Dit was tien jaar gelede toe die sangeres Lira opslae in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gemaak het met haar liedjie “Feel Good”. Dié liedjie het haar ʼn bekende stem op radiostasies gemaak. Nou het sy en die Afrikaanse rock-sangeres Karen Zoid wéér vandeesweek beïndruk met hul nuwe weergawe van dié liedjie.
Eie tradisie, klankkleur en emosie in Coenie de Villiers se nuutste album
Met Emoji as titel, ʼn term wat verwys na draers van emosie in elektroniese kommunikasie, dek dié album ʼn wye spektrum van intieme emosies.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 20 November 2016
Georic Lomas se liedjie, “Bazaruto”, is die week se nommer 1.
Kiekies – Lucas se liedjies – Jannie du Toit en Thean Kotze
Jannie du Toit en Thean Kotze het besluit om hulde aan hom te bring met ʼn konsert en ʼn CD getiteld Kiekies – Lucas se liedjies.
Luister: Gangs of Ballet terug met ʼn ligter aanslag
Die Durbanse groep Gangs of Ballet is terug met die tweede aflewering in hulle reeks ‘Form and Function’-kortspeler-albums.
‘Hoeka Toeka’ kry nuwe baadjie
“Hoeka toeka, ja ja, en jou stem is in my ore…” – ʼn liedjie wat Carika Keuzenkamp in die jare sewentigs uitgereik het. En nou,…
Luister: Phil Collins se musiek herleef
As jy hou van die 80’s se musiek kan jy uitsien na ʼn vertoning wat hulde bring aan die musiek van die Britse musiekmaker Phil Collins.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 14 November 2016
Lianie May en Jay behou vir die derde week die gesogte nommer-1 posisie met “Da’ Vat Hy!”
Coenie de Villiers: Nuwe album ‘eerlik, persoonlik’
Coenie de Villiers se jongste album, Emoji, neem jou behoorlik op reis. Hy wek nie net emosie met behulp van sy lirieke en melodieë nie, maar verplaas jou as’t ware op ʼn emosionele vlak.
Van Coke stel nuutste enkelsnit vry
Die eerste enkelsnit van die sanger Francois van Coke se langverwagte tweede album, Hierdie is die lewe, word vandag bekendgestel.
Luister: Henrico Coetzer oor musiek: dit moet práát, roer
Hy hou nie van tierlantyntjies nie, is heeltemal onopgesmuk en het een doel voor oë, vertel die Afrikaanse sanger Henrico Coetzer: Hy wil musiek maak wat mense roer. O, en natuurlik ʼn teater stampvol maak.
[Entrepreneurskap] Adam Tas praat oor sy Loopgraaf Produksies
Jacques Basson van Klipkouers gesels met Adam Tas oor sy rolprentmaatskappy.
5 Vrae vir Arno
Arno Carstens is reeds vir meer as twee dekades lank ʼn huishoudelike naam in Suid-Afrikaanse musiek. Sy eerste Afrikaanse album, Die aandblom 13, is ʼn besonderse…
Afrikaans is groot, Volume 9
Die afgelope klompie jare was die Afrikaans is Groot-reeks versamelalbums topverkopers op die plaaslike mark, en die negende volume in hierdie reeks het pas verskyn.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 7 November 2016
Lianie May en Jay behou vir die tweede week die gesogte nommer 1-posisie met “Da’ Vat Hy”.
Video: Negentig en steeds agter die orrel
Widor se Toccata uit sy Simfonie nr. 5 sal nooit weer dieselfde wees nie. Olga het dié virtuose en uitdagende stuk musiek na nuwe, eiesoortige hoogtes gevoer.
Klaviervirtuoso raap pryse op
Ek het onlangs Koreaanse popmusiek ontdek. Gaan soek ʼn bietjie na 15& om te sien wat ek bedoel. Ek verstaan nie die taal nie, dus luister mens half daarna soos na klassieke musiek.
Huldeblyk aan ‘n musieklegende
Die legendariese trekklavierspeler, orkesleier en komponis Nico Carstens is op 1 November vanjaar in die ouderdom van 90 jaar oorlede. Nicolaas Cornelius Carstens is op…
Vyf vrae aan Jakkie Louw
“As jy van die liedjie hou, skreeu Jakkie Louw!! Jakkie Louw!!”
[Resensie] Juan Boucher – ‘Dis wie ek is’
Met hierdie album het Juan groter sukses behaal as ooit tevore in sy loopbaan. Daar is reeds drie snitte wat treffers geword het en daar kan nog ʼn paar wees.