Twee kunstenaars wat dié week uitstaan in die Top-20 is Jo Black en Kurt Darren.
Fliekresensie: Raaiselkind
“Raaiselkind is ʼn aangrypende prent wat maklik melodramaties of oordrewe sou kon word. Wat dit nié is nie,” skryf Johan Myburg.
DStv kondig weer tariefverhogings aan
MultiChoice het pas die jongste tariefverhogings vir sy DStv-pakkette aankondig en televisiekykers sal vanjaar wéér dieper in hul beursies moet grawe.
Jennifer Aniston skei weer
Die Amerikaanse aktrise Jennifer Aniston en haar akteursman, Justin Theroux, het aangekondig dat hulle gaan skei – sowat 2 jaar nadat hulle getrou het.
Luister: Jack Parow oor ‘liefdesbrief vir Suid-Afrika’
“Ek is trots daarop om Afrikaans te wees en ek is trots daarop dat ek reg oor die wêreld kan gaan en die taal soveel as moontlik bevorder, en dit in die beste lig te stel wat ek moontlik kan,” sê Parow.
‘Yollie’ wil jou roer – nié laat lag nie
Meer as 25 jaar gelede het die aktrise Sally Campher kitsroem verwerf as die karakter Yolanda van Tonder – oftewel Yollie – in die SABC2-komediereeks Orkney Snork Nie.
Waterskaarste ook op die verhoog onder die loep
In dié stuk word elke nagmerrie oor waterskaarste werklikheid: 50 ℓ water per dag per persoon is lankal niemand meer beskore nie. Water is só skaars dat mense enigiets sal doen om dit in die hande te kry – selfs moord pleeg.
Gholfspeler, akteur in botsing wat een eis
“Die vrou se been was vasgeknyp tussen die stuurwiel en die paneelbord. Sy het om hulp geskree en was baie ontsteld. In ʼn stadium het hy [die akteur] gesê ons moet haar onmiddellik uit die voertuig help omdat hy rook ruik en bang is die motor slaan aan die brand.”
Video: Steve, Jak sing saam
“Mans moet leiers wees in ’n land soos Suid-Afrika met baie onsekerhede, en soms is dit nodig om te besef wat regtig belangrik is.”
Fliek nie meer vertoon ná nuwe ouderdomsbeperking
Die nuwe gradering het tot gevolg dat die rolprent nie meer in openbare teaters vertoon mag word nie.
Kyk een van dié flieks vir Valentynsdag
Skuif jou televisiekamer so ʼn bietjie, en voeg ʼn paar romantiese elemente by. Maak jou eie springmielies en geniet ʼn romantiese fliek-marathon saam met die spesiale mens in jou lewe!
Foto’s: Trouklokkies lui vir bekende sangerspaar
Die troufoto’s is Dinsdag eksklusief deur die bekende aanlyn tydskrif Troukoors gepubliseer.
Sewe flieks – net betyds vir Valentynsdag
Verlang jy na die dae toe daar nog nie iets soos “It’s Complicated” bestaan het vir ʼn verhoudingstatus nie? Toe romanse gesteelde oomblikke saam met jou geliefde beteken het en karakters in flieks oor die liefde mekaar, wel, liefgehad het? Hier is ‘n paar flieks spesiaal vir Valentynsdag – net vir jou!
Opwindende flieks en reekse in Februarie op Showmax
Showmax bied in Februarie ʼn rits nuwe flieks en reekse vir sy intekenaars. Kykers kan uitsien na reekse soos “The Handmaid’s Tale” en flieks soos “Grease”, “Forrest Gump”, “Shall We Dance?” en “West Side Story”.
Luister: Diaan Lawrenson vertel oor ‘uitmergelende’ rol in ‘Raaiselkind’
Diaan Lawrenson het in ʼn onderhoud met Maroela Media gesê afgesien daarvan dat dié rol “emosioneel sy tol geëis het”, moes sy veral “diep grawe om emosioneel eerlik te wees”.
Wen: Bottomless Coffee Band by die Oude Libertas-teater
Vyf gelukkige Kaapse lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen vir die vertoning van die Bottomless Coffee Band by die Oude Libertas-amfiteater in Stellenbosch.
Aardklop nou ‘gewildste kunstefees’ ná doodsklok eens lui
Die Potchefstroomse Aardklop Nasionale Kunstefees is pas as die kykNET Fiëstas se gewildste kunstefees in die land aangewys – dít net twee jaar nadat die doodsklok oënskynlik finaal vir dié kunstefees gelui het.
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 12 Februarie 2018
Wie is dié week in die no.-1 posisie?
Foto’s: Só gaan prins Harry, Meghan se troudag verloop
Die Kensington-paleis het Maandag gesê Prins Harry en Meghan Markle “sien baie uit” na hul groot dag in Mei vanjaar en wou daarom ʼn paar bykomende besonderhede oor die verloop van hul huweliksdag met die publiek deel.
‘Getroud met Rugby’-akteur deel van nuwe sanggroep
“Ons is mal oor wat ons doen, maar die kruis wat ons as kunstenaars moet dra, is die tye weg van ons huise en kinders af.”