ʼn Gewese Pretorianer het 12 punte vir sy span in die jongste weekronde van die Amerikaanse Senior Rugbyliga (MLR) aangeteken.
Vandag se sportnuus
Die Springbokspan wat Saterdag in die tweede toets teen Engeland in Bloemfontein speel word môre bekend gemaak. Beast Mtawarira sal in sy 100ste wedstryd vir die Bokke speel.
Junior Bokke se terugvegpoging nie goed genoeg nie
Die Junior Springbokke moes tot dusver in die o.20-Wêreldkampioenskap drie keer in vier wedstryde ná ʼn rustydagterstand terugveg, maar kon Dinsdagaand, soos in hul laaste groepwedstryd teen Frankryk, nie die groot gaping vernou om te wen nie.
Gholf: Die tweede major van die jaar is hier
Die toernooi spog met ʼn prysgeld van nagenoeg R160 miljoen.
Rassie rits Eddie Jones se mond toe
Mof Myburg, Lofty Nel, Victor Matfield, Johann Ackerman en nou ook Schalk Brits.
Junior Bokke: Sewe veranderinge vir die halfeindstryd teen Engeland
Suid-Afrika kry Dinsdag (19:00) in Narbonne in die halfeindronde van die o.20-Wêreldkampioenskap teen Engeland die kans om te bewys dat hulle wél die gehaltespan is waarvan voor die toernooi gewag gemaak is.
Man voltooi Comrades op krukke ná talle terugslae
Lees hier hoe Hein Venter, ʼn pa van drie, en Xolani Luvuno, wat voorheen aan drank en dwelms verslaaf was, se ongewone vriendskap daartoe gelei het dat Luvuno die naweek op een been die Comrades voltooi het.
Vandag se sportnuus
Die Blitsbokke het die laaste toernooi van die wêreldreeks gewen en hulle het daarmee hul titel as Wêreldkampioen behou.
Foto’s van Saterdag se opwindende aksie op Ellispark
Nie altyd die beste nie, en met nog te veel foute, maar Saterdag se oorwinning op Ellispark teen Engeland was vol opwinding en ook sprankelrugby.
Rassie trek Schalk Brits nader, stuur sewe na franchise’e terug
Schalk Brits, wat drie weke gelede sy laaste wedstryd vir Saracens gespeel het toe hulle die soveelste keer as Engeland se kampioen gekroon is, is by die Springbokgroep vir die res van die Engelse reeks gevoeg.
Drie uit drie teen die Engelse!
Om beskeie te wees, is een van die beste en noodsaaklikste karaktereienskappe vir enige sportman.
Vandag se sportnuus
Die twee topgekeurde spelers by vanjaar se Franse Ope op Roland Garros het Saterdag en Sondag met die louere weggestap.
Formule Een: Vettel en Ferrari maak geskiedenis in Montreal
Die Kanadese Formule Een Grand Prix is Sondagaand gejaag.
Atletiek: Ons verspringers stel teleur
Die sesde byeenkoms in die Diamantliga-reeks is Sondag in Stockholm, Swede aangebied. Vier Suid-Afrikaners was in aksie.
Oud-Stormer druk twee keer teen Rusland
ʼn Gewese Superrugbyspeler van die Stormers het Saterdag twee drieë vir Amerika in sy kragmeting in Denver, Colorado, teen Rusland gedruk.
Kiewiete behou Nasiesbeker
Die Kiewiete het Wêreldrugby (WR) se Nasiesbeker die tweede agtereenvolgende keer verower toe hy Sondag die deurslaggewende stryd in Motevideo, Uruguay, gewen het.
Voorlopers kry wind van voor in SuperSportreeks
Twee van die voorlopers het die wind van voor gekry in die jongste ronde van die SuperSportreeks.
Blitsbokke verras Engeland en behou hul reekstitel
Suid-Afrika, die verdedigende kampioen in Wêreldrugby se sewesreeks, het Sondagmiddag in Parys verreweg hul beste vertoning van die toernooi gelewer en vir Engeland in die eindstryd geklop.
Tennis: Top gekeurdes dra die kroon by die Franse Ope
Die twee top gekeurde spelers by vanjaar se Franse Ope op Roland Garros het Saterdag en Sondag met die louere weggestap.
Stoeigemeenskap treur oor jong kampioen
Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het gesê hy betreur die afsterwe van die belowende stoeier, KleinJan Combrinck.