Adam Barnard se Christelike album, Ruk my tot stilstand, het die groot treffer, “Hy is”, opgelewer en nou is hy terug met sy eerste sekulêre album, Seisoene in die son. Adam het die titelsnit geskryf en dit is reeds ʼn groot radiotreffer.
Verskyn op Bok van Blerk se nuwe DVD
Die sanger Bok van Blerk vier vanjaar tien jaar in die Afrikaanse musiekbedryf en skop binnekort ʼn landwye toer af om dié mylpaal te vier. Aanhangers wat twee eksklusiewe konserte van dié sanger op toer bywoon, gaan ook die geleentheid kry om op sy nuwe DVD te verskyn.
[Video] Help Koos Kombuis om Afrikaanse musiek te ‘red’
“Ek voel al lankal dat ons musiek in ʼn krisis verkeer en dit laat my wonder of ons op die regte fondament gebou het en steeds voortbou, veral in Suid-Afrika. Daar is nêrens om te vlug nie, ons moet Suid-Afrika laat werk,” het hy vertel.
Universiteitskore ding mee in ‘Varsity Sing’
Suid-Afrika se top-universiteitskore gaan van 14 Julie tot 13 Oktober in kykNET se jongste program, Varsity Sing, meeding vir die kroon as die beste universiteitskoor in SA.
‘Aroma’ – Coffee snobs
Een van die opwindendste nuwe groepe wat verlede jaar op die Afrikaanse musiektoneel verskyn het, is Coffeesnobs, wat hoofsaaklik uit die egpaar Marius en Vernette Wessels bestaan. Nadat hul debuutalbum, Storm, verlede jaar uitgereik is, het hulle twee radiotreffers gehad, en nou het hulle besluit om dié treffers uit te reik saam met ’n paar nuwe snitte onder die titel Aroma.
‘Die katedraal’ – Tobi Jooste
Tobi Jooste het egter op iets radikaal anders besluit: ’n optrede in die St. George Anglikaanse kerk in Parktown, Johannesburg. Naas musiek is reis Tobi se belangrikste stokperdjie en hy het veral ’n voorliefde vir Europese katedrale, vandaar die idee om ʼn CD en DVD daar op te neem
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 11 Julie 2016
Hier is Maroela Media se Top 20 vir die week.
Veteraanmusikante vereer by Innibos
“Afrikaans en Afrikaanse musiek is ons passie. Die toekenning is ʼn fantastiese riem onder die hart en dit is ʼn ongelooflike voorreg om dit te ontvang.”
Luister: Nedine maak wiskunde maklik
Die Sama-bekroonde sangeres Nedine Blom het pas haar jongste CD, Wiskunde is Supercool, vrygestel, en vertel dié CD gaan kinders help om moeilike wiskunde-konsepte beter te verstaan.
Video: Jennifer Zamudio vertel oor splinternuwe album
Die sangeres Jennifer Zamudio, het pas haar elfde en jongste album, Ongelooflik, vrygestel en vertel dié album se internasionale invloed gaan dit ʼn gunsteling onder aanhangers maak.
Pretoria hou BoekeJol en FilmRolfees
Elkeen wat nog altyd gewens het om deel te neem aan ’n gesprek met skrywers, kuiertyd saam met ’n bekende digter te geniet, ’n ete en geselskans met hul geliefde persoonlikhede te beleef en vele meer sal 17 tot 21 Augustus in hul dagboeke moet omkring.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 4 Julie
Hier is Maroela Media se Top 20 vir die week.
Treffers van die 90’s
Laurika Rauch het al die temaliedjies van verskeie televisiereekse gesing en “Die mense op die bus” kom uit Jan Scholtz se dramareeks Iemand om lief te hê. Teen die 1990’s het Koos Kombuis, wat deel van die Voëlvry-beweging was, begin om ook kommersieël-toeganklike liedjies te skryf en “Bicycle sonder slot” het een van sy grootste treffers geword.
Luister: Ricus Nel is ʼn ‘Ouskool Boerseun’
Hy is maar ʼn ‘gewone outjie’, sê die sanger Ricus Nel en is nederig dankbaar vir elke toekenning of handeklap wat hy kry. Hy het onlangs sy jongste album, Ouskool Boerseun, vrygestel.
‘Kraakvars’ het iets vir almal se smaak
Dit lyk asof al hoe meer versamelalbums deesdae uitgereik word, en een van ons land se grootste platemaatskappye se jongste een, Kraakvars, het pas verskyn. Hierop verskyn die jongste Afrikaanse treffers deur dié platemaatskappy se kunstenaars, maar daar is ook ’n internasionaal bekende Christelike snit, asook ’n plaaslike kunstenaar se weergawe van ’n country-treffer ingesluit.
Video: Kanadese koor sing in Afrikaans
ʼn Video van die Vancouver-jeugkoor in Kanada wat die geestelike liedjie “Wildsbok” tydens ʼn optrede sing, roer behoorlik die hartsnare.
Bok en Laurika sing saam
Die sangers Laurika Rauch en Bok van Blerk het Dinsdag ʼn duet, “Ek het”, uitgereik.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 27 Junie
Hier is Maroela Media se Top 20 vir die week.
Alles wat jy moet weet van Innibos 2016
Innibos, die Laeveld se nasionale kunstefees wat jaarliks in Nelspruit (Mbombela) gehou word, vind vanjaar tussen 29 Junie en 2 Julie plaas en beloof vermaak vir elkeen se smaak.
Van Coke: Solo-debuut skop stof in die lug
Francois van Coke se selfgetitelde solo-debuutalbum is sekerlik een van die topalbums vir 2016. Soos met sy Polisiekar-groep skop hierdie album reeds van die eerste lied af stof in die lug. Dis ’n fantastiese harderock-album wat elke aanhanger van rockmusiek moet hê.