Die wenkbroue van Wexford-inwoners in Ierland het behoorlik gelig toe plaaslike polisie die afgelope week ʼn vreemde vlieënde voorwerp (VVV) van die pad afgetrek het.
Vreemd
Video: Só sou Springbokke in Olimpiese Spele vaar
Die Springbokke het ʼn paar ander sportsoorte aangedurf as deel van ʼn boodskap van ondersteuning aan die Suid-Afrikaanse Olimpiese span.
Polisiebeamptes ‘red’ egpaar met twee borde kos
Polisiebeamptes in Rome, Italië, het tot ʼn egpaar se “redding” gekom deur vir hulle ʼn ete voor te berei.
Video: Voel jou liefie se hartklop deur dié ring
Is jy in ʼn langafstandverhouding? Die vervaardiger The Touch het nou ʼn ring ontwerp wat jou in staat stel om jou maat se hartklop op enige spesifieke tydstip te voel deur middel van draadlose verbinding via Bluetooth.
[Foto’s] Amerikaner gee nuwe betekenis aan ‘baard’
Wat is ʼn baard? As jy dié vraag aan die internet-sensasie Incrediblebeard sou vra, sou hy sonder huiwering antwoord dat ʼn baard ʼn kunswerk behoort te wees.
Die vreemdste Google-soektogte
Die wêreldwye soekenjin, Google, is bekend daarvoor dat hy ingespan word om antwoorde op ingewikkelde en soms eenvoudige vrae te verskaf. Die internet is nou op hol oor die vreemdste vrae wat maandeliks op dié soekenjin gesoek word. Die webwerf Digitaloft het die vrae onlangs bekendgemaak.
Skink vir jou kat, hond ook ʼn glasie wyn
Jy kan nou ook vir jou hond ʼn glasie, of eerder ʼn houertjie, wyn skink wanneer jy ʼn glasie saam met ʼn ete of tydens ʼn geselligheid geniet.
Man leef (gesond) op minder as R40 per jaar
William Reid, ʼn nagraadse student aan die American University in Washington D.C., het in die laaste twee jaar slegs $5.50 (ongeveer R78) aan kruideniersware bestee, hoewel hy tot dusver elke dag met ʼn vol maag gaan slaap het.
Hond ry met motor in winkel vas
ʼn Hond het Vrydag met ʼn motor in ʼn Walmart vasgery in Wayne, Wes-Virginia in Amerika.
Video: 25 000 voet sonder ʼn valskerm
Die valskermspringer, Luke Aikins, het Saterdag veilig in ʼn net in Simi Valley, Kalifornië geland nadat hy op ʼn hoogte van 25 000 voet uit ʼn vliegtuig gespring het sonder ʼn valskerm.
[Video] Luislang verorber reuse krokodil
ʼn Krokodil in Queensland, Australië, het onlangs sy moses teëgekom toe ʼn luislang van sowat drie meter hom ná ʼn stoeiery van vyf ure heel ingesluk het. Die internet is behoorlik op hol oor dié beeldmateriaal.
Luister: Gorillas ‘sing’ as hulle eet, wys navorsing
Die mens en gorillas deel nie net bykans 98% identiese genetika nie. Nuwe navorsing toon ook dat dié diere hul tevredenheid met maaltye uitdruk deur te neurie en selfs te sing wanneer hulle eet.
Dié teddiebeer laat jou baba snoesig slaap
Die vervaardiger Roro het onlangs ʼn teddiebeer ontwerp wat jou baba op ʼn baie “spesiale” wyse gaan help om snags deur te slaap.
[Foto’s] Internet op hol ná Melania Trump-toespraak
Dit is al byna vyf dae sedert Melania Trump Maandagaand gedeeltes van haar toespraak woordeliks uit ʼn toespraak van die huidige Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, gehaal het, maar gebruikers op sosiale media het nog lank nie die stof laat lê oor dié debakel nie.
Afslag vir goeie maniere
Moet liewer nie jou maniere by die huis vergeet wanneer jy vinnig by ʼn restaurant indraf nie! Restaurante in Amerika probeer nou om hul klante goeie maniere te leer deur afslag aan te bied aan diegene wat asseblief en dankie sê.
[Video] Die duurste pophuis ooit
Die Astolat-pophuiskasteel is die duurste pophuis ter wêreld met ‘n waarde van ongeveer $8,5 miljoen (R121,6 miljoen).
Kollegas val mekaar met sleutelborde aan
ʼn Man is in hegtenis geneem toe twee werknemers mekaar met hul rekenaarsleutelborde in ʼn kantoor aangeval het.
Tannie bekrap per ongeluk R1,2 miljoen-skildery
ʼn 91-jarige vrou het ʼn skildery, ter waarde van meer as R1,2 miljoen bekrap, toe sy die opdrag op die kunswerk, “vul woorde in”, gevolg het.
Sy vier 86ste verjaarsdag met 86ste agterkleinkind
As jy dink jy het te veel kleinkinders en agterkleinkinders se verjaarsdae om te onthou, kan jy jouself net indink hoe Marie Frei voel!
[Foto’s] Skreeusnaakse foto’s ná sy alleen wittebrood hou
Toe Huma Mobin van Lahore, Pakistan, se man vir haar gesê het dat hy nie op hulle tweede wittebrood kan gaan nie, het sy nie laat dít haar afskrik nie.