Was dit nie vir ʼn onderbreking van amper vier uur wat Erik van Rooyen se momentum gestuit het nie, kon die Suid-Afrikaner straks nog beter vertoon het.
Dobson krap kop oor swak eerste helfte
“As ʼn mens na ons dissipline in die eerste halfuur kyk, kan jy tereg sê dat dit waarskynlik een van ons swakste vertonings nóg was. Ná 12 minute het ons reeds vyf strafskoppe afgestaan.”
Yslike betaaldag vir Louis, Charl
Suid-Afrika se Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel was besonder in hul noppies in Saoedi-Arabië waar hulle saam tweede geëindig het en die tjek wat daarmee saamgaan vir seker ook nie te versmaai is nie.
Blitsbokke wen, maar swaai byna houtlepel
Die Suid-Afrikaanse sewesrugbyspan het van die bekerwenners in Dubai na die 11de plek in Los Angeles geval.
Afrika-Spele: SA stuur sterk span na Ghana
Daar word hoë verwagtinge van die groot Suid-Afrikaanse span gekoester wat van 8 tot 23 Maart in Akkra, Ghana, aan die 13de Afrika-Spele deelneem.
Lyon draai Kiwi’s deurmekaar
Australië se Nathan Lyon het tien paaltjies in die eerste toets teen Nieu-Seeland geneem, terwyl Cameron Green met kolf en bal uitgeblink het.
Olé! De Minaur wen in Mexiko
“Ek het dit glad nie verwag nie. Ek het glad nie goed in aanloop tot die toernooi gevoel nie en ek moes myself die heeltyd moed inpraat.”
Vier Ierse spanne asook Bulls en Lions beur na vore
Al vier Ierse rugbyspanne het Vrydag en Saterdag, selfs sonder die meeste van hul Sesnasies-spelers, bonuspuntoorwinnings in die Verenigde Rugbykampioenskap behaal, wat sake vorentoe vir veral die Stormers en Lions kan beduiwel.
Bulls kan sege geniet, maar harde werk lê voor
“Dit was ʼn lang pad om tot hier te kom, maar ons het nou ʼn oortuigende oorwinning behaal. Ja, ons is dankbaar om bó die Stormers op die punteleer te bly, maar ons het nog nie iets groot gewen nie.”
Kyk: Wêreld se beste o.18-tennisspeler praat Afrikaans
Oostenryk se Joël Schwärzler klim deesdae die internasionale tennissuksesleer, maar hy het ʼn passie vir Afrikaans, ProNutro en natuurlik krummelpap.
Vrouespan maak trots in LA
Suid-Afrika se vrouesewesspan is deur na die kwarteindstryd van die Los Angeles-toernooi, maar die Blitsbokke se treurmare duur voort.
Charl en Louis rooiwarm in die woestyn
Die amperse boomlose Royal Greens-gholfbaan met die lowergroen ruveld in die woestyn in Djeddah in Saoedi-Arabië, pas die vier Suid-Afrikaners (Stinger-span) wat daar in die LIV-toernooi speel soos ʼn handskoen.
Nuwe jaar, dieselfde blitsige Max
“Dit was doodeenvoudig ongelooflik. Ek dink vandag het veel beter verloop as wat ek verwag het,” het Max Verstappen gesê nadat hy met die louere in Bahrein weggejaag het.
Lions se Delano Potgieter kolf WP flenters
Pen maar die naam van die 27-jarige onbesonge Delano Potgieter iewers neer.
Bielie Bulls eindig Stormers se wenlopie
Op ʼn aand waar alles reg vir die Bulls op Loftus Versfeld geloop het, het hulle die Stormers se tweestrydwenlopie met ʼn klinkende oorwinning tot ʼn einde gebring.
Lions brul hard teen vuisvoos Sharks
Die telling was rustyd 19-10 in die guns van die Lions toe dit hard begin reën het met ’n gepaardgaande ʼn elektriese storm wat oor Johannesburg geskuif het.
Kyk: Rublev in sop ná lynregtertirade
“Dit was ʼn baie goeie wedstryd en ons al twee het verdien om te wen. Die toeskouers het goed saamgesels en ons kon een van die beste wedstryde nóg teen mekaar gespeel het. Dit is ʼn jammerte dat dinge nou so moes eindig.”
Blitse verloor sleg teen Iere; nou wag Argentyne
Die Blitsbokke is sekerlik ʼn vyfderatspan op die sewesrugbyveld, maar hulle word tans oorrompel deur spanne wat ʼn sesde rat gevind het.
Gholf: SA gholfspelers bult hul spiere
Die Suid-Afrikaanse vlag het Vrydag hoog gewapper toe van Suid-Afrika se voorste gholfspelers in gholftoernooie oor die wêreld heen hul stemme dik gemaak het.
Bulls, Stormers slaags op stampvol Loftus
Daar gaan Saterdag nie eens plek vir ’n muis wees nie wanneer die Bulls teen die Stormers op Loftus Versfeld speel.