Benewens die Springbokke teen Wallis, behoort Saterdag se wedstryd tussen Engeland en Australië en moontlik ook dié tussen Skotland en Argentinië, vir die taaiste kragmetings op die laaste dag van die jaareindwedstryde te sorg waarby Sesnasies-spanne betrokke is.
Formule Een: Hamilton en Mercedes kan nou afskakel
Die Formule Een Grand Prix van Abu Dhabi (die laaste wedren van die jaar) word Sondag gejaag.
Springboklegende Gysie Pienaar gesels met Pierre Massyn
Dankie Gysie Pienaar vir al die onvergeetlike plesier wat jy my en duisende ander rugbyliefhebbers in Suid-Afrika en wêreldwyd besorg het.
Vandag se sportnuus
Die Springbokspan wat môre om 19:20 teen Wallis speel, is bekend gemaak en in tennisnuus begin die eindstryd van die Davisbeker vandag in Frankryk tussen die spanne van Frankryk en België.
Rassie en Gatland verander byna niks
Wanneer dinge voor die wind gaan met ʼn rugbyspan, word daar maar min kopgekrap wanneer span gekies word.
Vandag se sportnuus
Die Springbokspan wat Saterdag teen Wallis speel word vandag bekend gemaak.
Cheetahs en Kings speel net 13 wedstryde in 26 weke
Een van die vernaamste uitdagings vir die Cheetahs en die Kings in die Pro14-reeks is waarskynlik om die gebrek aan kontinuïteit te oorkom.
Gholf: 2de plek wink vir SA by Wêreldbeker
Die prysgeld beloop nagenoeg R110 miljoen.
Die Bokke hoort nie vyfde op die ranglys nie
Die Springbokke se jaareindtoer behoort opnuut ʼn wekroep vir Suid-Afrikaanse rugbybase te wees.
Vandag se sportnuus
Die Wêreldbeker van Gholf begin môre in Melbourne.
Daar wag nie meer slapelose nagte op Rassie nie
Die statistieke wys dit dalk nie, maar daar ís heelwat vordering op die Springbokke se jaareindtoer gemaak.
Vandag se sportnuus
Nadat die Proteas skoonskip gemaak het op hul toer deur Australië is hulle nou vierde op die ranglys vir eendagspanne en sesde op die T20-ranglys. Die Springbokke is steeds vyfde op die jongste wêreldranglys.
Bulls maak kortlys van drie vir hoofafrigter bekend
Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het die kortlys van drie kandidate vir die pos as hoofafrigter van die Bulls se Superrugby-span aangekondig.
Kolisi net gewaarsku oor kopstamp teen Skotland
Siya Kolisi, Springbok-kaptein, sal Saterdag teen Wallis in die Bokke se laaste toets van hul jaareind-toer mag speel.
Watter skrumskakel gaan Rassie Erasmus kies?
ʼn Week gelede was daar nog groot kommer in die Springbokkamp oor die onbeskikbaarheid van die skrumskakel Faf de Klerk.
Tennis: AZ is die nuwe goue seun van tennis
‘n 21-jarige het onomwonde bewys dat hy die nuwe wêreldster van manstennis is deur met beide Roger Federer en Novak Djokovic in twee dae af te reken.
Vandag se sportnuus
Die ATP se toerfinaal het gister in Londen sy klimaks bereik.
Twee uit SA kry 20 en 18 in Engeland, Frankryk
Twee spelers uit Suid-Afrika het Saterdag onderskeidelik 20 en 18 punte vir hul spanne in die Engelse en Franse klubligas op die telbord geplaas.
Vrae oor nuwe reeks en Superrugby gevra
Vrae word gevra oor die uitwerking wat ʼn nuwe internasionale reeks van aanstaande jaar af op Sanzaar se Superrugby kan hê.
Swarigheid wag vorentoe op Namibië
Swarigheid wag vorentoe op Namibië, veral in die toernooi aanstaande jaar in Japan om die Wêreldbeker (WB), tensy hy sy spelpeil van sy afgelope twee wedstryde wesentlik kan ophef.