Ses speelfilms het vandeesweek hul première by die Silwerskermfees gehad. Dié vollengte-speelfilms is Fiela se kind, Flatland, Griekwastad, Die verhaal van Racheltjie de Beer, Toorbos en Poppie Nongena.
Nuwe Afrikaanse musiekgroep maak vinnig naam
ʼn Musiekgroep van Potchefstroom wil die opbrengs van hul jongste snit aanwend vir vrouestudente wat finansieel swaarkry.
Sun International soek Steve nie by AIG-konserte
Sun International, wat Time Square besit, is ongelukkig oor Steve Hofmeyr se deelname aan die Afrikaans is Groot-konsertreeks.
‘Racheltjie’ vat akteurs terug na hul kinderjare
Sandra, Stian en Antoinette vertel: “Dit is net een van daai dinge wat ʼn mens van kleins af kan onthou, soos Kersvader en die tandemuis – dis eintlik deel van jou menswees.”
Dié kortfilms vir Silwerskerm-toekennings benoem
Vanjaar is daar drie films wat gelyk die meeste nominasies in die kortfilm-kategorie gekry het.
Akteurs vertel: Dié ‘Fiela se kind’ is anders
“Daar is verskillende maniere om ʼn storie te vertel. En ja, natuurlik gaan mense praat oor die eerste fliek en dit vergelyk, maar ons het ʼn storie probeer vertel en ons het alles daarin gesit.”
‘Survivor SA’: ‘Die uurglas het uitgeloop vir my’
Indien jy nog nie gisteraand se episode gekyk het nie, moet jy eerder nie hier lees nie, anders gaan jy sien wie uitgestem is.
Video: Lokprent van nuwe jag-en-visvangreeks bekendgestel
Die program word aangebied deur die gesoute jagprogram-aanbieder, sanger en liedjieskrywer Adam Tas, wat saam met talle bekendes soos Pieter Smith, Sorina ‘Die Flooze’ Erasmus, Chris Chameleon en Steve Hofmeyr kuier. Kyk die lokprent hier.
Resensie: ‘Fiela se kind’ ʼn rolprenthoogtepunt dié jaar
Hierdie is ʼn nuwe produk en vergelykings met die vorige rolprent is onnodig en teenproduktief: Die nuwe Fiela staan op haar eie bene.
Video: Robbie Wessels en die rugbylegendes in nuwe musiekvideo
In die musiekvideo sing Robbie vir die Bokke wat volgende maand in Japan in die Wêreldbeker-rugbytoernooi gaan meeding, en hy klop aan by ʼn paar rugbylegendes vir hul raad aan die Bokke.
Groot aankondiging vir Afrikaans is Groot-aanhangers
“Vanjaar bied ons dié konsert aan met harte wat wil bars van trots, en beplan ons baie spesiale oomblikke om elkeen van ons konsertgangers die ervaring te bied wat hulle verdien.”
Arnold Vosloo oor SA en rol in ‘Griekwastad’
“Wanneer ek in Afrikaans praat is daar nie ʼn filter nie, dit is ingeplant in my en dis deel van my emosies.”
Luister: Bok van Blerk – ‘As ek Afrikaans sing, gaan mense my hoor’
“Ek dink nie jy moet jou vasstaar teen die verlies wanneer jy iets verloor nie. Dit is dalk die begin van iets nuuts, iets groters.”
Foto’s: Fliek-liefhebbers stroom na Kampsbaai
kykNET se 9de Silwerskermfees het Woensdag by die deftige The Bay Hotel in Kampsbaai in die Wes-Kaap afgeskop, en die room van Suid-Afrika se filmbedryf is reeds besig om hul sitplekke warm te maak vir ʼn week van rolprente en springmielies.
Titel bekendgemaak van 25ste Bond-fliek
Die naam van die 25ste James Bond-rolprent is uiteindelik bekendgemaak en 007-aanhangers tel die dae af totdat die rolprent bekendgestel word.
Luister: ‘Ander Mens’ propvol aksie met donker humor
“Ander Mens het regtig ongelooflike spesiale effekte. Dit het ʼn klankbaan wat jy nodig het om in daardie kwaliteit klank te hoor. Hierdie is die tipe fliek wat regtig op die grootskerm gekyk moet word.”
Luister: Roan Ash oor Proe’toria-fees, Nashville en die getroude lewe
“Ek voel nie asof ek ʼn groot naam in die bedryf is nie. Dit is net vir my wonderlik om ʼn vertoning te doen en dan is die teater vol. Dit beteken baie vir my. Ek is ongelooflik bevoorreg.”
ADAM groet ná 10 jaar
“Ons musiek was uit ons harte en dit was wonderlik om dit met julle te kon deel.”
‘The Voice’ se Tasché betree Top-20
Tasché Burger, wenner van die derde seisoen van The Voice SA, het omtrent ’n suksesvolle debuut tot die Afrikaanse musiekbedryf gemaak met haar eerste enkelsnit, “Die een”.
Kontreistories: Die kuns van storievertel herleef by Aardklop
Hoe sal ons kinders ons stories onthou as ons dit nie aan hulle nie vertel nie? Kom sluit tydens Aardklop by Maroela Media aan waar ons die kuns van storievertel gaan laat herleef met ons produksie, “Kontreistories”.