Skuif jou televisiekamer so ʼn bietjie, en voeg ʼn paar romantiese elemente by. Maak jou eie springmielies en geniet ʼn romantiese fliek-marathon saam met die spesiale mens in jou lewe!
Luister: Diaan Lawrenson vertel oor ‘uitmergelende’ rol in ‘Raaiselkind’
Diaan Lawrenson het in ʼn onderhoud met Maroela Media gesê afgesien daarvan dat dié rol “emosioneel sy tol geëis het”, moes sy veral “diep grawe om emosioneel eerlik te wees”.
Jo Black hou sy lyf akteur
Jo Black, die sanger wat meer as twee miljoen mense na die amptelike musiekvideo van sy liedjie “Skepe” gelok het, maak nou ook sy silwerskermdebuut.
Leon van Nierop se resensie: Loving Vincent
As jy ʼn Van Gogh-bewonderaar is en afdrukke van sy werke jou aantekeningboeke of mure versier, sal jy hierdie unieke rolprent, gedeeltelik geanimeer, nooit vergeet nie, skryf Leon van Nierop.
Leon van Nierop se resensie: The Disaster Artist
James Franco het die gebeure agter die skerms gedramatiseer en met ʼn sterk satiriese aanslag, maar tog ook ʼn dodelike erns verfilm, wat dit nog snaakser maak. Moet nooit probéér snaaks wees nie, het hy geleer, en hier werk dit uitstekend! skryf Leon van Nierop.
‘Godslasterlike fliek ʼn belediging vir Christene’
Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het gesê hy is geskok oor die ANC-regering se minagting van die waardigheid van die Christelike gemeenskap in Suid-Afrika deur ʼn fliek, “Inxeba (The Wound)”, te finansier en te nomineer.
Op die rooi tapyt saam met my eie BBP
“Toe ek hierdie week ʼn uitnodiging ontvang na die première van die nuwe rolprent, “6 Below: Miracle on the Mountain”, was Rose my eerste keuse as metgesel. Sien, sy was nog nooit in ʼn teater nie.” Gaan lees meer oor Mia en Rosie se aand en ook oor dié fliek wat die eerste van drie prente is wat deel uitmaak van die Skeppingsdoelveldtog. Die fliek word van vandag af landswyd vertoon. Moet dit nie misloop nie.
Safta-toekennings: Hier is die benoemings
Die benoemings vir die 12de jaarlikse Saftas (Suid-Afrikaanse fliek- en televisietoekennings) is bekendgemaak.
Nog ʼn Afrikaanse fliek oorsee te sien
“Om voor te berei vir my rol, het ek hulle persoonlike en intieme vrae gevra oor hoe dit vir ’n man is om ’n parapleeg te wees, en dit is beantwoord met grappies en trane.”
Twee Afrikaanse flieks vir internasionale feeste gekies
“Om ʼn storie te kon maak wat nie net plaaslik aanklank vind nie, is ʼn massiewe voorreg.”
Oscars 2018: Hier is die benoemings
Suid-Afrika is ook vanjaar deur die Oscar-beoordelaarspaneel raakgesien.
Leon van Nierop se resensie: Breathe
“Dit is ʼn onbeskaamde, bewonderende huldeblyk veral aan weergalose liefde,” skryf Leon van Nierop.
Leon van Nierop se resensie: Vuil Wasgoed
Toegegee, nie almal sal in die paadjies rondrol en na hul asem snak van die lag nie, maar dit bly (vir my in elk geval!) die snaaksste Afrikaanse rolprent wat ek nog gesien het, en dit sluit Jamie Uys se klassieke “Daar doer in die bosveld” in.
Foto’s: Hollywood dra swart by Golden Globes
Die swart uitrustings is gedra om solidariteit te toon met die Time’s Up-veldtog wat onlangs deur die vroue van Hollywood van stapel gestuur is.
Golden Globes 2018: Oprah maak opspraakwekkende toespraak
Die Amerikaanse televisiepersoonlikheid Oprah Winfrey het Sondagaand alle aandag op haar gevestig met ʼn toespraak wat haar drie geesdriftige toejuigings besorg het.
2018: Die flieks waarna almal uitsien
Maroela Media het ʼn lys gemaak van enkele van die prente waarna fliekvlooie die meeste in 2018 kan uitsien.
‘Vuil Wasgoed’ met internasionale toekennings bekroon
“Ons het nog net mooi dinge oor die fliek gehoor, maar mense sê seker die lelike dinge agter jou rug.”
Barnard-biografie gaan eersdaags silwerdoek toe
Die Suid-Afrikaanse fliekvervaardiger het die filmregte tot dié biografie bekom.
Nuwe ‘Star Wars’ ʼn lokettreffer
Daar is ten minste nog vyf Star Wars-flieks in die pyplyn.
SA fliek haal Oscar-kortlys
ʼn Suid-Afrikaanse fliek is ingesluit by die kortlys van films wat meeding om ʼn gesogte Oscar-toekenning in die kategorie “beste rolprent in ʼn buitelandse taal” te wen.