Dit gebeur nie aldag dat Suid-Afrika spanne voordeel trek uit die loting van die Superrugbyreeks nie.
Nieu-Seelandse polisie arresteer Britse Leeu
Die polisie in Auckland het een van die Britse en Ierse Leeus gearresteer ná ‘n voorval Sondag in die vroeë oggendure ná afloop van die derde toets tussen die Leeus en die All Blacks in dié stad.
Cravenweek o.13: net vier onoorwonne na die tweede dag
Daar is net vier onoorwonne spanne oor na die tweede dag van die o.13-Cravenweek by Grey Kollege in Bloemfontein nadat vyf van Maandag se wenners in die stof gebyt het.
Swys word hoofafrigter na Ackers se vertrek
Die vrees dat die Lions en Goue Leeus se hulpafrigter Swys de Bruin ook nuwe weivelde oorweeg en saam met Johan Ackermann vir die Leeus Rugby-maatskappy verlore sou wees, is Dinsdag besweer.
Naka-sege laat ‘verkramptes’ verligtingsug slaak
Die Naka Bulle se sege Saterdag, wat Suid-Afrika se beste oop klub, Rustenburg Impala, uit die wedloop om die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga geweer het, het heimlik talle rugbylui in die bond ʼn groot sug van verligting laat slaak.
SWD-liga: Groot-Brak sorg vir verrassing
Groot-Brakrivier het Saterdag vir ʼn lekker verrassing in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga gesorg.
Bejaarde groentjie Bulle se span vir Goue Beker
ʼn Bejaarde groentjie sal die Blou Bulle-rugbyunie vanjaar in die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale reeks om die Goue Beker (GB) verteenwoordig.
Die Leeus van 2017 was eintlik maar vulletjies
In die verlede het dit byna op elke rugbytoer gebeur dat van die spelers se koppe uithaak.
Twee groot kanonne kry by Grant Khomoweek pak
Twee van die groot kanonne by die Grant Khomoweek wat Maandag by Grey Kollege in Bloemfontein begin het, is met die intrapslag verras.
Franse blaas drie van SA se ses in Rugbykampioenskap
Suid-Afrika se skeisregtersdroogte loop klaarblyklik hand-aan-hand met die gehalte van die land se nasionale span.
KZN-liga: Beserings, rooi kaart beskaam hoop
Beserings en ʼn rooi kaart het Newcastle se hoop op ʼn sege in sy laaste wedstryd in vanjaar se KwaZulu-Natalse Premierliga beskaam.
Ons gaan nog baie van die Barretts hoor
Die vreugdevure het Saterdag hoog in die Barrett-huishouding in New Plymouth gebrand toe die plaasvervanger-slot Scott Barrett, in die derde toets tussen die All Blacks en Britse en Ierse Leeus in Auckland opgestuur is.
Ses spanne spook myne se titel uit
Ses spanne neem vanjaar in twee groepe aan die jaarlikse Mynerugbyweek deel, wat van Dinsdag af in die Griffons-stadion in Welkom beslis word.
Fidji beklink sy plek vir 2019 se Wêreldbeker
Fidji het Saterdag die tweede land ná Amerika geword om sy plek vir 2019 se Wêreldbekertoernooi in Japan te bespreek.
Afrika se Goue Beker: Kenia kry 100, Namibië 95
Kenia het Saterdag 100 punte en Namibië 95 in Rugby Afrika (RA) se reeks om die Goue Beker opgestapel.
Maties klop NWU Pukke om Ussa-rugbykroon
Die Universiteit van Stellenbosch is Universiteitsport Suid-Afrika (Ussa) se kampioen nadat hy die NWU Pukke Vrydag in vanjaar se A-eindstryd in Johannesburg geklop het.
Dubbeldoorsege vir Suidoos-Kaap se Weermag
Suidoos-Kaap (SOK) se Weermagspan het met ʼn dubbeldoorsege groot sukses op die afgelope nasionale weermagrugbyweek op Diskobolos by Kimberley behaal.
Wes-Kaap bly Polisie se beste
Wes-Kaap se Polisiespan is steeds bo ná afloop van die nasionale rugbyweek van die SA Polisiediens op Griekwapark in Kimberley.
Minder van Elsenburg in SA landboukollegespan
Ondanks sy oorheersing op die afgelope Pannarweek het Elsenburg aansienlik minder spelers as verlede jaar vir die gekombineerde span van die SA Landboukolleges (SALK) opgelewer.
Naka Bulle knikker SA kampioen uit Carltonliga
Die Naka Bulle het Saterdag die Suid-Afrikaanse oopklubkampioen met ʼn puik terugvegpoging uit die Carltonliga geknikker.