somer gespeel, maar is maande lank uitgestel nadat dit in die kloue van die Covid-19-pandemie beland het.
Mick Schumacher op koers na F2-glorie
“Wanneer ek die sprong na die F1-reeks maak, wil ek so voorbereid as moontlik wees. Terselfdertyd dink ek dat ’n mens ook eers ’n bietjie moet sukkel, want dit is in daardie tye wat jy die meeste leer.”
72 km per dag vir 72 dae op oefenfiets vir liefdadigheid
“Ek hou daarvan om ’n verskil te maak en op my, dalk vreemde, manier wil ek vir mense wys dat as jy op jou doelwit fokus, jy enigiets kan bereik.”
Video: Starc gooi kolf rond nadat kaptein beurt verklaar
“Ons het ’n bietjie oor alles gesels en ek het vir hom om verskoning gevra.”
Vandag se sportnuus
Oosthuizen slaan saam met Rahm en DeChambeau op Augusta af.
Moeg vir politieke foutballe: AfriForum skryf vir IKR
“Politieke inmenging het meer as net ’n negatiewe invloed op die standaard van professionele krieket geword; dit dryf die krieketgemeenskap uitmekaar.”
Video: Rahm stal toorkunsies uit
Kort nadat ’n video van die merkwaardige hou op sosiale media gelaai is, het die internet amper tot ’n stilstand gekom soos Rahm se lof besing is. Binne ’n japtrap het miljoene kykers die aksie op hul skerms gevolg.
Vandag se sportnuus
Bafana Bafana ‘gereed’ vir eilandmanne nadat hulle teen Zambië verloor en gelykop teen Namibië speel.
De Kock hou IPL-trofee omhoog
Die Mumbai-span van 2020 is ’n spesiale eenheid: Die voormalige Engeland-kaptein Michael Vaughn het byvoorbeeld gesê dat hulle ook die internasionale T20-Wêreldbeker sou kon wen.
Rossouw word ’n Renegade in Australië
“Hy was die afgelope paar seisoene een van die gevaarlikste kolwers op die wêreldverhoog.”
F1-seisoen sal weer in Australië begin
“Soos ons vroeër reeds gesê het, verwag ons dat toeskouers vir die 2021-seisoen kan terugkeer.”
Nóg ’n rekord vir Rafa
Daar is minder tennis in 2020 as in ander jare gespeel, maar Rafael Nadal verbeter steeds die een rekord na die ander.
Onder White is Bulls weer op die wenpad
Vergeet egter vir eers van moeilike wiskundige somme en vergelykings, die resep is lyk eintlik grotman-eenvoudig: White brei span, span wen.
Vandag se sportnuus
Dis De Kock teen Rabada en Nortjé in vanaand se IPL-eindstryd.
Medvedev laat moeë Zverev nie met rus
Die Rus het by tye met verstommende houe vorendag gekom en Zverev het duidelik geen teenfoeter daarvoor gehad nie.
MotoGP: Binder wys weer sy staal ondanks straf
Op moedverloor se vlakte? Dié uitdrukking bestaan nie in die woordeskat van Suid-Afrika se Brad Binder nie.
AB groet IPL weer bekerloos
Maar kom ons wees eerlik: Sonder De Villiers sou die Bangalore-span in baie meer wedstryde gehênsop het.
Netbal SA dalk binnekort in hof gepak oor rassereëls
Intussen sal Netbal SA glo vandag besluit of daar teen Theresa Rossouw, afrigter van die Mpumalanga Sunbirds, opgetree gaan word nadat sy haar misnoeë met die besluit om haar span te straf, te kenne gegee het.
Bulls wen opwindende Jukskei-derby
Maar waar dit later tien teen een ’n bietjie vervelig kan word om te kyk hoe twee kinders sake op ’n parkie-wipplank uitspook, het gisteraand se wedstryd vir lekker opwinding gesorg.
Stormers haal weer asem ná hul Griekwas afslag
Ná verlede Saterdag se drag slae teen die Bulls in Pretoria, is daar in die spieël gekyk en selfondersoek gedoen.