Dit was heerlik en mooi om na te kyk, vol vernuf en vaart en heeltemal oortuigend toe die Junior Springbokke Donderdag met 72-14 teen Argentinië in die o.20-Wêreldkampioenskap gewen het.
Allister kies onervare agterlyn vir die eerste toets
Vier spelers sonder toetservaring waarvan drie die agterste driehoek uitmaak, geen plek vir Jaco Kriel in die wedstryd-23 nie, en Franco Mostert wat in die plek van Pieter-Steph du Toit in die opdrafspan is.
Hou die wekker maar byderhand
Daar is nie tyd vir laatslapers in rugby nie, nie letterlik óf figuurlik nie.
All Blacks: drie broers, weinig verrassings in toetsgroep
Die All Blacksafrigter Steve Hansen het min verrassings in die indrukwekkende All Blacksgroep aangekondig toe die span vir die drie toetse teen die Britse Leeus bekend gemaak het.
Bokke kan bly wees Britse en Ierse Leeus toer nie nou na SA
Ek wil baie graag hê die Springbokke moet wêreldtemmers wees, maar dit kan nie tans gedoen word nie. Om te dink die Springbokke is nou een van die top-spanne strook eenvoudig net nie met die feite en werklikheid nie.
BBRU-liga: QBR laat Tukkies kwaai sweet
Quins-Bobbies-rugby (QBR) het die Tukkies Saterdag kwaai laat sweet in die jongste weekronde van die Blou Bulle-rugbyunie se Carlton-A-liga.
SWD-liga: Die Vonk van Brak pure vlamme
Die Vonk van Brak was toe Saterdag sommer pure vlamme in Groot-Brakrivier se wedstryd in die Suidwestelike Distrikte (SWD) se Premierliga teen Crusaders op Greenhavenpark, Groot-Brakrivier.
Curriebeker begin vroeër, wel oor dubbelronde gespeel
Die bepalings vir vanjaar se Curriebeker-premierliga is Woensdag bekend gemaak en die reeks sal wel, soos deur SA Rugby besluit is, oor twee rondes gespeel word.
Junior Bokke soek ʼn bonuspunt of groot sege
’n Bonuspunt of ʼn groot oorwinning.
KZN-liga: Hillcrest soos stoomroller oor Mets
Die onoorwonne voorloper Hillcrest Villagers is Saterdag in versengende hitte soos ʼn stoomroller oor die derde geplaaste Durban Mets in die Suidelike Afdeling van die…
Blues wys die Leeus wat nog vir hulle voorlê
Dis miskien te gou om te oordeel, want die Britse en Ierse Leeus is nog besig om elke toerlid speelkans te gee, maar hulle sal na die neerlaag Woensdag teen die Blues in Auckland wéét wat vorentoe wag.
Oud-Bothaviller druk verste drie in verre Spanje
ʼn Gewese Bothaviller het Saterdag in die verre Spanje die verste in sy loopbaan moes nael en pypkan om ʼn drie te druk.
Duane uit vir al drie toetse teen Franse
Duane Vermeulen sal nie in die komende toetsreeks teen Frankryk speel nie.
Leeustoer: CJ, Sonny Bill Woensdag in die kollig
Die Britse en Ierse Leeus gaan Woensdag in Auckland onherkenbaar wees wanneer hulle vir hul tweede kleedrepetisie in Nieu-Seeland, hierdie keer teen die Blues, uitdraf.
Ses Haaie in ʼn hok vol Jaguares
As ek ooit gewonder het hoe dit voel om my eie stem te hoor eggo in ʼn stadion wanneer ek alleen skree, was dit die dag wat ek dit kon ervaar, skryf Marianne Styan.
Ervare (en bekende) Jackson blaas vir Bokke teen Franse
Die ervare Glen Jackson van Nieu-Seeland blaas Saterdag op Loftus in die eerste toets tussen Suid-Afrika en Frankryk.
Hou tog by die Lions-patroon
Die kans is baie goed dat die Springbokafrigter, Allister Coetzee, agt Lions-spelers in die opdrafspan gaan hê wat Saterdag op Loftus Versfeld in die eerste toets teen Frankryk speel.
Nog twee Boksenters onttrek met beserings
Drie van die Springbokke in die groep van 32 spelers wat sedert verlede Maandag vir die toetsreeks teen Frankryk voorberei, sal nie vir Saterdag se eerste toets op Loftus oorweeg word nie.
Zain Davids vir twee wedstryde geskors
Zain Davids, flank van die Junior Springbokke, is vir twee wedstryde geskors nadat hy Sondag in die wedstryd teen Georgië van die veld gestuur is omdat sy kop tydens ʼn onderonsie met dié van ʼn teenstander kontak gemaak het.
Willie John ʼn man uit een stuk
ʼn Hele paar jaar gelede, toe die Blou Kamer-restaurant nog op die Johannesburgse stasie bestaan het, het die gewese Britse en Ierse Leeus-kaptein Willie John McBride, sowat 100 gaste uit sy hande laat eet.