Hier kom die Bokke!
Moenie simpel goed aanvang nie, sê Os vir Bokke
Die Suid-Afrikaanse stut-legende doen ʼn beroep op voorspelers om die spel te oorheers.
Mening: SA se krieket-kopseer strek verder as net hul vertonings
Die venederende nederlaag teen Indië is maar net die oortjies van die seekoei.
Inspirerende hardloper bewys medici verkeerd
Dokters het gesê die verste wat hy sal kan hardloop, is 1 500 m. Vandag is hy ’n Afrika-kampioen in die 5 000 m.
Comrades 2020: Dis neusie verby vir Suid-Afrikaners
Net drie dae nadat inskrywings vir die Comrades Marathon in 2020 geopen het, is die aantal inskrywings beskikbaar vir Suid-Afrikaners opgeraap.
Eindstryd is Rassie se laaste toets as hoofafrigter
“Ek moet sê, om afrigter te wees het my weer soveel hoop vir Suid-Afrikaanse rugby gegee.”
Vandag se sportnuus
Le Roux begin weer op heelagter.
Suid-Afrikaner kom tweede in ‘moeilikste uithourit ter wêreld’
Roux vertel dat dié uithourit “baie erger” as ʼn gewone uithourit is, maar dat haar perde waarmee sy gery het, tot haar tweede plek bygedra het. “My perd op die eerste dag was stadig, maar dit was eintlik baie goed, want die roete was klipperig. Die perd was versigtig en het mooi na homself gekyk.”
Reinach vir ‘drie van die jaar’ benoem
Die toekenning kan die kersie op die driekuns-koek wees.
All Blacks teen Wallis vir die bronsmedalje
Einde van die Hansen-, Gatland-era.
Van Rooyen is die nuwe Leeu-afrigter
“Die Leeus is sedert 2009 my tuiste en ons het nou die geleentheid om as span iets baie spesiaals te skep.”
Habana praat oor Siya Kolisi, eindstryd
“Indien die Bokke speel soos wat hulle in die eerste 20 minute van hul groepwedstryd teen Nieu-Seeland gespeel het, staan hulle beslis ’n kans om die toernooi te wen.”
Luister: Vandag se sportnuus
Herschel Jantjies word vir Wêreldrugby-toekenning benoem.
Rugbywêreldbeker: SA’ner vertel van Japan-belewenis
ʼn Suid-Afrikaner wat tans in Japan is vir die Rugbywêreldbeker-toernooi vertel van die hoendervleisoomblikke, die Japanners se netheid en wat hy gaan doen as die Bokke Saterdag wen.
Eers bergfietswedren, dán eindstryd
Gewilde bergfietswedren verkort roete om voorsiening te maak vir die Wêreldbeker-eindstryd.
Luister: Vandag se sportnuus
Kolbe is fiks vir eindstryd.
Omstrede Fransman blaas wéér vir Bokke
“Dit was een van die fantastieste Wêreldbeker-rugbytoernooie, miskien die grootste, en daar is groot opgewondenheid oor wat beloof om ʼn uitsonderlike eindstryd tussen twee voormalige kampioene – Engeland en Suid-Afrika – te wees.”
Wêreldbeker-finaal nou ook SAUK-kykers beskore
Die SAUK het Maandag in ʼn verklaring gesê hy het ʼn ooreenkoms met SuperSport bereik om die eindstryd regstreeks op SABC2 uit te saai.
Bacher vra dat Markram die leisels oorneem
“Ek is Faf se grootste ondersteuner en bewonderaar, maar die tyd is ryp vir Aiden om oor te neem.”
Wêreldbeker: Raai die eindstrydtelling en wen!
Jy staan die kans om ʼn ysmasjien ter waarde van minstens R2 000 te wen as jy die Rugbywêreldbeker-eindstrydtelling (tussen Suid-Afrika en Engeland) reg kan raai.