“ʼn Meester-regisseur op sy allerbeste, en ʼn storie wat jou sal laat praat maak van hierdie klassieke rolprent ʼn moet,” skryf Leon van Nierop oor “Katrina”
Leon van Nierop se resensie: Vaselinetjie
Alhoewel hierdie rolprent eers aan die einde van die maand begin, kan luisteraars en lesers die titel nou reeds aanteken. Dit het onlangs weggestap met die Silwerskermprys as rolprent van die jaar.
[Video] Silwerskermfees: Akteurs gesels oor kortflieks
Die sewende Silwerskermfees wat die afgelope week in Kampsbaai in die Wes-Kaap die beste van aspirant-rolprentmakers en -draaiboekskrywers se produksies vertoon het, was vanjaar weer ʼn dawerende sukses.
[Video] Zak Hendrikz gee ʼn Silwerskermfees-oorsig
Talle aspirant-rolprentmakers en -draaiboekskrywers het vanjaar behoorlik beïndruk by die Silwerskermfees wat dié jaar vir die sewende keer in Kampsbaai in die Wes-Kaap aangebied is.
Buitebioskoop: Dis weer tyd vir fliek en piekniek!
Maroela Media en attooh! is uit ons vel van blydskap om jou te vertel dat jy hierdie jaar weer saam ons die nostalgie van ʼn inryteater – met ʼn bietjie van ʼn kinkel – kan herleef. Kom sprei jou piekniekkombers uit, geniet goeie musiek en kyk drie Afrikaanse flieks saam met ons by die Buitebioskoop!
Shaleen speel Fiela nou met ‘meer diepte’
“Die oomblik as ek die kopdoek aansit, word ek Fiela. Ek het Fiela 30 jaar gelede gespeel, maar dis werklik asof niks verander het nie. Ek is seker ek speel nou die rol met baie meer diepte as 30 jaar gelede.”
‘Afrikaanse flieks nié net swak,’ sê kundiges
Die Afrikaanse fliekbedryf het Saterdag tydens ʼn Boekejol-paneelgesprek, gelei deur Leon van Nierop, onder die loep gekom.
Nuwe uitdaging vir Ivan en Donnalee
Die glanspaartjie Ivan Botha en Donnalee Roberts het meer as net die goeie nuus oor hul verlowing om met aanhangers te deel.
Gewilde Afrikaanse sangeres se sprokiesverhaal kom na kassie
“Nou het ons ʼn sperdatum vir die troue – niks mag dus meer in die pad staan nie. Dit is ʼn baie opwindende reeks en aanhangers kry nou die kans om haar reis na die altaar volg, en ook agter die skerms te sien hoe haar jongste album vervaardig word.”
Showmax-fliek: Sy klink soos lente
ʼn Onskuldige klein leuentjie kan jou soms in diep moeilikheid laat beland. Dis wat die motorwerktuigkundige Ben moet leer in die Afrikaanse romantiese komedie “Sy klink soos lente”. Nou op Showmax.
Akteur wat James Bond in nuwe 007-fliek gaan speel bekend
Ná maande se spekulasie oor wie James Bond in die nuwe 007-fliek gaan vertolk, is dié gerugte uiteindelik in die kiem gesmoor.
Diaan, Leah en Quanita is susters in nuwe fliek
Dié fliek – wat Susters heet – vertel die verhaal van drie aangenome susters wat van mekaar vervreemd geraak het en weer herenig word wanneer hulle op ʼn ontdekkingsreis gaan ná die afsterwe van hul ma.
Leon van Nierop se resensie: My Cousin Rachel
Die herskepping van die periode is uitstekend, maar dit is die atmosfeer van agterdog, neurose en uiteindelik liefde wat ʼn mens die langste bybly.
Tuisfliek van die maand: Plekkie in die son
Huur dit liewer in plaas van ʼn hedendaagse fliek. Dit sal jou ontroer en meesleur.
Video: Armand Aucamp gesels oor Van Riebeeck in ‘Krotoa’
“Ek is geweldig aangetrokke tot stories oor geskiedenis. Wat die verhaal van Jan van Riebeeck moeilik maak, is die politieke bagasie wat met hom saamkom. Ek moes sy karakter skei van die politieke geur waarmee ʼn mens hom assosieer en hom leer ken as ʼn man met foute en alles wat saamhang met menswees.”
[Video] Agter die skerms van ‘Krotoa’
Armand Aucamp vertel hy moes deeglik navorsing doen om die rol van Jan van Riebeeck te kan vertolk.
Tuisfliek van die maand: Daar doer in die bosveld
Moet dus onder geen omstandighede dink dat “Daar Doer in die Bosveld” ʼn “outydse” film is wat by moderne rolprente afsteek nie. Dit het hart, maar ook respek vir sy karakters. Wys dit gerus vir die kleinspan sodat hulle kan sien waar ons vandaan kom, hoe ons ontwikkel het, maar beslis ook hoe ons komedies op ʼn hoogtepunt begin het.
Leon van Nierop se resensie: Spider-Man: Homecoming
Ouers hoef nie die kinders by die IMAX-teater af te laai en iewers gaan eet terwyl die kleingoed fliek nie. Gaan gerus saam. Dit is vol woema, pret, plesier, humor, avonture en spesiale effekte… Lees Leon van Nierop se volledige resensie.
[Video] ‘Top Gun’ dán op die grootskerm
Paramount Studios, wat die fliekregte van die rolprent besit, het vandeesweek bekend gemaak wanneer dié fliek op die grootskerm te sien sal wees.
Tuisfliek van die maand: Hollywood in my huis
Wat hier werk is die ongeaffekteerde en natuurlike spel van Van der Walt en Visser. ʼn Mens glo werklik in hulle as jongmense wat aan die verkeerde kant van die spoor grootgeword het en nou probeer om hul plek in die wêreld te vind, skryf Leon van Nierop.