Die gesloer met die herskikking van die Europese Pro12-reeks om twee Suid-Afrikaanse spanne te huisves, “het in ʼn chaos, ʼn absurditeit en ʼn totale harwar ontaard”.
Specman en Vrystaat-agterlyn te goed vir die WP
Die Vrystaat Cheetahs het Sondag hulle tweede wedstryd in die Curriebekerreeks ook gewen en is daarmee die vroeë voorloper op die punteleer.
SA kaptein druk eerste; Yanks geweste se beste
Sy Suid-Afrikaanse kaptein het die eerste drie gedruk om die grondslag te lê vir die VSA-Suid se Panthers om Rugby Amerikas-Noord (RAN) se gewestelike kampioenskap te wen.
Blasersdruk op Sanzaar; SA beamptes ‘verdag’
Daar is kwaai druk op Sanzaar om raak te vat met die blasers vir die Superrugby-eindstryd, skryf The New Zealand Herald Sondag.
Lions se welslae móét na Bokke oorspoel
Die Lions se sege van 44-29 oor die Hurricanes in die halfeindstryd van die Superrugbyreeks kan ʼn baie groot hupstoot vir die Springbokke se aanslag in die komende Rugbykampioenskap wees.
Gooi SA uit Superrugby, eis Aussie-spelers
ʼn Eis dat Suid-Afrika uit die Superrugbyreeks gegooi moet word, gepaard met ʼn dreigement as dit nie gebeur nie, is Sondag deur die grootbaas van die Australiese Rugbyspelersvereniging (Rupa) tot Nieu-Seeland gerig.
Namibië beklink Goue Afrikabeker en RWB-plek
Namibië het Saterdag in Windhoek seker gemaak van sy plek in die volgende Wêreldbekertoernooi in Japan deur Rugby Afrika se Goue Beker in te palm.
Leeus en Griekwas vermaak; Sharks en Pumas verveel
Die tweede ronde van die Curriebekerreeks het Saterdag op Ellispark lekker hardlooprugby in die riller tussen die Goue leeus en Griekwas, opgelewer, en die Sharks en die Pumas het op Kingspark deur 80 minute geploeter.
Ackers kry sy afskeid op Ellispark
Ackers kry sy afskeid op Ellispark … en sy rustydpraatjie Saterdag in die halfeind teen die Hurricanes het die ietwat bek-af Lions na rustyd na ʼn ander span laat lyk.
Crusaders wéér in Superrugby-eindstryd
ʼn Mens kan met die bal hardloop, hardloop en hardloop, maar wanneer jy nie drieë druk of punte teen die Crusaders aanteken nie, kan jy maar daarvan vergeet om te wen.
Moenie veel lees in naweek se Curriebekerstyde
Elke sege is belangrik, maar daar moenie te veel in die naweek se Curriebeker stryde gelees word nie.
Twee maak buiging vir WP teen Cheetahs
Die Westelike Provinsie het twee nuwelinge ingesluit in sy opdrafspan vir Sondag se Curriebekerwedstryd teen die Cheetahs.
Vergeet die verlede; Saterdag is dit man teen man
In ʼn eindstryd is daar nie tyd en plek vir dinge soos die geskiedenis en statistiek nie.
Superrugby-halfeind: Hoe gaan jy die Crusaders keer?
Dis die hartklop van enige rugbyspan, ʼn pak voorspelers wat oorheers.
All Blacks braak gal oor Sonny Bill se straf
Die Nieu-Seelanders braak gal oor die senter Sonny Bill Williams se skorsing tot ná die eerste Bledisloe-toets vanjaar.
Goue Leeus en Griekwas verander elk ses
Die Goue Leeus en Griekwas het elkeen ses veranderings aangebring in hul spanne vir Saterdag se Curriebekerkragmeting op Ellispark.
Cheetahs verander vier, kies SA A-vleuel
Die Cheetahs het vier veranderinge vir die Curriebekerwedstryd Saterdag teen die Westelike Provinsie aangebring in hul opdrafspan wat ver teen die Sharks gewen het.
Sharks verander 12, kies nuwe kaptein teen Pumas
Die Sharks span Saterdag hul Superrugbyspan in teen die Pumas, wat verlede week met die Goue Leeus se naasbestes afgereken het.
Pumas verander verskeie teen Sharks
Die Pumas moes verskeie veranderings aanbring in hul span wat die Goue Leeus getroef het, vir die Curriebekerwedstryd teen die Sharks Saterdag in Durban.
Barrett skop ewe goed … links en regs
Die All Black en Hurricanes-losskakel Beauden Barrett is ʼn man van vele talente.