“Ons staan woordeloos oor ons verlies, maar Jeanne [Goosen] is woordryk, vreugdevol en vry. Met of sonder vlerke,” skryf Lizz Meiring in haar huldeblyk aan Goosen.
Video: Sangers verwerk bekende lied ‘om hoop te skep’
Die musiekvideo is vandag (Donderdag) vir die eerste keer op Maroela Media te sien.
Prins Philip vier sy 99ste verjaarsdag
Prins Philip, koningin Elizabeth II se man van 72 jaar, vier Woensdag sy 99ste verjaarsdag.
Dié bekendes beoordeel Mej-SA inskrywings
Die Mej. Suid-Afrika Organisasie sê ʼn rekordgetal inskrywings is vanjaar ontvang en dat dié inskrywings van hoë gehalte is.
Jozaan vind liefde ná ‘The Bachelor’
“Jy is die beste ding wat ek nooit beplan het nie.”
SA Michelin-sjef skree vir die groen en goud
Jan Hendrik van der Westhuizen praat oor rugby, mieliepap en sy hoërskooldae op Middelburg.
Smile Foundation en sangers span saam teen pandemie
Sangers en musikante soos Amanda Strydom, Anton Goosen, SterlingEQ, dr. Pierre Nel en ʼn keur van nog 11 sangers en musikante is deel van ʼn aanlyn konsert wat hierdie naweek ten bate van die Smile Foundation plaasvind.
Hoe lyk Hollywood: Sterre rou oor Floyd; Kylie Jenner in geskil oor rykdom
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van dié week se jongste internasionale vermaaknuus.
Leon Schuster skerts oor maskers in nuwe liedjie
“Ek wou my boodskap op ʼn komiese manier oordra. Mense lag in elk geval vir my as ek op ʼn ernstige wyse probeer sing.”
‘Oppiestoep’ se gewilde grapjas op pad preekstoel toe
“Ek is ook nog steeds dieselfde ou wat almal ken – dié is net my groter roeping.”
Hoe lyk Hollywood: Baftas gaan voort agter geslote deure; Biebers dreig plastiese chirurg met regsaksie
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van dié week se jongste internasionale vermaaknuus.
Steve en Kie. hou konsert by Voortrekkermonument
“Ek sing, jy braai, punt,” sê Hofmeyr.
‘Semi-Soet’-akteurs hou aanlyn reünie
Sy lag wanneer sy vertel die toneel waar die vark die hoofkarakters deur die wingerd jaag, is geskoei op ʼn werklike gebeurtenis in haar eie lewe.
Die Heuwels, Melktert se Lucinda dié naweek aanlyn te sien
“Hulle het toe vir my begin hande klap; so as mense wonder wie hulle hoor juig – dit was die kameraspan!”
Hollywood-hartebreker gaan rol van ‘Boksburg Bomber’ vertolk
Charlize Theron vra glo $15 miljoen om Gerrie Coetzee se vrou te speel.
Leandie du Randt se raad vir as die grendelkoors jou pak
“Ek moes vinnig en kreatief dink oor hoe om my aanlyn sakeonderneming aan die lewe te hou. Die onderneming het my nog elke dag van die inperking besig gehou.”
‘Tussen Ons’, ‘Griekwastad’: Tracey Lange deel haar reis
Tracey Lange gesels met Maroela Media oor “Tussen Ons”, haar rol as medevervaardiger van die rolprent “Griekwastad” wat onlangs vrygestel is en hoe om innerlike vreugde te kweek.
Hoe lyk Hollywood: ‘Full House’-ster pleit skuldig in posbedrogsaak; Sia neem twee tieners aan
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van dié week se jongste internasionale vermaaknuus.
E-konsertgids: Musiek, teater vir oud, jonk dié naweek
Maroela Media het ʼn konsertgids saamgestel van aanlyn konserte waarmee musiekliefhebbers dié naweek kan ontspan.
Luister: Christia Visser se liefdeslied aan verloofde
Christia Visser sou verlede maand getrou het, maar soos soveel ander bruide moes haar troue uitgestel word tot ná die afsonderingstydperk. Haar jongste liedjie, “Kaal voor jou”, het sy geskryf om op die paadjie na die kansel af te stap.