“Die SuperSport-familie is platgeslaan. Hy was ’n wonderlike karakter – goedhartig, vrygewig en iemand wat ongelooflik baie vir rugby omgegee het. Ons gaan hom baie mis.”
Neem deel aan die virtuele Wonder Woman Run
Dit gaan pret wees, dit gaan opwindend wees en dit is vir ’n goeie doel! Neem deel, waar jy ook al bly!
Kolisi trap klei oor Afrikaans
Hoe het Beast Mtawarira dit jare lank verstaan? Wat van Pat Lambie, Malcolm Marx, Makazole Mapimpi en Lukhanyo Am, wie se eerste taal ook nie Afrikaans is nie? Wat van die destydse hulpafrigters, die Skot Richie Gray en die Engelssprekende John McFarland, wat byna nie ʼn woord Afrikaans verstaan het nie?
Vandag se sportnuus
T20-Wêreldbeker is amptelik uitgestel.
Knie buig vir BLM ‘saai groter verdeeldheid’
“Kyk net na die kommentaar van gewone Suid-Afrikaanse sportliefhebbers. Daar is ongetwyfeld groter verdeeldheid gebring.”
Rahm lei die Spaanse armada in Amerika
Dit was Rahm se derde oorwinning in die PGA-reeks en hy is saam met Severiano Ballesteros die enigste Spaanse spelers wat die hoogste piek kon bereik.
Vandag se sportnuus
Engeland in beheer selfs na Sibley se spoegblaps.
Hamilton dra Hongaarse F1-kroon ’n agtste keer
Dit was Hamilton, wat die 90ste keer in sy loopbaan in die voorste posisie weggespring het, se 86ste oorwinning.
Rahm kry sy neus voor in Ohio
Die 25-jarige Spaanse gholfspeler Jon Rahm het die spinnerakke van die Covid-19-pandemie behoorlik afgeskud en loop met vier houe voor ná die derde ronde van die Memorial-toernooi wat in Dublin, Ohio, in die VSA gespeel word.
Spelers buig die knie op SuperSportpark
“Vir my verteenwoordig die BLM-beweging die mees fundamentele reg wat almal reg oor die wêreld verdien: Om nie op grond van sy of haar velkleur veroordeel te word nie.”
AB wys hy het steeds emmersvol klas
De Villiers het op daardie dag die vinnigste honderdtal in eendagkrieketgeskiedenis geslaan. En hoewel baie dinge in die wêreld sedertdien nie meer dieselfde is nie, het hy weer gewys dat hy enige tyd met iets spesiaals vorendag kan kom.
Kapteinskap was op Avril Malan se voorkop geskryf
Voor Malan was Alf Richards in 1891 die jongste Suid-Afrikaanse kaptein, maar nadat Malan vir Roy Dryburgh vervang het, was hy 139 dae jonger as Richards.
Vandag se sportnuus
Nieu-Seeland Rugby (NZR) ondersoek die moontlikheid om ’n nuwe Superrugby-kompetisie van stapel te stuur, maar sonder Suid-Afrikaanse en Argentynse spanne.
Van der Dussen, Amla praat oor BLM
“Ek ondersteun gelyke geleenthede vir almal. Omdat ek BLM ondersteun, beteken dit nie dat ek geweld of Marxisme ondersteun nie; ek weier dus om deur mense geëtiketteer te word.”
Rugbyspelers ondersteun ook BLM
“Alhoewel SA Rugby reusevordering gemaak het om toe te sien dat die spelersgroep verteenwoordigend op nasionale vlak is, duur die uitsluiting van swart hoofafrigters en topadministrateurs voort.”
Wanneer die Leeus toer, is daar perde
Toe die Britse Leeus-toerspanne toeka deur Suid-Afrika getoer het, was daar altyd ʼn boek of twee oor Suid-Afrika en hul wedervaringe geskryf. Die span was gewoonlik twee maande in Suid-Afrika en het 25 wedstryde in elke groot dorp en stad gespeel en het meer besienswaardighede as Tommie die toeris besoek.
Vandag se sportnuus
Woods is weer terug op die gholfbaan.
Britse en Ierse Leeus-toerdatums bly onveranderd
“Die Bokke was met elke toer die verdedigende wêreldkampioen en die komende toer kan ook een vir die geskiedboeke wees.”
Talle spelers skaar hulle by Ngidi
“Waarom word transformasie altyd in ons kele afgedruk wanneer nasionale spanne verloor, maar nooit wanneer hulle wen nie? Kan daar asseblief gelyke behandeling wees?”
Dié rugbyspelers dalk oud, maar ver van koud
Niemand kan kers vashou vir die 95-jarige oupagrootjie Easton Roy nie.