Die Lions het Montpellier soms in die skrums laat knor, hulle het die tuisspan opdraande in die lynstane gegee en met hul opskietverdediging die tuisspan agter die voordeellyn gewurg.
Stormers span die seile teen Sale
Die Stormers het met tye weer die vonkelwynrugbykrane oopgedraai om Sale Sharks met 31 – 24 op die DHL-stadion in Kaapstad te klop.
Bravo Bulls, jul Bristol-brekers!
Die Bulls het die septer in die skrums geswaai, terwyl hul agterspelers ook net ná rustyd lekker begin saamgesels het.
Uitdaagbekerreeks: Sharks trap pedaal teen Oyonnax in
Die warm, bedompige weer en baie hoë humiditeit het grootliks bygedra tot die rits hanteerfoute wat albei spanne begaan het, want dit was uiters moeilik om ʼn seepgladde bal te hanteer.
Bulls wil Bears se tande trek
“Dit is eenvoudig. Ons is hier om te wen.”
Willemse, Libbok en Zas in Stormers-agterlyn
Die kragmeting teen die Sale Sharks is die Stormers se laaste tuiswedstryd op die DHL-stadion vir ʼn rukkie en teen Vrydagoggend was daar reeds 20 000 kaartjies opgeraap.
Lions ‘opgewonde’ oor taai Montpellier-toets
Die Lions mag dalk sonder die dienste van spelers soos Sanele Nohamba, Quan Horn, Marius Louw en Hencu van Wyk vir hul wedstryd teen Montpellier wees, maar hulle is steeds gereed om ʼn maanhaar-vertoning te lewer.
Farrell aangewys as breier van Britse en Ierse Leeus vir toer na Aus
“Dis ʼn groot eer en voorreg.”
Blitsbokke, vlieënde Argentyne in dieselfde groep
Suid-Afrika en Argentinië sal sommer reeds in die groepfase van die Perth-sewestoernooi kragte meet.
Dan wil weer om verdedigers dans
“As jy nie Sale se groot voorspelers in toom hou nie, kan hulle binne ʼn japtrap voorvoetmomentum geniet. Tog is dit juis húlle teen wie jy wil speel – jy wil jouself teen die bestes meet.”
Farrell se Franse praatjies verras spanmaats
“Ons weet nie of hy ry of bly nie,” het Jamie George gesê.
Jordan erken WB-eindstryd het lank by Kiwi’s gespook
“Daar was beslis ʼn kol waar ʼn mens ʼn bietjie te veel daaraan gedink het. Dit het ʼn rukkie geneem om oor die wedstryd te kom.”
Kyk: Kolbe is blitsig in Japan
Cheslin Kolbe het sy stralerskoene aangetrek en ʼn skop uitstekend opgevolg om sy eerste drie in die kleure van Suntory Sungoliath in Japan te druk.
Pollard maar weer Farrell se tier
Handré Pollard se Leicester Tigers het Owen Farrell se Saracens met 19 – 10 op die Welford Road-stadion gewen.
Lions wen dramatiese stryd op Kingspark
Dit is die Lions se eerste sege in Durban sedert 2017, terwyl die Sharks maar net nie ʼn wedstryd in die jongste weergawe van die Verenigde Rugbykampioenskap kan wen nie.
Sharks glo ʼn goeie lopie is om die draai
“Die afgelope paar weke het ons ’n tree in die regte rigting gegee. Ons is beslis nou sterker.”
Rose opgewonde om saam met Felix te werk
“Felix (Jones) kan ons span na groter hoogtes neem – veral as ʼn mens sy agtergrond saam met Ierland en sy kennis van Suidelike Halfrond-spanne in ag neem,” het Steve Borthwick gesê.
Lions honger vir sukses in Durban
Die Lions speel deesdae met hernieude vuur en passie en hulle het reeds sewe bonuspunte in die jongste weergawe van die Verenigde Rugbykampioenskap ingeoes.
Dupont begin met sy Olimpiese opleiding
Antoine Dupont het Woensdag saam met Frankryk se nasionale sewesgroep begin oefen.
Kitshoff ook ʼn breker in Belfast
“Steven is ʼn dubbele Wêreldbeker-wenner en hy het die Stormers na Verenigde Rugbykampioenskap-glorie gelei. Hy is beslis een van ons topspelers.”