Oos Wes, tuis bes. Só lui die ou spreekwoord, en die Cheetahs glo dit ná drie tuisoorwinnings in die Pro14 gewis. En aanstaande week speel hulle weer in die Vrystaatstadion.
Boland verander drie in opdrafspan vir SWD
Boland het drie veranderings aangebring aan die span wat teen die Valke verloor het vir sy kragmeting Saterdag in die Curriebeker- Eerste Liga teen die Suidwestelike Distrikte op Wellington.
Goue Beker-stryd verwoed in Groep C
Saterdag se strafste Goue Bekerbotsings kan in Groep C verwag word, waar ʼn verwoede stryd woed en die kwarteinders allermins ʼn uitgemaakte saak is.
Klerksdorp en Wellington in die brandpunt
Veral Klerksdorp en Wellington is Vrydag en Saterdag in die brandpunt met die voortsetting van die Curriebeker- Eerste Liga.
Mylpaal vir Ospreys-kaptein ʼn motiveringsfaktor teen Cheetahs
Die Walliese kaptein Alun Wyn Jones, voer sy klubspan, die Ospreys, Vrydagaand die 100ste keer aan wanneer hulle in Bloemfontein teen die Cheetahs in ʼn Pro14-wedstryd speel.
Bok-mooipraatjies het opgedroog
Dis nou nie na die televisieprogram waarna verwys word nie, maar na die soveelste keer dat ʼn Springbokspan voor ʼn kruispad staan om veggees te toon, om op te staan en voort te veg – en om die letsels van voorverlede week se vernederende nederlaag teen die All Blacks te probeer afskud.
Wessels sê toe nee vir Munster, nou na Melbourne Rebels
Dit lyk nie of Rassie Erasmus vanjaar al na Suid-Afrika sal kom om sy pos as direkteur van afrigting by SA Rugby te aanvaar nie.
Topdrie kan kwaai Curriebeker-aanslag verwag
Die voorste drie spanne in die Curriebekerreeks kan hulle maar vetsmeer vir ʼn kwaai aanslag in die komende weekronde van die reeks.
Blou Bulle verander losvoorspelertrio
Die Blou Bulle se opdrafspan vir Sondag se wedstryd teen die Westelike Provinsie beskik oor ʼn ander losvoorspelertrio as die span wat teen die Sharks verloor het.
Griekwas skommel span grootskeeps
Griekwas het vir Saterdag se Curriebekerbotsing teen die Vrystaatse Cheetahs sy opdrafspan grootskeeps geskommel vergeleke by die span wat sleg teen die Westelike Provinsie verloor het.
Daan Human hou by sy wenspan
Die Vrystaatse Cheetahs se afrigter, Daan Human, weet ʼn mens torring nie aan ʼn wenspan nie.
Bokke skaaf min, Wallabies verras
Een ding is seker, daar is nie paniek in die Springbokkamp nadat hulle verlede Saterdag met 57-0 deur die All Blacks verneder is nie.
Specman maak plek vir Rhule by die Cheetahs
Raymond Rhule is nie goed genoeg vir die Springbokke nie, maar het darem ʼn heenkome by die Cheetahs gevind vir Vrydagmiddag (17:00) se Pro14-wedstryd in Bloemfontein teen die Ospreys van Wallis.
Aanval is ʼn afrigter se beste verdediging
Rugbyafrigters hou nie daarvan om op hul foute gewys te word nie
All Blacks steeds sterk genoeg, selfs sonder hul staatmakers
Die toets tussen die Argentynse Poemas en die All Blacks word eers vroeg Sondagoggend (00:40 Suid-Afrikaanse tyd) in Buenos Aires gespeel, maar as jy wakker is, sal dit beslis die moeite werd wees om dop te hou.
Sharks wysig twee vir botsing teen Leeus
Die Sharks het twee veranderings aangebring aan die opdrafspan wat die Blou Bulle geklop het, vir Vrydag se Curriebekerbotsing teen die Goue Leeus op Kingspark, Durban.
Swakopmund kry eerste Curriebekerwedstryd
Curriebekerrugby sal binnekort die heel eerste keer in die geskiedenis op Swakopmund aan die Namibiese weskus gespeel word.
Sewessukses het Lesotho vuur en vlam vir rugby
Die afgelope internasionale Maseru-sewestoernooi het Lesotho nou só vuur en vlam vir rugby dat die adjunk-premier op pad Pretoria toe is om die toekomstige ontwikkeling van die spel in die bergkoninkryk te bespreek.
SA afrigter straks Rassie se opvolger by Munster
Dit lyk na ʼn uitgemaakte saak dat die Suid-Afrikaanse bande met Munster in Ierland behoue sal bly na Rassie Erasmus se vertrek na Suid-Afrika waar hy as SA Rugby se direkteur van rugby aangestel is.
Só kan Goue Beker se ‘proefspanne’ lyk
Sterk “proefspanne” wat ʼn mens in hierdie stadium van SA Rugbyunie (Saru) se internasionale reeks om die Goue Beker kan saamstel, dui daarop dat ’n betreklike sterk span uit die reeks gekies sal kan word.