Dit wil voorkom of twee van Suid-Afrika se oudste en beroemdste rugbyheiligdomme, Nuweland en Ellispark, en ʼn jongere, Kingspark, onder meer die offerande is vir die aanbieding van 2023 se toernooi om die Rugbywêreldbeker in Suid-Afrika.
Allister maak ommekeer ná Pieter-Steph se harsingskudding
En toe maak die Springbokafrigter Allister Coetzee weer ʼn ommekeer.
‘Coetzee se dae getel’
Dit blyk dat harde woorde ná die wedstryd geval het.
Só wil ons nie vir Ysterbeth onthou
Die Springbokslot Eben Etzebeth sal, net soos Adriaan Strauss verlede jaar, nie as ʼn suksesvolle Bok-kaptein bestempel word wanneer daar in die toekoms om die braavleisvure gesels word nie.
Oud-Cheetah behaal 24 punte vir Franse klub
ʼn Gewese Superrugbyspeler van die Cheetahs het Saterdag 24 punte tot sy span se oorwinning in die Franse Pro D2-liga behaal.
Wegholseges vir 4 SA breiers in Europese toetse
Vier Europese nasionale spanne wat deur afrigters uit Suid-Afrika gebrei word, het Saterdag wegholseges in toetse behaal.
Elf uit SA in Duitse span wat Brasilië opdreun
ʼn Duitse span met elf Suid-Afrikaners in sy geledere het Brasilië Saterdag in Leipzig in die eerste van twee toetse op die Suid-Amerikaners se Duitse toer behoorlik opgedreun.
Moet Allister se kop rol? Ja …
Die groot vraag op elke rugby-ondersteuner se lippe is hoe en of Allister Coetzee, nog sy pos as Springbokafrigter kan behou.
Swarigheid wag vir Bokke teen Franse, Wallis
As Allister Coetzee dink die Franse gaan Saterdag, soos in Junie, sommer weer teen die Bokke boedel oorgee sodat hy sy eerste oorwinning in vyf wedstryde in Europa kan kry, maak hy ʼn fout.
Siesa! Daar maak die Bokke weer skande
ʼn Absolute skande!
Heelwat SA belangstelling in Europese toetse
Dis Saterdag Noord teen Suid met al die vernaamste rugbylande lande wat in aksie is en waarvan die kragmeting tussen Ierland en Suid-Afrika (19:30 SA tyd) sekerlik die keur is.
Bokke teen Iere: dit gaan om meer as wen
Saterdag se toets tussen die Springbokke en Ierland in die Aviva-stadion in Dublin gaan om veel meer as net om te wen.
‘Bankrot’ Samoa kollekteer voor Skotse toets
Samoa, wat Saterdag op Murrayfield, Edinburgh, teen Skotland speel, is glo bankrot en het nie geld om sy spelers te betaal nie.
Drie Bok-veranderinge om die Iere tuis te probeer tem
Allister Coetzee het drie veranderinge aan die Springbokspan vir Saterdag se toets teen Ierland Dublin aangebring. Oor een kan ʼn mens nie kla nie, oor die ander wonder jy en oor die derde kan daar net kop geskud word.
Wêreldrugby sê ja vir rassekwotas in SA rugby
Vergeet daarvan om by Wêreldrugby (WR) oor rassekwotas in Suid-Afrikaanse rugby te kla, dié liggaam het pas indirek sy goedkeuring daaraan verleen, oënskynlik ten koste van sy eie integriteit.
Meer SA Goue Bekersterre voortaan Skotland toe
Meer Suid-Afrikaanse klubspelers uit die Goue Bekerreeks sal voortaan die geleentheid kry om Skotse klubrugby kragtens die SA Rugbyunie (Saru) se uitruilooreenkoms met die klub Selkirk te ervaar.
Springbok se seun oorweeg glo Engelse trui
Die uitblinkerseun van ʼn gewese Springbok is nie ongeneë om die Engelse trui oor die kop te trek as die Boktrui hom sou ontwyk nie.
Ollie klim in onder Allister en toestand van SA se rugby
Die Iere is boos vir Suid-Afrika – en die bitterheid gaan verder as net dat Suid-Afrika bo hulle deur Wêreldrugby as die aanbevole gasheer vir die 2023 Wêreldbekertoernooi aangewys is.
Goue Beker moet gekoester en uitgebou word
Die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale oopklubreeks om die Goue Beker moet gekoester en uitgebou word.
Tweekunste vir twee Bokke in Frankryk
Twee Springbokke het elk twee keer agter die doellyn gaan kuier in die jongste ronde van die Franse Top14-liga.