Nasa se robottuig op Mars, Curiosity, gaan binne enkele dae vir die eerste keer begin om van Mars se duine te ondersoek.
Miljoene vir MeerKat uit Europa
Die Max Planck-Instituut het altesaam €11 miljoen tot die ontwikkeling van die MeerKat-projek in Suid-Afrika bygedra.
Maak jou kind tegnologies touwys én veilig
“Kersvader” gaan beslis vanjaar verskeie briefies kry van kinders wat vra vir tabletrekenaars, selfone en ander toestelle vir Kersfees. Of jou kind iets tegnologies onder die boom gaan kry of nie, onthou dat tegnologie ’n onvermydelike deel van die lewe is.
Kuberkrakers het ISIS in die visier
ʼn Groep kuberkrakers wat hulself “Anonymous” noem, is besig met ʼn kuberkraakveldtog teen die terroristeorganisasie, ISIS, ná Vrydagaand se aanval in Parys.
Woord van die jaar is… nie ʼn woord nie
Oxford Dictionaries het sopas hul “Woord van die jaar” vir 2015 aangekondig, en dit is nie ʼn woord nie.
[Video] Waarheen verdwyn lêers wat jy uitvee?
Al ooit gewonder wat gebeur met lêers wat jy op ʼn rekenaar uitvee en of daai inligting ooit weer herwin kan word?
Een miljoen mense gebruik gratis WiFi in Pretoria
Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van die stad Tshwane, het gesê die gratis WiFi-projek in Pretoria het reeds meer as 1 miljoen registrasies.
Mars se atmosfeer deur sonwind weggewaai
Mars is sy dik, aardtipe atmosfeer en oppervlakwater kwyt deur die sonwind wat teen ’n tempo van 500 gram per sekonde die atmosfeer wegwaai.
[Video] Spaarsleutel vir ʼn noodgeval
Maak ʼn noodspaarsleutel uit die deksel van ʼn houertjie blikkieskos!
Oos-Kaapse ‘meteoriet’ dalk deel van sterrereën
Die ontploffing in die atmosfeer wat oor die Oos-Kaap waargeneem en gehoor is, is waarskynlik ’n meteoor van die Taurus sterrereën wat veral in die noordelike halfrond sigbaar is. ’n Soektog na ’n meteoriet wat dalk die oppervlak bereik het is op tou gesit.
[Video] Handige maatband-kenmerke wat jy (dalk) nie weet nie
Ons almal gebruik van tyd tot tyd ʼn maatband, maar ons benut dalk nie die maatband ten volle met al die verskillende ingeboude funksies nie.
Moontlikheid ondersoek dat meteoriet in Oos-Kaap val
ʼn Rampbestuurspan van die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap is na die Baviaans-area ontbied om die moontlikheid te ondersoek dat ʼn meteoriet in die gebied geval het.
[Video] Kersfeesadvertensie laat jou verlang
Dit is die verhaal van ʼn jong meisie, Lily, wat deur ʼn teleskoop na die maan kyk. Een aand sien sy vir die eerste keer ʼn man op die maan raak! Die advertensie is binne twee dae reeds byna 6 miljoen keer op YouTube gekyk.
[Foto’s] Google-werker bly in vragmotor
ʼn Sagteware-ingenieur wat by Google in San Francisco werk en nie meer buitensporige bedrae aan huur te spandeer nie, het besluit om eerder in ʼn vragmotor te bly.
[Video] Ongelooflike beeldmateriaal van die son
Nasa het sy eerste paar ultrahoëdefinisie-video’s vrygestel en die resultate is werklik besonders.
Halloween-asteroïde doen sy naam gestand
Die asteroïde wat op 31 Oktober op ongeveer die afstand van die maan by die aarde verbygevlieg het, is waarskynlik ’n komeet wat uitgewerk is.
Belangrike stuk ruimterommel op pad na aarde
Wetenskaplikes meen dat ’n stuk ruimterommel wat na verwagting op 13 November in die see naby Sri Lanka gaan val, moontlik die oorblyfsels kan wees van ’n stuk van die Apollo-ruimteprogram van die 1960’s en vroeë 1970’s.
Ruimtestrukture dalk deur ruimtewesens gebou?
Die internasionale media gons nadat navorsers ’n vreemde verskynsel om ’n veraf ster ontdek het.
Vulstasie op die maan
Dit gaan goedkoper wees om eers by die maan aan te doen en daar die brandstoftenks vol te maak vir die reis na Mars, aldus Takuto Ishimatsu, navorser aan die Massachusetts Institute for Technology
NWU in strawwe stryd teen UKZN
Die Noordwes-Universiteit se sonkarspan is tans in ʼn nek-aan-nek-stryd gewikkel met dié van die Universiteit van KwaZulu-Natal.