Nog ver van afgerond af, maar baie effektief. Dis Georgië se pak voorspelers. En Argentinië, allermins ʼn hierjy-span, is met 11 drieë deur die Junior Springbokke dronk gehardloop.
Kriel uit die tweede toets; Mapoe lyk na sy plaasvervanger
Die Springboksenter Jesse Kriel wat saam met Jan Serfontein in die middelveld een van die groot suksesse teen die Franse op Loftus was, sal nie Saterdag in Durban in die tweede toets kan speel nie.
Dis ʼn kuns om te kan skepskop
Wat word die langste in rugby onthou?
KZN-liga: Rovers breek deur; Newcastle wen
College Rovers het Saterdag ʼn belangrike deurbraak in sy verdediging van die Moorbeker gemaak, en Newcastle Highlanders het sy eerste sege vanjaar in die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Premierliga gesmaak.
GLRU-liga: Wanderers en Unie vang die oog
Wanderers en Unie se vertonings het die oog in die jongste ronde van die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagreeks (PGU) gevang.
Redelik goeie prentjie van kwarteind gevorm
ʼn Redelike goeie prentjie van die spanne in die kwarteindronde van die Supersportreeks kan sedert Vrydag en Saterdag se rondomtalie-kragmetings gevorm word.
Lekker en sommer veel beter, Bokke!
Dit was heerlik, pragtig – en ʼn mens kon nie meer verwag het van ʼn span wat met vier nuwelinge die eerste keer saamgespeel het nie.
BBRU-liga: Varsitybeker-kampioen kry weer slae
Tukkies, houer van die Suid-Afrikaanse universiteite se Varsitybeker, het Vrydag in die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carlton-A-liga op sy baadjie gekry.
Leeus se brul is terug na hulle Crusaders kortvat
Die Britse en Ierse Leeus se brul is terug, en nie sommersó nie.
Geen maklike sege in die Supersportreeks
Daar was Vrydag geen maklike sege in die Supersportreeks nie, en al drie spanne wat aan die kortste ent getrek het, het ʼn verloor-bonuspunt verdien.
Bokke: wen is nie onderhandelbaar nie
Wen is ononderhandelbaar. En dit is soos dit hoort, want dit is immers ʼn toetswedstryd waar jy vir jou land speel.
NKZNSU-liga: Sentraal skud voorloper wakker
Sentraal van Dundee het Saterdag die Noord-KwaZulu-Natalse Subunie (NKZNSU) se verdedigende kampioen, Vryheid, wreed wakker geskud in hul wedstryd in die subunie se Eerste Liga.
Goue Leeus sonder Bokvleuel, slot wat in Japan gaan speel
Die Goue Leeus sal sonder hulle Springbokvleuel Ruan Combrink en ook hulle slot Lourens Erasmus in die komende Curriebekerreeks moet klaarkom.
Enorme taak rus op dié skouers
Op die klompie skouers (Bakkies se breë stel uitgesluit) rus Saterdag die enorme taak om Springbokrugby se beeld te herstel nadat die afgelope jaar tot in die afgrond in afgebreek is.
Leeus kies groot kanonne vir Crusaders
Wallis se mees ervare voorspeler, Alun Wyn Jones, voer Saterdag in Christchurch ʼn gewonde Britse en Ierse Leeus-span aan, wat sal poog om Superrugby se toonaangewer, die Crusaders, ore aan te sit.
Toetsrugby het jou hoendervel gegee
Wanneer jy jou eerste rugbytoets bywoon, is dit ʼn belewenis, ʼn geleentheid wat jy nooit sal vergeet nie.
Valkeliga: ERU betaal duur vir swak dissipline
East Rand United (ERU) het Saterdag ʼn duur prys in die Valkerugbyunie (VRU) se Peregrineliga vir swak dissipline betaal.
Luiperdsliga: Zeerust maak dit tien uit tien
Zeerust het dit Saterdag tien uit tien gemaak en die rondomtalie van die Luiperds-rugbyunie se Jaap Steynliga onoorwonne afgesluit.
GLRU-liga: min kans vir Poorte om te verlustig
Roodepoort kry nie juis kans om hom te verlustig daarin dat hy Saterdag die relegasiespook in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagreeks (PGU) besweer het nie.
Supersportreeks fokus op Kimberley
Die naweek se fokuswedstryd in die Supersportreeks is ongetwyfeld die kragmeting Vrydag in Kimberley tussen Griekwas en die Vrystaat-vyftiental.