Ma-wees vir sulke talentvolle kinders is nie net ’n voorreg nie, maar ook ’n wonderlike uitdaging in die wêreld waarin ons leef. Só sê Annaré Jooste, die ma van Tobi Jooste. Sy het met Maroela Media gesels oor ma-wees vir ’n kind met bondels vol drome.
Calitz maak musiek met skryfwerk
Wilken Calitz meen hy is ewe tuis tussen woorde as tussen musieknote. Lees meer oor sy debuutroman “Swart swaan”.
Spoegwolf, Corlea, Jannie Moolman aanlyn by Voortrekkermonument
“Die Spoegwolf-masjien het nodig om weer te loop. Ons kan nie wag nie. Ons gaan ʼn hele paar liedjies vir die eerste keer ooit speel.”
Bernice West woeker op Top-20
Haar tweede uitreiking, “Die hart”, klim vandeesweek nog ʼn plek op die treffersparade en is nou in die derde plek.
‘Dis okay met Rene’: Gretha kom kuier
Saam neem Wiid en Du Preez die kykers op ’n ongelooflike reis van liefde, geloof, inspirasie en motivering.
‘Boerie Broers’ en brandrissies sorg vir warm kykvermaak
“ʼn Lekker warm TV-program waar hulle bekende Afrikaanse persoonlikhede se rissie-uithouvermoë toets.”
Foto’s: Katinka se ‘perfekte troudag’ in Wildernis
“Ons het lofliedere gesing en ons kon voel die Here is werklik teenwoordig.”
Broadway-akteur sterf weens Covid-19
“Hy was almal se vriend, hy was mal daaroor om te luister, om te help en veral om te praat.”
Beleef ‘Eet Kreef! Herleef’ in musiekrolprent
Die groep het ook vroeër vanjaar ʼn Fiësta-toekenning verower vir beste musiekgedrewe produksie – podium.
Bekende blondekop haak aanlyn af ná troue gekanselleer is
“Ek was verskriklik emosioneel. Ek en Braam bly nie saam nie en ons het so uitgesien daarna vir ons lewe saam om werklik te begin.”
Musiekvideo: Enkelsnit laat val kollig op kinders met spesiale behoeftes
“Die liedjie fokus daarop dat daar mense is wat alleen voel, al is hulle nie afsondering nie. Dit gaan daaroor dat ons almal eintlik maar dieselfde is. Gedurende inperking was ons almal in dieselfde oseaan van onsekerheid – ons was saam eensaam. Dit het die klem geplaas op ons almal se behoefte om liefde te gee en te ontvang.”
Leon van Nierop se resensie: The Order
Die reeks is ingestel op lesers wat van skrikwekkende, makabere reekse hou waarin die bonatuurlike soms ʼn rol speel. Die probleem is dat hierdie reeks en sy vervolg bloot na nabootsings van ander soortgelyke reekse lyk.
Leon van Nierop se resensie: Little Fires Everywhere
Dit gaan veral oor die invloed wat twee uiteenlopende gesinne op mekaar het en hoe ma’s dikwels hul eie kinders onderskat en nie besef wat werklik in hul lewens gebeur nie.
Unieke uiteet-ervaring tydens Covid-19
Die restaurant moedig mense aan om ʼn kombersie saam te bring of om ʼn matras agter op jou bakkie te gooi vir ʼn snoesige en romantiese aand uit.
Hoe lyk Hollywood: ‘Myth Busters’-man deur suster aangekla; McFly gaan weer sing
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van dié week se jongste internasionale vermaaknuus.
E-konserte: Akoestiese, klassieke en geestelike musiek dié naweek aanlyn te sien
Maroela Media het ʼn konsertgids saamgestel van aanlyn konserte waarmee musiekliefhebbers dié naweek kan ontspan.
Sandra Prinsloo aanlyn te sien in ‘Oskar en die pienk tannie’
“Die seuntjie se positiwiteit ten spyte van sy lot is wat so aangrypend is en veral in hierdie tyd is dit vir ons ʼn goeie les.”
‘Fynskrif’-akteur skep aanlyn platform vir akteursgemeenskap
“Ons as vryskutakteurs kan ʼn beweging begin waar ons ons eie droomprojekte laat realiseer deur mekaar te bemagtig.”
Resensie: Dié Heuwels Fantasties is ʼn album om weer te luister
Die Heuwels Fantasties se splinternuwe album, 2021, is só ʼn lekkerluister-, wipwarit-album van voor tot agter.
‘Die GROOT Ontbyt’ nie uitgesaai oor Covid-19
“Alle maatreëls is egter getref en word tans uitgevoer om te verseker dat die res van GROOTfm 90.5 se personeel veilig en gesond is.”