Daar is sekere spelers wat jou hoedervleis gee wanneer jy hulle die eerste keer in aksie sien.
Bokke darem weer bo Wallabies op ranglys
Die Springbokke is nog nie waar hul ondersteuners hulle op Wêreldrugby se ranglys wil sien nie, maar die pil is darem in ʼn mate verguld met ʼn skuif verby die Wallabies.
Force en W-Australiese regering veg nou kaalvuis vir Superstatus
In Suid-Afrika is daar steeds effense ongelukkigheid oor die Cheetahs en die Kings wat nie meer in die Superreeks sal speel nie, wat darem oorheers word deur die afwagting van die twee franchise’e se insluiting in die Pro14.
SWD-kampioen haal eindstryd net-net
Die Suidwestelike Distrikte (SWD) se klubkampioen die afgelope paar jaar, het Saterdag net-net daarin geslaag om vir die eindstryd in die bond se Premierliga in aanmerking te kom.
Gewese Griekwa, Luiperd hou Hongkong in tel
Twee gewese Curriebekerspelers het Sondag gehelp dat Hongkong in sy kragmeting teen Kenia gelykop speel.
Bokke se pad vol dorings op pad na Salta
Dis ʼn nuwe jaar, ʼn nuwe Springbokspan en ʼn vernuwende Bok-spelpatroon, maar moenie verbaas wees as die Argentynse Poemas dieselfde taktiek as verlede jaar gaan gebruik om die Bokke Saterdag in Salta (weer) onkant te probeer betrap nie.
Pos van afrigters niks vreemd by die Blou Bulle nie
Die vervanging van Nollis Marais Sondagaand as die hoofafrigter van die Blou Bulle se Curriebekerspan was seker nie onverwags nie.
Pierre Spies finaal klaar met rugby: ‘Die beste is nog op pad’
“Ek kon aanhou rugby speel het, maar ek het besluit om my loopbaan te eindig omdat ek glo dis die regte tyd vir die volgende hoofstuk van my lewe. Daar is baie dinge wat my gemotiveer het om dié besluit te maak.”
Jano Vermaak vervang Ross Cronjé in Bokgroep
Jano Vermaak sal Woensdag in die plek van Ross Cronjé saam met die Springbokspan na Argentinië vertrek.
Pumas ontwrig Griekwas se hardlooppatroon
Op die droë Griekwapark se klipharde, geelbruin veld waarvoor internasionale toerspanne in die ou dae so lugtig was, het Griekwas en die Pumas Sondag hulle taai Curriebekerwedstryd uitgespook.
Colin Meads, die All Black-das en ek
Toe ek Sondagoggend die nuus hoor dat die All Black-legende Colin Meads, 81, aan kanker oorlede is, het ek na sy das in die motorhuis gaan soek, daar waar dit stof tussen hordes ander vergaar.
Grootste All Black-legende en SA vriend sterf
Een van die beroemdste rugbyspelers van alle tye, die All Blacks se speler van die twintigste eeu, en ʼn groot vriend van Suid-Afrika, het in Nieu-Seeland gesterf.
Quins speel 10-man; Likkewane bied gholfdag aan
Met die klubrugbyseisoen vir die meeste klubs agter die rug, word daar nou kwaai planne gemaak om geld vir die komende seisoen in te samel.
Curriebekerreeks: Vrystaat se tameletjie al hoe taaier
Die oomblik van waarheid kom al hoe nader vir die Vrystaatse Cheetahs.
Twee kampioene in klubreekse onttroon
Twee ligakampioene is Saterdag in die eindstryde van provinsiale klubreekse van hul titels gestroop.
Dít was mos Bokrugby met ʼn plan en struktuur
Drukrugby. Ja, met hier en daar ʼn losserige stukkie spel tussenin, maar met doelgerigtheid en gehalte wanneer dit saak gemaak het.
Lekkerkry-wedstryd op Loftus ná 84 minute besleg
Dit was ʼn Curriebekerwedstryd wat alles gehad: spanning, elf goeie drieë, hardloopwerk en langafstand-teenaanvalle deur albei spanne, inklim om besit en die wenpunte meer as vier minute na die eindfluitjie.
Rugbykampioenskap: die ou cliché van twee helftes
Dit was in die eerste helfte van Saterdag se Bledisloetoets teen die Wallabies in Sydney een van die All Blacks se beste vertonings nóg in die Rugbykampioenskap, maar hulle het hul uithalerspel met ʼn erg middelmatige vertoning in die tweede helfte bederf.
Onmin by Valke oor deelname aan Saru-spogreeks
Daar heers onmin in Valke-kringe oor die klub wat die bond in die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale klubreeks om die Goue Beker (GB) verteenwoordig.
Enkele klubs oorheers uitspelery by Leeus, SWD
ʼn Paar klubs oorheers die uitspeelrondes Saterdag in die Goue Leeus en die Suidwestelike Distrikte (SWD) se ligas.