ʼn Mens hoop maar dit was ʼn geval van hard agter die skerms werk, want die onlangse besoek van die Wêreldbekerkomitee se tegniese komitee vir 2023 aan Suid-Afrika het skaars die nuus gehaal.
Statistiek toon CJ is beste nr 6 in Sesnasies
Ierland se Suid-Afrikaanse flank, CJ Stander, is ingesluit in die beste span uit die afgelope Sesnasiesreeks, wat op grond van statistiek gekies is en op die reeks se webwerf verskyn.
Peyper blaas vir All Blacks teen die Leeus
Suid-Afrika se voorste skeidsregter, Jaco Peyper, is as skeidsregter aangewys vir die eerste toets op 24 Junie tussen die All Blacks en die Britse en Ierse op Edenpark in Auckland.
Australasiese wedstryde het nie veel om die lyf
Vrydagoggend is daar net twee Superwedstryde in Australasië, en nie een van hulle maak ʼn mens opgewonde nie – selfs in ag genome dat die Crusaders steeds ʼn opwindende span is om na te kyk.
Nou net vier maande uit, maar Marcell se Bokrugby is verby
Dis nou amptelik: Marcell Coetzee sal, terwyl hy sy rugby oorsee speel, nie vir die Springbokke oorweeg kan word omdat hy nie aan SA Rugby se nuwe 30-toets-kwalifikasie voldoen nie. Die keertyd vir die kwalifikasie is 1 Julie.
Ackermann kies konserwatief teen die Kings
Anders as die meeste afrigters wie se spanne wat in die Superreeks teen die Kings speel, het Johan Ackermann-hulle net een verandering aan die Lionsspan aangebring vir Saterdagmiddag (15:05) se wedstryd in die Baai.
Ons struikel van die veld af met die name
Een van die donkerste dae in die lewe van die oud-rugbybaas Dok Danie Craven was in 1986 toe die Springbokke met ‘n klein Toyota-embleem op hul regterbors teen die Nieu-Seelandse Kavaliers gespeel het.
Maandag ’n moetwen-wedstryd vir die Pukke
Maandag ’n moetwen-wedstryd vir die Pukke
Serfontein kry Bok as sentermaat teen die Blues
Die Bulls se Springboksenter Jan Serfontein vier sy 50ste Superwedstryd met ʼn nuwe sentermaat in Saterdag se wedstryd teen die Blues in die QBC-stadion in North Harbour.
6 April 2017 – ʼn dag om te onthou
Toe ons jonger was, was 6 April 1652 ‘n baie belangrike dag in ons geskiedenis.
‘Eise van sewesrugby hoër as in 15-man’
Sewesrugby vat jou psigies na ’n ander vlak toe. Jy is nooit weer dieselfde nie, want jy weet daarmee waartoe jou liggaam in staat is.
Wêreldbekerpad van 2019 vol duwweltjies
Om die Wêreldbeker te kan wen, moet jy enige en alle spanne klop, maar hoekom moet jy dit vir jouself nog moeiliker maak?
Vroeë wedstryde stem Newcastle reg vir liga
Ná sy laaste vriendskaplike wedstryd Vrydag teen Volksrust is Boschpick Newcastle Highlanders in ʼn positiewe stemming vir die KwaZulu-Natalse ligas wat Saterdag afskop.
Assupolbeker kry nuwe baas ná verbete stryd
Die uiteinde van ʼn klipharde eindstryd wat opwindende rugby opgelewer het, is dat die Assupolbeker ʼn splinternuwe baas het.
Varsitybeker: dit raak ’n naelbyt-affêre
Die Maties, Tuks en die UJ is verseker van plekke in die halfeindronde van die Varsitybeker-reeks, maar die Shimlas en die Pukke staan albei nog ’n kans om die uitspeelronde te haal.
Drie met SA wortels druk vir Franse klub
Drie toetsspelers met Suid-Afrikaanse wortels het Saterdag drieë vir Clermont Auvergne in sy sege van 65-13 oor Pau in die Franse Top14-liga gedruk.
Europa: glips laat verkeerde kampioen kroon
ʼn Administratiewe glips het veroorsaak dat die verkeerde span Sondag na afloop van die rondomtalie in die Rugby Europa-kampioenskap (die vlak net onder die Sesnasiesreeks) gekroon is.
[Video] Bulls-stut ʼn internetsensasie ná sangvideo
ʼn Video, waarin die Bulls-speler Pierre Schoeman ʼn liedjie sing om sy spanmaats te motiveer vir hul wedstryd teen die Sunwolves, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media.
Fidji se naasbestes behou Stille Oseaan-titel
Fidji se onoorwonne Warriors het nes verlede jaar Wêreldrugby se Stille Oseaan-uitdaagreeks gewen nadat hy Saterdag oortuigend met Samoa A afgereken het.
Bok-blapse kan rigtingwyser vir Leeus wees
Hoe kies jy jou kaptein?