ʼn Nuwe kaartspeletjie wat gebaseer is op katjies wat ontplof, ʼn paar bokke en lang rughare, het binne drie dae op die skarefinansieringswebwerf reeds meer as $3 miljoen (R34 miljoen) gewerf. Die doelwit was $10 000.
Straks meer vars water op dwergplaneet Ceres as op aarde
Die dwergplaneet Ceres, voorheen ‘n asteroïde genoem, het waarskynlik meer vars water in sy mantel as wat daar op aarde is.
Ligloop met stellings op sosiale media
Die maklike skep van skuilname en valse profiele in digitale kommentaarruimtes het die idee onwillekeurig by miljoene mense laat posvat dat enigiets nou gesê kan word en die gewone reëls oor beskaafdheid, laster en etiek geld nie meer nie.
Wenke vir persoonlike finansiële bestuur in 2015
Solidariteit Finansiële Dienste het ‘n paar riglyne vir jou persoonlike finansies in 2015.
Video: Grootste foto ooit
Dit is veral die einde van dié video van die grootste foto ooit wat mens se asem wegslaan. Meer as 2.7 miljoen mense het reeds die video op YouTube gekyk.
Vermiste Marstuig na meer as tien jaar gevind
’n Britse landingstuig, wat deel was van ʼn projek van die Europese Ruimteagentskap (ESA), is pas op Mars se oppervlak gevind, nagenoeg 12 jaar nadat dit verdwyn het.
Ses ruimtevaarders in Internasionale Ruimtestasie veilig
Ses ruimtevaarders aan boord van die Internasionale Ruimtestasie (IRS) is veilig na ʼn vals alarm, het Nasa gesê.
Man vas wat selfone wou smokkel
ʼn Man van Hongkong is Sondag in China in hegtenis geneem nadat hy 94 iPhone-toestelle deur doeane wou smokkel.
30 Junie gaan sekonde langer wees
Wanneer die horlosie op 30 Junie middernag in Greenwich slaan, gaan dit ’n sekonde later weer so maak. Dan kry die aarde ’n skrikkelsekonde by, maar dit kan tot grootskaalse rekenaarprobleme lei.
Video: SpaceX-vuurpyl suksesvol gelanseer
SpaceX het op 10 Januarie suksesvol die Falcon 9-vuurpyl met die Dragon-vragkapsule lanseer.
Metaal van Atlantis in baie ou skeepswrak gevind
Argeoloë wat ’n skip ondersoek wat 2 500 jaar gelede naby die stad Gela in Sisilië gesink het, het op stafies metaal afgekom wat deur die Grieke as ’n waardevolle metaal beskryf is wat algemeen in Atlantis voorgekom het en waar ook verskeie myne daarvoor was.
Aarde se “susterplaneet” ontdek
Nasa het ʼn planeet, genaamd Kepler 438b, ontdek wat net 12% groter is as die aarde en in ’n wentelbaan om sy son is wat as die bewoonbare sone beskou word.
Venus vanjaar baie helder
Venus gaan in die eerste helfte van die jaar besonder helder sigbaar wees.
Marstuigie kry “Alzheimer”
Nasa se Opportunity-marskarretjie wat al meer as tien jaar lank op die rooi planeet rondrits, het geheueprobleme, en tegnici werk hard daaraan om die tuig se kopwerkinge weer flink te kry.
Video: 16 keer Nuwejaar in die ruimte
Ruimtevaarders aan boord van die Internasionale Ruimtestasie (ISS) sal vandag 16 keer die Nuwejaar vier.
Video: Vuurbal oor Amerikaanse ooskus
’n Amerikaner, Peter Czech, was gelukkig om ’n vuurbal op sy motor se paneelbordkamera vas te vang.
Ruimtehoogtepunte vir 2015
Herman vertel jou waarna jy op die ruimtekalender kan uitsien in 2015.
SA Ruimte-agentskap vier vierde verjaarsdag
Die Suid-Afrikaanse Ruimte-agentskap, (Sansa) is in Desember 2010 deur die departement van wetenskap en tegnologie in die lewe geroep, en het hom reeds as waardevolle vennoot aan ander lande gevestig in onder meer die lansering van tuie na die diep ruimte.
Video: Vergeet eers Mars – reis na Venus
’n Groep wetenskaplikes by Nasa werk aan ’n konsep om die mens se eerste reis na ‘n ander planeet nie na Mars nie, maar die aarde se naaste buurman, Venus, te onderneem.
Foto’s: Trekker-meisie keer terug na suksesvolle Suidpool-reis
Manon Ossevoort, ʼn Nederlandse aktrise en avonturier, het ʼn 5 000 km lange reis na die Suidpool en terug suksesvol afgelê met ʼn 3.3 liter Massey Ferguson 5610-trekker.