ADAM betree ook hierdie week se Top-20. Dié gewilde groep het die afgelope naweek hul splinternuwe album, Bewe, bekendgestel.
Jong Afrikaanse sanger slaan groot kontrak los
“Dit is regtig ’n droom wat waar geword het.”
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 3 April 2018
Ná slegs ʼn week op die nr.-1 posisie, maak Appel plek vir Robbie Wessels en Bok van Blerk se duet, “Die sluise van die hemel”.
Video: Kleuter steel Jo Black se hart met video
Alhoewel Camilla halfpad deur die liedjie eers haar jonger sussie, Amoré, moes stil maak, het sy trots vir haar pa gevra om die video vir “oom Jo” aan te stuur.
Coffee Snobs: ‘Ná die seer wil ons lig bring’
Dit was soos ʼn doodsvonnis wat hy meteen opgelê is. Eers was hy blakend gesond, en toe is sy lewe skielik in gevaar. Die musiek-egpaar Marius en Vernette Wessels – of te wel Coffee Snobs – het twee keuses gehad: Marius se kankerdiagnose kon hulle onderkry óf hulle kon terugbaklei.
Video: Elizma Theron se boodskap aan álle vroue
Die sangeres se ma, haar suster én haar vriendin maak ook ʼn verskyning in dié video.
Luister: Piet Botha is op die ‘Middernagtrein’
Die liedjie “Die middernagtrein” was reeds klaar geskryf toe Piet in die hospitaal beland het. “Dis ʼn metafoor vir hoe gevaarlik rock ʼn roll is,” lag hy en die ironie ontglip hom duidelik nie.
Luister: Lizandra Winter oor weerloosheid, wintermaande
“Ek dink nie daar is enigiemand wat daarvan hou om weerloos te voel nie. Ek voel egter as ons nié bereid is om eg en eerlik te wees nie, sal daar nooit regtig groei en lewe voortspruit nie; dan sit jy maar altyd net ʼn masker op.”
Wen: Mozart Requiem vir Paassondag in Brooklyn-teater
Wessel van Wyk en Willem de Beer snoer kragte saam en bied die heel eerste uitvoering van hierdie transkripsie aan vir die Gautengse publiek. Drie gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na die uitvoering op Paassondag.
Manie Jackson en sy verloofde se paadjies skei
Die sanger het aan aanhangers gesê “daar is iets belangriks” wat hy graag met hulle wil deel.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 27 Maart 2018
Robbie Wessels & Bok van Blerk se duet “Die Sluise van die hemel”, Appel se liedjie “Boer loop deur my are” en Steve Hofmeyr se liedjie “Redgebed” is steeds onder die top-5 aflaaisarsies dié week.
Video: Jong Pta-seun het internet gaande
Dié video is al meer as 1 miljoen keer gekyk en meer as 7 000 keer op Facebook gedeel
Wen: Dan Patlansky in die Rockwood-teater
Twee gelukkige lesers staan elkeen die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen na die bekendstelling van Dan Patlansky se splinternuwe album, Perfection Kills, in die Rockwood-teater in Pretoria.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 19 Maart 2018
Wie is dié week in die no. 1-posisie?
Appel se lied ‘ʼn ode aan die boere’
“Grond is lewe en God is lewe. Ek dink dit is hoekom die boere so naby aan die grond wil wees, want dan is hulle naby aan God.”
Luister: Gian Groen se nuwe album bring hulde aan vriend
Hy vertel daar is ʼn bittersoet storie agter die titel van die album. ‘n Vriend van Groen is in 2015 in ‘n motorfietsongeluk oorlede.
Bobby en Karlien ‘gaan hul harte deel’
“Daar is wel goed wat ons bereid is om met mense te deel om hulle ʼn dieper idee te gee van wie ons is, soos byvoorbeeld dat ek en Karlien vir ʼn ruk in ons lewe in ʼn karavaan gebly het.”
Afrikaans is Groot op pad na die Moederstad
Die gewilde musiekproduksie Afrikaans is Groot word dié naweek by die Grand Arena by Grandwest Casino in Kaapstad aangebied.
Ghoemas 2018: Hier is die benoemings
Kunstenaars soos Elandré, Jo Black, Elvis Blue, Steve Hofmeyr, Karlien van Jaarsveld en Irene-Louise van Wyk is almal vir dié gesogte musiektoekenning benoem.
Spotify nou in SA beskikbaar
Dit is die wêreld se grootse musiekstromingsdiens en dien ’n gemeenskap van bykans 160 miljoen gebruikers.