‘n Supermaan was Sondagaand oor groot dele van die wêreld sigbaar.
Komende komeet toe al die tyd twee
Die beoogde landing op ‘n komeet op 11 November het skielik veel ingewikkelder geword toe foto’s van die naderende Rosetta-tuig onthul het dat die komeet twee koppe het wat aanmekaar vassit.
Video: Nuwe kaart van Mars gaan baie help
Die Amerikaanse Geologiese Opnamesentrum, die USGS, het die mees omvattende geologiese kaart van Mars bekend gestel.
“Vlieënde piering” vir Mars suksesvol getoets
Na die toetse minstens ses keer weens sterk winde uitgestel moes word, het Nasa uiteindelik sy eie “vlieënde piering” by Hawaii getoets.
Hele ster is dalk ‘n diamant!
Wetenskaplikes meen hulle het ‘n wit dwerg sowat 900 ligjare van die aarde af gevind, wat so “koud” is dat dit waarskynlik is dat sy koolstof hoofsaaklik gekristalliseer is. Dit is ongeveer so groot soos die aarde.
China beplan hoë spoed trein na VSA
China oorweeg ‘n super vinnige trein wat na China, deur Siberië, onderdeur die Beringstraat, deur Alaska en Kanada na die VSA sal blits.
Ruimterobot kry uiteindelik sy bene
Die ruimterobot wat sedert Februarie 2011 die bemanning van die internasionale ruimtestasie met verskeie take help, het uiteindelik sy bene gekry.
Wenteltuig om maan stort neer
Van die Lunar Atmosphere and Dust Environment Explorer, kortweg bekend as LADEE, het waarskynlik net stof oorgebly nadat dit teen drie maal die snelheid van ‘n koeël op die agterkant van die maan neergestort het.
Verdwaal in SA teen 2020 iets van die verlede
Die Suid-Afrikaanse Ruimteagentskap (Sansa) hoop om teen 2020 die land se eie akkurate navigasiestelsel, bekend as Satellite-Based Augmentation Systems (SBAS), gereed te hê.
Video: Vier “bloedmane” verwag
Altesaam vier maansverduisterings word oor die volgende twee jaar verwag, bykans ses maande uit mekaar.
Grootoog vanaand vir groot Mars
Die planeet Mars sal vanaand van sononder tot sonsopkoms môreoggend besonder groot en tot tien keer helderder as die helderste sterre gesien kan word.
Komeet wat rakelings by Mars gaan verbyskuur skep afwagting en kommer
‘n Baie aktiewe komeet gaan op 14 Oktober vanjaar rakelings by Mars verbyskuur, en ‘n seldsame geleentheid bied vir waarnemings deur ruimtetuie wat om die planeet wentel.
Dwergplaneet Sedna kry maatjie
Die dwergplaneet verder as Pluto, Sedna het elf jaar na sy ontdekking ‘n maat gekry.
Nuwe toestel kan padwoede voorkom
Navorsers by die École Polytechnique Fédérale de Lausanne (EPFL) het ‘n toestel ontwerp wat sewe verskillende emosies van ‘n motorbestuurder se gesig kan “lees,” en so kan vasstel wanneer die bestuurder geïrriteerd raak en die gevaar loop om in ‘n padwoedebui te verval.
Ruimtetuig sien “ronde reënboog” in Venus se atmosfeer
‘n Tuig van die Europese Ruimte-agentskap, Venus Express Orbiter, het die eerste ronde reënboog, in Engels bekend as ‘n “glory” op ‘n ander planeet as die aarde waargeneem.
Ruimtemanne gaan “videospeletjies” speel
Wanneer ‘n vragtuig van die Europese Ruimteagentskap (ESA) oor ‘n paar maande weer sowat vyf ton voorraad na die internasionale ruimtestasie neem, sal daar ook ‘n besondere “speelding” aan boord wees.
Ruimtetegnologie vir oogoperasies
Dokters by die Maastricht-oogkliniek in Nederland het ruimtetegnologie ingespan om ‘n mikroskoop waardeur hulle sensitiewe oogoperasies uitvoer, te stabiliseer.
Facebook koop WhatsApp vir $16 miljard
Facebook het die boodskapdiens WhatsApp vir $16 miljard (R177 miljard) gekoop.
Moslems mag glad nie na Mars reis
Moslems, in elk geval dié van die Verenigde Arabiese Emirate, mag glad nie na Mars reis nie, het ‘n Fatwa-kommissie van dié land beslis.
“Teenvriesmiddel” veroorsaak nattigheid op Mars
Die bekende nattigheid wat teen sommige van Mars se kraterwande uitslaan wanneer dit warm bak, en lyk soos syferwater wat daarteen afkronkel, is pekel met verskillende ysterkombinasies wat as ‘n “teenvriesmiddel” beskryf word.