“Mens besef nie hoe vinnig die tyd verbygaan nie en as dit die Here se wil is, sal ek wil aanhou speel tot die 2023-toernooi. Ek sien baie uit daarna dat die Wêreldbeker in die mooie Kaapstad aangebied word!”
Vandag se sportnuus
Kevin Pietersen begin sy eie YouTube-kanaal; slaan ’n bal vrek ver terwyl hy geblinddoek is. Kyk hier na die video:
Proteas toer nie meer in Junie na Sri Lanka
“Dit is baie hartseer dat hierdie stap gedoen moes word. Ons sal die toer herskeduleer sodra krieketverrigtinge weer na normaal terugkeer.”
8-jarige laat speke steeds sing, ondanks Tour de France-teleurstelling
’n Gr. 3-leerling se droom om ’n paar skofte van die Tour de France by te woon, is weliswaar deur die Covid-19-pandemie in die wiele gery, maar dit het glad nie sy entoesiasme vir fietsry geblus nie.
Wie is die koning van die stelskoppers?
Wat van Naas Botha se suksesvolle doelskop in 1980 in die reën in die derde toets teen die Britse en Ierse Leeus in Port Elizabeth. Dit het die Bokke met 12 – 10 laat wen om ʼn onaanvegbare voorsprong in die reeks te neem.
Vandag se sportnuus
ʼn Paneel van voormalige Indiese krieketspelers sê AB de Villiers is die beste kolwer in IPL-geskiedenis.
Gerald Bosch het saadjie van om-die-hoek-skoppe geplant
Almal het hulle destyds vergaap hoe hy die bal sokkerstyl geskop het, hoe hy eers ʼn tree of twee agteruit en dan skuins gegee het voordat hy die bal sekuur getref het.
SA marathon-legende draf 160 km in sy agterplaas
“Wat my die meeste van die uitdaging geboei het, is die sielkundige stryd; hoe klop ’n mens daardie vervelige eentonigheid? Maar dit was beslis een van die taaiste dinge wat ek nóg aangepak het.”
Gus of Bill? Vir wie gaan Saru stem?
Pichot het altyd met groot lof van Suid-Afrika gepraat, wat die Poemas op rugby se wêreldkaart geplaas het. Hy het oor Dok Danie Craven en Izak van Heerden, wat baie tot die Poemas se opgang en welslae bygedra het, gesels.
Peyper geniet gesinstyd, maar mis tog rugby
Terselfdertyd is hy ook beïndruk met sy DIY-vaardighede!
Smith permanent deur KSA aangestel
De Kock sal egter nie die toetskrieket-kaptein wees nie.
Comrades-marathon amptelik uitgestel
Volgens die Comrades-marathonvereniging moet die marathon egter voor ʼn sekere tyd plaasvind anders sal dit vir die eerste keer sedert die Twee Wêreldoorlog gekanselleer moet word.
Springbokkeurders se groot blaps
Bayvel was na alle waarkynliheid die beste skrumskakel wat Transvaal en die Goue Leeus nog gehad het. Vergeet van Faf de Klerk, vergeet van Ross Cronje, vergeet van John Robbie en Johan Roux. Bayvel was die beste van hulle almal. Hy was blitsvinnig, het ʼn suiwer aangee gehad, kon breek én skop.
Vandag se sportnuus
Die organiseerders oorweeg ʼn ander venue en alternatiewe sodat die CrossFit Spele agter geslote deure kan voortgaan.
Saskok skors waarnemende president
Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het sy waarnemende president, Barry Hendricks, voorlopig geskors tydens ʼn vergadering Woensdagaand.
IPL is ook afgelas
Kevin Pietersen voel dat dié spogreeks wel later vanjaar agter geslote deure gespeel moet word.
Ironman-kampioen se man laat haar virtueel struikel
“Wat ’n mamparra!” het Ironman-legende laggend gesê ná haar man se lompheid haar die podiumplek kos.
Was Francois Pienaar se Transvaalspan die beste?
Om ʼn klip in die bos te gooi, glo ek die Transvaalse spanne van 1993 en 1994 het die baanbrekerswerk vir die Bokke gedoen.
Vandag se sportnuus
Bakkies en Eben onder Britse skrywers se taaiste spelers.
Nog ’n SA’ner is Presidentebeker-kaptein
Die voormalige meesterskampioen sal sy eie kapteinskap-stempel wil afdruk.