Het jy al ooit gewonder wat sou gebeur as iets wat te goed klink om waar te wees, tog die waarheid is?
Vreemd
Video: Paaseier-verrassing
Maak ʼn Paaseier van tou en vul dit met sjokolade-eiertjies!
Wêreld se oudste mens sterf
Die wêreld se oudste mens, Misao Okawa van Japan, is dood enkele weke nadat sy haar 117de verjaardag gevier het.
Video: Die ‘geur’ van ʼn tuiste
Knorr se nuutste advertensie oor ʼn dogter wat in die Noordpool bly en terugverlang na haar ma se kos, is iets wat ons hier in Suid-Afrika ook goed sal verstaan: min dinge is so lekker soos jou ma se kos.
Video: Só stryk jy – sonder ‘n strykyster!
Dis gewoonlik ‘n petalje as jou strykyster nie wil werk nie, of as jy iewers dalk sonder ‘n strykyster gestrand sit.
Die lekkerste gratis nuus-app is hier!
In ʼn wêreld waar inligting so vrylik beskikbaar is, moet jou nuuskanaal geloofwaardig, gerieflik en gratis wees. Maroela Media stel hiermee amptelik sy nuus-app bekend! Kyk ook na ons toneomkrullekkerkry-advertensie onderaan die berig.
Video: Blus die brand – met klank!
Twee ingenieurstudente aan die George Mason-universiteit in Virginia, Amerika, gebruik klank om ʼn brand te blus, en hulle hoop dat dié tegnologie eendag selfs vir veldbrande gebruik kan word.
Video: Leeus pak krokodil
ʼn Video van ʼn paar leeus wat ʼn krokodil aanval, is baie gewild op sosiale media.
Vliegtuig stort neer – met niemand in die vliegtuig
ʼn Vliegtuig met niemand aan boord het in ʼn veld naby Saskatchewan, Kanada neergestort en natuurlik is niemand beseer nie.
Foto’s: Olifante keer dat vragmotor omval
Twee olifante het verhoed dat ʼn gestrande 18 wiel vragmotor omslaan nadat die voertuig langs die pad vasgeval het.
Video: Toerbus ingesluk, uitgespoeg
Merkwaardige beeldmateriaal van ʼn toerbus wat in ʼn sinkgat val en dan weer in die rivier uitgespoeg word, is op YouTube gelaai.
Video: Paartjie se danspassies ʼn internetsensasie
ʼn Advertensie vir ʼn mediesefondsskema waarin ʼn egpaar op “hulle liedjie” dans voor dinge begin handuit ruk, is baie gewild op sosiale media.
Video: Hiëna skrik hom byna boeglam
ʼn Hiëna het onlangs by die Shindzela-safarikamp in die Krugerwildtuin hom byna boeglam geskrik toe hy niksvermoedend reg op ʼn leeumannetjie afgestap het.
Video: Vou ‘n spoggerige servet
Beïndruk al jou gaste met jou servetvou-vernuf deur die eenvoudige aanwysings in hierdie video te volg.
Video: Oulike water- en pepertoertjie
Beïndruk kinders en al jou vriende met jou “toorkrag” met hierdie eenvoudige eksperiment!
Video: Pa en dogter bou ‘Jurassic Park’-fliek
Paul Hollingsworth, film- en animasieregisseur, en sy agtjarige dogter Hailee het ʼn Lego-weergawe van die oorspronklike Jurassic Park-fliek gebou.
Video: (On)gelukkige verjaarsdag
Dis ʼn ongeluk wat ʼn plek soek om te gebeur: ballonne en vlamme meng nie…
Foto’s: Ongewone ‘troeteldier’ ná reddingspoging
ʼn Ekster genaamd Penguin, wat deur ʼn jong gesin in Newport in Australië gered en versorg is, kom kuier nou gereeld by die Bloom-gesin.
Foto’s: Akrobate trou 38 keer binne 83 dae
ʼn Paartjie van Los Angeles in Amerika het besluit om binne 90 dae in soveel plekke as moontlik trou aan mekaar te beloof.
Video: Suid-Afrikaners proe Amerikaanse happies
Amerikaners het eers in ‘n video vir Suid-Afrikaners laat weet wat hulle van ons lekkernye dink, en nou het Suid-Afrika ‘n paar Amerikaanse happies getoets.