Die eerste van 1 098 windturbine-komponente is van Ngqura-hawe, 20 km noordoos van Port Elizabeth, op pad na Loeriesfontein in die Noord-Kaap.
Help bou aan ʼn Afrikaanse Wikipedia
Maroela Media is op soek na nog vrywilligers wat bereid is om te help met die Wikipedia-projek. “Jan-alleman kan ons help om hierdie projek nog meer suksesvol te maak.”
Planne vir mikrotuig na naaste ster vol slaggate
Planne van Breakthrough Starshot om ’n tuigie so groot soos ’n posseël teen die derde van die spoed van lig na die naaste ster, Alpha Centauri, te stuur, is propvol slaggate
Marsaartappels deur Nasa getoets
As mense eendag ’n beduidende ruk op Mars wil woon, sal hulle daar kos moet kan produseer. Die kossoort wat nou deur Nasa getoets word om eendag op Mars aangeplant te word, is die aartappel.
Wees deel van die aksie met YouTube se 360 grade-video’s
Al ooit gewens jy was deel van die aksie wanneer jy na een van jou vriende se video’s kyk of ooit gewens jy kon die volle ervaring met jou vriende deel? YouTube se 360-grade regstreekse video’s is jou antwoord.
Vermy dié 10 goed op jou CV
Volgens die Britse dagblad The Independent kry werkgewers vir ʼn enkele pos minstens 100 CV’s. Werkgewers soek dikwels ʼn spesifieke kandidaat vir die werk wat geadverteer word, en verwag dat daardie kwaliteite onmiddellik in jou CV weerspieël word.
Klipkouers: Jacques gesels met Christo Henning
Ek gesels met Christo Henning van Leon’s Motors, in Rustenburg, waar hy onder meer verduidelik hoekom ’n motor se handelsmerk nie so ’n groot rol speel in verkope as wat ’n mens dink nie.
Garsies-leerder reik na die sterre
Divan Beukman, ʼn leerder van Hoërskool Garsfontein in Pretoria, is onlangs as een van twee Suid-Afrikaners aangewys om Nasa se ruimteskool in Houston, Texas, in Julie vanjaar te besoek.
Japannese tuig sal binnekort Venus-geheime ontrafel
Die Japannese Akatsuki-tuig sal teen die middel van April gereed wees om met sy ondersoeke na Venus te begin.
Reik na die sterre – letterlik
Prof. Stephen Hawking en die Russiese miljardêr, Yuri Milner, het Dinsdag ʼn $100 miljoen-projek aangekondig om ʼn ruimtetuig na Alpha Centauri te stuur.
[Video] Kyk ma, geen hande
Apple het reeds met sy vorige sagteware-weergawe ʼn handvrye Siri-weergawe bekend gestel, maar min gebruikers was daarvan bewus.
Kepler-ruimteteleskoop uit nood-modus gered
Die Keplerruimteleskoop is weer vlot gemaak nadat dit tegniese probleme ondervind het.
Aardverwarming beïnvloed aarde se kanteling
Sedert die jaar 2000 het die koers waarin die aarde se poolas skuif, ’n dramatiese koersaanpassing van 75 grade gemaak, blyk uit navorsing wat pas in die vakjoernaal Science Advances, gepubliseer is.
Opblaasbare kamer vir ruimtevaarders
SpaceX se vragtuig het Sondag die wêreld se eerste opblaasbare kamer vir ruimtevaarders by die Internasionale Ruimtestasie afgelewer – twee dae nadat dit vanaf Cape Canaveral gelanseer is.
[Video] Suksesvolle seelanding vir SpaceX-vuurpyl
Die private ruimtemaatskappy SpaceX het Vrydag suksesvol sy Falcon 9-vuurpyl op ʼn platform in die see geland, ná die suksesvolle lansering van die Dragon-vragtuig na die Internasionale Ruimtestasie.
Klipkouers: Jacques gesels met Pieter Cilliers
Pieter Cilliers is die eienaar van SignMasters of Tyler in Texas, VSA. Hy gesels met my onder meer oor sy Suid Afrikaanse besighede en hoe hy te werk gegaan het om ʼn nuwe onderneming in Texas suksesvol te vestig.
[Luister] BirdLasser-app wil voëlspesies beskerm
Henk Nel, ʼn Johannesburgse voëlkyker, het die app BirdLasser vir slimfone ontwerp met die doel om die bewaring en notulering van veral inheemse voëls te verbeter. Dié app is onlangs bekendgestel.
Foto bewys SA is net so mooi uit die ruimte
ʼn Foto van die Britse ruimtevaarder Tim Peake het opnuut bewys: Suid-Afrika is een van die mooiste lande in die wêreld.
Nuwe veilige WhatsApp-boodskappe
WhatsApp-gebruikers het Dinsdag ʼn kennisgewing op dié boodskapdiens ontvang dat alle boodskappe en WhatsApp-oproepe nou beveilig word.
Facebook kan foto’s beskryf vir siggestremdes
Meer as 2 miljard foto’s word daagliks deur Facebook, Instagram, Facebook Messenger en WhatsApp gestuur en Facebook wil dié ervaring meer toeganklik maak vir blinde mense.