Al ooit gewonder waarom daar ʼn lussie agterop ʼn man se hemp is? Lees gerus dié interessante verduideliking.
Vreemd
Video: Vrou verjaag krokodil met haar plakkie
ʼn Video waarin ʼn vrou van Northern Territory in Australië ʼn krokodil met haar plakkie verjaag, word wyd op sosiale media versprei.
[Foto’s] Pta-gebou Sondagoggend ingeplof
Toeskouers het Sondagoggend gejuig toe een van Pretoria se talle vervalle geboue ingeplof is en binne ʼn paar sekondes in stof en puin gelê het.
Kleuter sommer oornag ʼn miljoenêr
ʼn Driejarige seuntjie is Nieu-Seeland se jongste Bonus Bonds-pryswenner ooit nadat hy NZ$1 miljoen (byna R10 miljoen) in dié beleggingsloteryskema gewen het.
Video: Oom Ollie kom groet sommer lekker naby
Eswe Ras, een van die bestuurders van Sausage Tree Safari Camp by die Balule-privaat natuurreservaat in Hoedspruit, Limpopo, het ʼn nabye ontmoeting met ʼn olifant gehad.
Slim spyskaart vir moeilike kinders
Ouers weet presies hoe groot frustrasie dit kan wees wanneer kinders nie wil eet nie. Een restaurant het met ʼn slim idee vorendag gekom.
[Foto’s] 747-vlieënier neem mooiste foto’s
Min mense het ʼn beter uitsig op asemrowende natuurtonele soos vlieëniers, en ʼn Boeing 747-vlieënier het besluit om dié tonele met almal te deel.
Groot gegiggel toe polisie na ‘zombie-misdaadtoneel’ geroep word
Die polisie in Cheshire, Engeland, het hulle vandeesweek ná ʼn wenk van ʼn motoris gehaas na ʼn “misdaadtoneel” op die M62-snelweg waar ʼn zombie glo besig was om ʼn vrou te byt en aan te rand.
[Foto’s] Grappige smulpaap-honde
Die Duitse fotograaf Christian Vieler het ʼn reeks grappige foto’s van honde wat lekkernye probeer vang, vrygestel.
Video: Die rede vir die groefie onder jou neus
Het jy al gewonder hoekom die mens ʼn klein groefie onder sy of haar neus het? Dr. Micheal Mosley, ʼn navorser vir die dokumentêre program Inside the human body, het ’n antwoord op dié ongewone vraag gevind.
Video: Blinde hondjie kry sy eie gidshond
Dis altyd hartseer om te sien as diere ly, maar hierdie verhaal het ʼn gelukkige einde.
Leiband dalk binnekort verpligtend vir katte in dié dorp
Leibande vir katte sal binnekort, net soos vir honde, verpligtend wees indien ʼn stadsraad in Alaska se aanbeveling goedgekeur word.
Video: Internet op hol oor ‘regte Transformer’
Die Turkse maatskappy, Letvision, het onlangs ʼn funksionele “Transformer” vervaardig, wat nes in die gelyknamige flieks, van ʼn motor verander in ʼn yslike robot wat nek-, hand- en armbewegings kan uitvoer.
[Foto’s] Borduurwerk versier Spanje se strate
Raquel Rodrigo, ʼn Spaanse kunstenaar en stelontwerper van Valencia, versier haar land se strate met die mooiste blomme-borduurwerkinstallasies.
[Foto’s] Almal gaande oor oupa se grootste teddie
Oupas en oumas se grootste plesier in die lewe is waarskynlik om hul kleinkinders te bederf – dié oupa se geskenk het sosialemediagebruikers gaande.
[Foto’s] Die gevaarlikste pad in Frankryk
Motoriste en voetgangers in Frankryk moet behoorlik senuwee van staal hê wanneer hulle die Passage du Gois, suidwes van Nantes, gebruik. Dié pad verbind die eiland Noirmoutier met die vasteland en is twee keer per dag onder water tydens hooggety. Motoriste en voetgangers is al telkemale daar vasgekeer.
Downingstraat 10: Ongewone pligte vir ʼn ongewone werknemer
Larry die kat het reeds in 2011 die amp as hoofmuisvanger van die kabinetskantoor by Downingstraat 10 aanvaar, maar dit is sy amptelike pligte en toekennings wat hom bekendheid laat verwerf het.
Studie wys dolfyne praat met mekaar
ʼn Onlangse studie deur die St. Petersburg Politegniese Universiteit in Rusland het vasgestel dolfyne ‘praat’ met mekaar deur middel van ʼn hoogs-ontwikkelde gesproke taal.
Video: Man se danspassies met hond verower harte
ʼn Video van ʼn hondesaloneienaar van Argentinië wat met een van sy kliënte se honde dans terwyl die hond gewas en geknip word, word wyd op sosiale media gedeel.
[Foto’s] Eerste skooldag se vóór- en ná-foto’s laat almal skater
Dit is soms bitter moeilik om te keer dat jou opgewondenheid vinnig kwyn, veral wanneer jy ʼn sewejarige is wat vir die eerste keer skool toe gaan. Die webwerf Bored Panda het onlangs ʼn vóór- en ná-fotoreeks saamgestel van kinders se eerste dag by die skool.