Bella Burton (11) kon weens ʼn seldsame genetiese toestand nie sonder krukke loop nie, totdat sy ʼn baie spesiale Deense hond ontmoet het. ‘n Video van die twee is binne twee dae reeds byna 24 miljoen keer gekyk.
Vreemd
[Foto’s] John Lennon-kitaar vir R33.9 miljoen verkoop
ʼn Akoestiese kitaar wat John Lennon gebruik het om “Love me do”, “I want to hold your hand” en ander treffers te skryf en op te neem, is vir $2.4 miljoen op ʼn veiling verkoop.
[Video] Kersfeesadvertensie laat jou verlang
Dit is die verhaal van ʼn jong meisie, Lily, wat deur ʼn teleskoop na die maan kyk. Een aand sien sy vir die eerste keer ʼn man op die maan raak! Die advertensie is binne twee dae reeds byna 6 miljoen keer op YouTube gekyk.
Foto’s: Waar’s my skape?
Daar is ongeveer 500 skape op hierdie foto. Kan jy hulle sien?
[Video] Baba se gunstelingliedjie hou haar uit die slaap
ʼn Baba met die naam Amaya kan, volgens haar pa, rustig deur enige musiek slaap, maar daar is een liedjie wat sy weier om mis te loop.
[Foto’s] Wonderlike plekke wat Disney-rolprente inspireer
Die plekke wat in Disney se rolprente gebruik word, lyk altyd so wonderlik, dat ’n mens sommer wens jy kan vir ʼn rukkie daar bly….
[Foto’s] Google-werker bly in vragmotor
ʼn Sagteware-ingenieur wat by Google in San Francisco werk en nie meer buitensporige bedrae aan huur te spandeer nie, het besluit om eerder in ʼn vragmotor te bly.
Babapoeier – toormiddel vir in en om die huis!
Volgens die Facebook-blad, Huisvrou se kreatiwiteit, is babapoeier nie net vir babas nie, en kan vir ʼn verskeidenheid van dinge gebruik word. Laat weet gerus as jy een van dié gebruike al getoets het!
Ongewone verloofring maak wyd opslae
ʼn Amerikaanse vrou se ongewone verloofring wat sy Maandag op sosiale media gewys het, het sedertdien wyd opslae gemaak en internasionaal die media se aandag getrek.
[Video] Jong buikspreker laat gehoor skater van die lag
Macey het aanvanklik bekendheid verwerf met haar ongelooflike kennis van Amerikaanse politiek, maar hierdie keer het sy haar nuwe “talent” vir Ellen gaan wys.
Slide the City dié somer in Suid-Afrika
As die gedagte aan ʼn ellelange waterwurm en enorme swembad jou opgewonde maak, moet jy nie Slide the City misloop nie.
[Foto’s] Takbok sorg vir onvergeetlike babafoto
ʼn Takbok wat haar opwagting gemaak het tydens ʼn fotosessie van ʼn een maand oue babaseuntjie het vir ʼn onvergeetlike foto gesorg.
[Video] Jong seun speel dat die biesies bewe
ʼn Video van ʼn jong seun wat die “Fantaisie Impromptu” van Frédéric Chopin speel, is volgens sy pa se Facebook-blad meer as 48 192 keer gedeel en 1 037 491 keer gekyk.
‘Toorverf’ vir reëntyd omskep strate in kunstonele
Die kreatiewe klomp het verskeie strate met hidrochromatiese verf versier – ʼn soort materiaal wat net sigbaar is wanneer dit in aanraking met water kom.
[Video] Mooiste liefde roer die hartsnare
Jason Lyle Black se ouma en oupa het op ʼn baie spesiale manier met ʼn klavierduet hul 60ste huweliksherdenking gevier – en almal is gaande daaroor. Die video is binne 10 dae reeds byna 2 miljoen keer gekyk.
[Foto’s] Kindertekeninge word sagte speelgoed
Ikea het 10 kinders se prentjiekarakters in werklikheid verander toe dit omskep is in regte sagte speelgoed.
[Video] Mooiste toiletpapierrok
Amber Mills, ʼn oud-vlootsoldaat, het in die finale rondte deelgeneem van ʼn kompetisie om ʼn trourok uit toiletpapier te skep.
[Video] Barbie-advertensie kry volpunte
Selfs kritici van Barbie-poppe gee volpunte vir ʼn nuwe twee minuut lange advertensie vir dié langbeenpop.
Jonges hou ‘begrafnis’ ná vriend nuwe meisie kry
ʼn Groep van ongeveer 50 jong seuns van Rhondda in Wallis het vir hulle vriend Keiran Cable (20) ʼn “begrafnis” gereël nadat dié ʼn nuwe meisie gekry het.
Baba met gesplete verhemelte gryp harte aan
ʼn Foto van ʼn babaseuntjie met ʼn gesplete verhemelte gryp die harte aan op sosiale media, maar is terselfdertyd ʼn wekroep.