Francois van Coke, die omstrede rock-ster van die groep met die gewaagde naam, het sedert 2003 tot nou toe verander in ʼn soet seun wat goud werd is vir die Afrikaanse musiekbedryf en hy word boonop eersdaags pa.
[Resensie] Adam Tas – ‘Patatas en pyptabak’
Dit is ʼn album wat aan die siel gryp met hartslirieke wat in 13 snitte sorgvuldig saamgevat is. Daar is ’n duidelike patriotiese ondertoon met ’n onderliggende geestelike aanslag in dié album.
Video: Bob Dylan ontvang Nobelprys vir Letterkunde
Die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskap het Donderdag die Nobelprys vir Letterkunde aan die legendariese Amerikaanse sanger Bob Dylan toegeken.
[Resensie] Liedjieskrywer breek droogte met nuwe album
Wouter van de Venter is ’n ou bekende in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Ná ’n lang liedjieskryf-droogte is hy nou terug met sy album Toe roep jy my.
Video: Zoid en Ard Matthews skop ‘Republiek’ met mening af
Die vierde seisoen van Republiek van Zoid Afrika het op 11 Oktober op kykNET begin en Karen Zoid pryk ná minder as 24 uur reeds bo-aan die Suid-Afrikaanse iTunes-musieklys vir haar en Ard Mathews se verwerking van “What He Means”.
Wen: Zita Pretorius oor ‘Zita Goes Classics’
Die Afrikaanse sangeres Zita Pretorius is op 14 Oktober in die Atterbury-teater in Pretoria te sien in die eerste van haar reeks vertonings genaamd Zita Goes Classics.
[Resensie] Liza Brönner – Dans op jou eie
Dit is goed dat Liza so lank gewag het, want op hierdie album is daar ʼn aantal uitstekende snitte en daar is ʼn moontlikheid dat baie van hulle treffers kan word. Welkom terug, Liza!
[Resensie] Kerry Lee – ‘Dans in die reën’
Hoewel Kerry Lee as ʼn nuweling op die plaaslike musiektoneel beskou kan word, het sy eintlik al ʼn paar jaar gelede haar eerste tree in dié bedryf gegee toe sy die enkelsnit “Met ringe en woorde” vrygestel het.
[Resensie] Treffers van die 00’s
Hierdie soort versameling is altyd ’n goeie idee en die samestellers het dit reggekry om ’n groot verskeidenheid wat by ’n breë gehoor byval sal vind, in te sluit.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 10 Oktober 2016
Charlize Berg behou die nommer 1-posisie vir die derde week met “As jy weet dis liefde”.
[Resensie] Carike, Ghoempie en Ghoeghoe se vakansie Vol. 11
Daarby gaan elke snit oor iets wat kinders na aan die hart lê en daarom kan dit sterk aanbeveel word vir enigiemand met kleuters of jong laerskoolkinders.
[Resensie] Amanda Strydom: Die verhoog is haar wêreld
Ek het geen kritiek oor die produksie nie, ek het hard gesoek, glo my. Ek het selfs die 12- en 13-jariges voor my gevra wat húlle van die vertoning gedink het. “Ja, tannie, ons het baie daarvan gehou, sy is baie cool.”
Nuwe son skyn in Afrikaanse musiek
Herman en Douw glo ʼn platemaatskappy moet ʼn plan met ʼn kunstenaar hê voordat hulle ʼn kunstenaar se loopbaan aan die gang kry. Volgens hulle het kunstenaars leiding nodig, veral as hulle jonk is, maar dit beteken nie dat hulle in ʼn blik gedruk moet word nie.
[Resensie] Henry van Dyk – ‘Sommer so’
Henry bewys op hierdie album dat hy ’n uiters talentvolle kunstenaar is en dat hy dit nog baie ver kan bring. As jy van ’n goeie tenoorstem hou, maar nie noodwendig net na musiek met ’n klassieke aanslag wil luister nie, kan jy dit oorweeg om hierdie album by jou versameling te voeg.
Aardklop se Taxi-Teater betower feesgangers
Die Aardklop Nasionale Kunstefees het Dinsdag afgeskop, en feesgangers het reeds in hul duisende opgedaag om dié Potchefstroomse kunstefees te ondersteun.
[Resensie] Izaan – ‘Bly stil’
Daar is geen twyfel dat Izaan een van die talentvolste nuwe kunstenaars op die Afrikaanse musiektoneel is nie. Met hierdie album bewys sy dat sy so te sê enige genre kan baasraak en dat sy Afrikaanse en Engelse en kommersiële en Christelike musiek ewe goed kan sing.
[Resensie] ‘Country Gaan Groot 4’
‘Country Gaan Groot 4’ is ’n mooi afgeronde album vir elke country-aanhanger.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 3 Oktober 2016
Charlize Berg behou vandeesweek die nommer 1-posisie vir die tweede week met haar liedjie, “As jy weet dis liefde”.
SA verloor gerekende musikant
“Hy het aan erge depressie gely ná sy vrou se dood in 2011. Hy was daarna nooit weer homself nie en was konstant in die hospitaal of by sielkundiges. Woensdag was die seer net te veel,” het sy suster gesê.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 26 September 2016
Ná drie weke in die nommer 1-posisie maak Joshua na die Reën vandeesweek plek vir Charlize Berg.