Die span van ‘Stroomop’ het met Maroela Media gedeel wat hulle van hulself geleer het tydens die maak van die rolprent én verklap watter items noodsaaklik is, sou jy gestrand raak.
Luister: ‘Vroue is moeg vir hoe hul uitgebeeld word’
Simoné Nortmann, wat die rol van Vivian in die splinternuwe avontuurfliek “Stroomop” vertolk, het met Maroela Media gesels oor die boodskap van dié rolprent.
Katinka Heyns-fees op kykNET vir Vrouemaand
Katinka Heyns is een van Suid-Afrika se bekendste regisseurs en in Augustus vereer kykNET dié formidabele rolprentmaker.
Fliek gemaak oor Thailand-grotredding
“Die braafheid en heldedade wat ek gesien het, is ongelooflik inspirerend – dís hoekom ons ʼn fliek daaroor wil maak.”
Leon van Nierop se resensie: American Animals
Onthou net, dit is ʼn eksperimentele rolprent wat in ʼn sekere opwindende en vernuwende styl gemaak is met slim redigering, dus neem dit ʼn rukkie om by die styl aan te pas en “in” die rolprent te kom. Maar as jy jouself eers oorgegee het, sal jy dikwels na jou asem snak.
Leon van Nierop se resensie: Ant-Man and the Wasp
Terwyl jy miere dalk as ʼn plaag sien wat jy met ʼn kannetjie Doom wil bykom, is hulle hier eintlik vriendelike helde, veral die parmantige Ant-Man.
Luister: Bouwer en Leandie as ‘Thys & Trix’
Ek weet ander paartjies gaan stap die Otter of die Camino of kry bypassende tatoeëermerke om hul verhoudings te toets – ons het ʼn fliek aangepak.”
Fliekvlooi Floris se videoresensie: ‘Thys & Trix’
Fliekvlooi Floris Groenewald het na die splinternuwe Afrikaanse aksiekomedie, met Bouwer Bosch, Leandie du Randt Bosch en Brendon Daniels in die hoofrolle, gaan kyk.
Wen: ‘Stroomop’-inspirasietoer by Innibos
Dié inspirasie-aanbieding fokus op die oorhoofse temas van die fliek, naamlik: selfontdekking, vergifnis, aanvaarding en genesing. Wen ʼn dubbelkaartjie na dié spoggeleentheid op Saterdag 30 Junie by Innibos.
Video: Ellen Pakkies se lokprent bekendgestel
Wat druk ʼn liefdevolle ma so ver dat sy haar eie kind se lewe neem?
Thys & Trix-première: Sterre deel staaltjies
Die akteurspaar Bouwer en Leandie du Randt Bosch is eersdaags terug op die silwerdoek met ʼn splinternuwe fliek Thys & Trix. Die span van dié aksiekomedie het Woensdagaand in Johannesburg staaltjies oor dié fliek gedeel.
Nuwe Leon Schuster-rolprent dán in teaters
Meer as ʼn half dekade ná die uitreiking van sy laaste fliek keer die Suid-Afrikaanse komediant en rolprentmaker Leon Schuster terug na dié bedryf met nóg ʼn komedie – dié keer ʼn fliek met ʼn inspirerende storielyn.
Video: ‘Stroomop’ se amptelike lokprent bekendgestel
In ‘Stroomop’ ontmoet ons vyf unieke vroue wat elkeen in hul eie werklikheid verdrink. In ʼn desperate poging om genesing te vind, bevind die vroue hulself op die Oranjerivier op voorgeskrewe avontuurterapie deur ʼn selfhelpgroep.
Leon van Nierop se resensie: Breaking In
Dit is geen grootse werk nie, maar jy behoort telkens jou asem in te trek as jy sien waarmee die ma alles vorendag kom om te probeer inbreek (daar is natuurlik ʼn stewige veiligheidsisteem) en hoe sy die skurke uitoorlê.
Leon van Nierop se resensie: Jurassic World: Fallen Kingdom
ʼn Mens sien vinniger deur hierdie draaiboek as wat ouers deur ʼn tiener se verskoning sien oor hoekom hy of sy gisteraand so laat tuisgekom het.
Luister: Plaaslike misdaadriller die naweek op die silwerdoek
“Ons het die stel só ontwerp sodat kykers, soos Randal in die rolstoel, ook daardie benouende gevoel ervaar.”
Flieketiket: Leon van Nierop oor springmielies, selfone en stilte
Wat weet ons oor flieketiket? Wanneer is dit die regte tyd om jou lekkergoedpapiertjies oop te maak? En mag jy maar met jou voete op die sitplek voor jou rus as daar niemand anders daar sit nie?
Eerste kykie: Grensoorlog-fliek vertel oor oorlewing
“Hoewel die fliek binne die milieu van die Grensoorlog afspeel en oor die jong soldate se uitdagings in die oorlog vertel, het The Recce nie ʼn politieke agenda nie. Die fliek vertel van oorlewing en wat dit verg om te oorleef wanneer alles rondom jou inmekaar tuimel.”
Fliekvlooi Floris se videoresensie: ‘Nommer 37’
‘Nommer 37’ is ʼn misdaadriller wat afspeel in ’n fiktiewe buurt op die Kaapse Vlakte. Kyk hier na fliekvlooi Floris Groenewald se videoresensie.
Video: Agter die skerms van ‘Nommer 37’
“Wanneer ʼn fliek se naam ‘Nommer 37’ is en op die Kaapse Vlakte afspeel, is dit maklik om aan te neem dat dit oor bendes handel, maar dit is allermins die geval.”