Dís mos hoe jy in rugby beplan.
Force met 7 uit SA herleef in nuwe Wêreldreeks
Die Western Force-redder Andrew Forrest het Dinsdag sy nuwe Wêreldreeks-rugby (WSR) in Perth aangekondig saam met ʼn herleefde Force-groep wat sewe spelers met SA bande bevat.
Gaan Rassie die voorbeeld van Mitch en Swys volg?
Dit bly ʼn waagstuk om spelers uit hul posisies te kies, maar in die geval van Handré Pollard en Franco Mostert kan die afgelope naweek ʼn rigtingwyser vir die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, wees.
Varsitybeker: Dit was darem alte maklik vir die wenspanne
Ondanks die gewone skitterspel, was Maandagaand se vier wedstryde nie ʼn goeie advertensie vir Varsitybekerrugby was nie.
Tuks kan nie meer net op gunste staatmaak nie
UP-Tuks het nog net vier wedstryde oor in vanjaar se Varsitybekerreeks waarin hulle moet seker maak dat hulle nie aanstaande jaar in die Varsityskildreeks speel nie.
Daar is baie volbloed-resiesperde op die rugbyveld
Dis ʼn belewenis om ʼn volbloed resiesperd in aksie te sien, en net so is dit ʼn blywende ervaring om ʼn atletiese rugbyspeler te sien galop.
Blou Maandag vir die Blitsbokke
Die Blitsbokke het Maandagoggend Suid-Afrikaanse tyd van die veld gestap met die wete dat hulle hul voorsprong in die sewesreeks van Wêreldrugby met nóg twee punte vergroot het.
Faf die ‘hartslag’ van Sale in Engelse reeks
Die Springbok-skrumskakel Faf de Kerk gedy eenvoudig in die Engelse Premierliga, en 14 punte het die kroon op sy vertoning Saterdag vir Sale gespan.
Afkaak-Crusader oor Stormers-gevaarvat gemaan
Asof ʼn af kakebeen nie erg genoeg is nie, het die All Black-losskakel Richie Mo’unga homself ʼn waarskuwing op die hals gehaal ná die Crusaders se Superrugby-kragmeting Saterdag teen die Stormers in Christchurch, Nieu-Seeland.
Aussies vind baat by Superrugby-besluit, SA nie
Dis was ʼn baie ongewilde besluit toe die Suid-Afrikaanse en Australiese rugbybase verlede jaar besluit het om die Cheetahs, Southern Kings en Force van hul Superstatus te stroop.
Arend uit SA topdriedrukker in Amerikas-reeks
ʼn Arend uit Suid-Afrika was een van die topdriedrukkers in die Amerikas-rugbykampioenskap (ARK), wat pas die tweede jaar op die ry af deur Amerika gewen is.
Superrugby: Lions lag alte lekker
Dit was ʼn ongewilde besluit, maar wie geen nóú om, want die Lions het Saterdag op Loftus Versfeld die Bulle se tjank met 49-35 afgetrap en gewys dat daar ondanks die lofsange nog ʼn lang paadjie vir John Mitchell en die Bulls is wat gestap moet word.
Blitsbokke deur na die Las Vegas-halfeind
Die Blitsbokke het Sondagoggend vroeg Suid-Afrikaanse tyd hulle kwarteind teen Australië oortuigend gewen en na die halfeindronde Sondagaand (23:34) teen Argentinië deurgedring.
En toe wen die Kings en die Cheetahs se uitspeelkanse leef voort
Ná 17 wedstryde elk, het Suid-Afrika se twee Pro14-verteenwoordigers die naweek die heel eerste keer ʼn tweekuns oorwinnings behaal en albei gewen.
Rekordsege vir SA afrigter se Heren 15
Nederland, met sy Suid-Afrikaanse afrigter, het Saterdag in Amsterdam ʼn rekordsege oor Pole in die reeks om die Rugby Europa-trofee (RET) behaal.
Lions se gehalte te veel vir moedige ‘nuwe’ Bulls
ʼn Wedstryd duur 80 minute, maar hoewel die Bulls hulle alles in die tyd gegee het, was dit Saterdag op Loftus in die goeie Superwedstryd teen die Lions nie genoeg nie.
Sharks vol foute en steeds sonder ʼn eerste oorwinning
Soos verlede week in Sydney teen die Stormers was dit vir die Waratahs weer ʼn senutergende geval van een vir jou, een vir my in hulle wedstryd teen die Sharks, maar dié keer het dit anders geëindig.
Blitsbokke deur na kwarteind, maar …
Die Blitsbokke het vroeg Saterdagoggend hulle eerste twee groepwedstryde in Wêreldrugby se sewestoernooi in Las Vegas gewen en is reeds verseker van ʼn plek in die kwarteindronde.
Superrrugby: Stormers kry slae, maar gaan darem nie lê nie
Dis nie aldag dat ʼn rugbyspan met 17 punte geklop word, maar steeds lof ontvang nie
Haas geen teken van Loffie se VSA-kampioen oor
Daar het haas geen teken van die SA afrigter Eugene (Loffie) Eloff se opspraakwekkende Amerikaanse klubkampioen, die Austin Huns, in die Red River-liga oorgebly nie.