Die Southern Kings gaan nie na hulle goeie vertoning verlede week teen die Scarlets dit Vrydagaand (19:30) so maklik in die Baai regkry om die Cheetahs dit na te doen en Edinburgh in hulle Pro14-wedstryd te klop nie.
Vandag se sportnuus
Die Bokspan wat môre om 16:30 teen Wallis speel is bekendgemaak.
Allister skiet van die heup af
Wat? Kan dit waar wees?
Dié Drake kan mos nie vuur spoeg nie, of kan hulle?
Die diepte van Walliese rugby sal erg onder die loep kom wanneer die Rooi Drake Saterdag in Cardiff teen die Springbokke speel.
Blitse mik na drie titels, soek goeie wegspring in Dubai
As jy nie hoog mik nie, is sukses jou nie beskore nie. En dit geld in 2017/’18 vir die Blitsbokke
Is dit die einde van die Bulle se madeliefie?
Dit klink of die Blou Bulle se geliefde madeliefie na 80 jaar nie langer gaan bloei nie.
Gewese Protea blink vir Nederland met kolf
ʼn Gewese Protea-krieketspeler het Woensdag en Donderdag 175 lopies vir Nederland in die reeks om die Interkontinentale Beker in Dubai gemoker.
Blou Bulle vereer uitblinkers
Die Blou Bulle-maatskappy het Woensdag sy uitblinkers by ʼn prysuitdeling op Loftus Versfeld in Pretoria vereer.
Alfa Romeo keer terug na F1
Die Italiaanse motorvervaardiger Alfa Romeo keer terug na die Formule Een-toneel nadat hy ʼn ooreenkoms met die Switserse Sauber-renspan aangegaan het.
Vandag se sportnuus
Die Bokspan wat Saterdag teen Wallis speel, sal vandag bekend gemaak word. Die groot vraag, oor wie Duane Vermeulen en Francois Louw se skoene gaan volstaan, sal dan beantwoord word.
Bulls en Bulle bly by die ligblou-en-wit-tradisie vir 80ste verjaarsdag
Die Blou Bulle Rugby-unie vier aanstaande jaar sy 80ste bestaansjaar, en die tradisie van die Ligbloues wat in 1938 met die span se ligblou en wit kleure ontstaan het, word gestand gedoen.
Waar word die streep getrek?
Dis sal nie ʼn gewilde besluit wees nie, maar rugbyspelers sal voortaan verbied word om enige boodskap, simbool of kenteken op hul gewrigs- en armverbande aan te bring.
Vandag se sportnuus
Die Springbokke speel Saterdag teen Wallis en sal sonder vier van hul gereelde spelers wat terug is by hul oorsese klubspanne moet klaarkom.
Dis Vollie se borselkop, Frik se handtekening
Dis die klein dingetjies in rugby wat van rugbyspelers helde maak.
Vandag se sportnuus
Die eerste toets tussen Australië en Engeland in die Reeks om die As is maklik deur Australië met tien paaltjies gewen en die Blitsbokke sal komende naweek in Dubai in aksie wees tydens die eerste toernooi in die Wêreldreeks.
Drie uit Suid-Afrika kry tientalle in Frankryk
Drie spelers uit Suid-Afrika het tientalle behaal in die jongste ronde van die Franse beroepsligas.
Vyf Springbokke druk in Engelse Premierliga
Vyf Springbokke het agter die doellyn gaan kuier in die jongste ronde van die Engelse Premierliga.
Selfs Skotte bedreig Bokke nou op ranglys
Selfs Skotland, wat voor die vorige toernooi om die Rugbywêreldbeker (RWB) min kans gegun is om die kwarteindronde te haal, bedreig nou Suid-Afrika se klaaglike vyfde plek op die wêreldranglys.
Aussies vryf Engelse gesig in die As
Australië het Engeland se gesig so te sê letterlik in die As gevryf in die eerste kragmeting van vanjaar se toetsreeks tussen dié twee lande.
ʼn Toets buite die toetsgleuf? Wie gee om?
Wanneer die rieme styfgetrek word, wanneer die geldwolf op die voordeur begin uitkamp, moet daar sekerlik planne beraam word om dit te systap.