Hierdie video’s was in 2014 die gewildste in die kategorie “vreemd en fantasties” op Maroela Media.
Vreemd
Video: Dansende hond in sy noppies
ʼn Video van ʼn hondjie wat baie opgewonde is om sy eienaar te sien, is baie gewild op YouTube – en hy gaan verseker jou ook laat glimlag!
Die egpaar wat Kersfees gesteel het
ʼn 42-jarige vrou en haar 18-jarige man is in Colorado in Amerika in hegtenis geneem nadat hulle Kersfeesversierings ter waarde van $2 000 (sowat R23 000) gesteel het.
Video: Hond jaag ambulans wat sy eienaar vervoer
ʼn Paramedikus van Brasilië se video oor ʼn lojale hond wat die ambulans bly jaag waarin sy eienaar vervoer word, is baie gewild op sosiale media.
Video: Die tower-vuurhoutjie
Beïndruk jou vriende en kinders met jou vernuftigheid deur hierdie oulike optiese illusie vir hulle te wys.
Video: Die hawelose held
ʼn Man van Kalifornië wat wou sien wat ʼn hawelose persoon met $100 sou doen, het gesê niemand is meer verras as hy oor dit wat gebeur het nie. Die video is binne drie dae reeds byna 17 miljoen keer op YouTube gekyk.
Olyfolie reeds 8 000 jaar gelede in Israel gebruik
Die bewyse vir die oudste gebruik van olyfolie in Israel en moontlik die hele Middellandse Seegebied is in die laerliggende dele van Galilea gevind, berig die Jerusalem Post.
Video: Oom skrik nie vir gewapende rower nie
‘n Video op YouTube van ‘n ouerige man wat hom glad nie steur aan ‘n gewapende rower nie, maak opslae op sosiale media.
Video: Skillie help sy maat
ʼn Video van ʼn skilpad wat ʼn ander een regop help nadat hy omgeval het, is wêreldwyd baie gewild.
Video: Maak ʼn mooi sterretjie vir jou Kersboom
Hierdie pragtige 3D-sterretjie is baie maklik om te maak.
Video: Maak jou eie spitbraai
Ons almal weet hoe lekker sappig vleis kan wees as dit ordentlik oor ‘n spitbraai gaargemaak word. Suzelle DIY wys vir jou in dié video hoe om jou eie spitbraai te bou.
Video: Tweeling verwar kleuter
ʼn Video oor ʼn kleuter wat baie verward is toe hy ʼn tweeling die eerste keer sien, is binne twee weke reeds byna 16.5 miljoen keer op YouTube gekyk.
Video: Weggooihond hardloop eerste keer danksy 3D-gedrukte bene
Derby is met misvormde voorbene gebore en daar is aanvaar dat die weggooihond nooit sou kon hardloop nie, maar danksy moderne tegnologie sukkel Derby se eienaars deesdae om by te hou.
Video: Spesiale feesmaal vir troeteldiere
FreshPet, ʼn Amerikaanse troeteldierkos-maatskappy, het besluit die beste manier om die feesseisoen te vier, is om ʼn Kersete vir ʼn groep honde en ‘n kat te hou.
Wêreldreis danksy die regte naam
Elizabeth Gallagher ontvang ʼn gratis wêreldreis, net omdat sy met die regte naam gedoop is.
Foto’s: Wêreld se grootste skip in Kaapstad
Die wêreld se grootste hyskraanvaartuig, die Pieter Schelte, het tydens sy nooiensvaart op pad na Nederland in Kaapstad aangedoen.
Video: “Beste” Kersfees-gesinsfoto’s ooit
Die webwerf Awkward Family Photos laai gereeld gesinsfoto’s op waaroor mens net kan wonder en jou kop kan skud. Mike van Awkward Family Photos het die 10 “beste” Kersfees-foto’s uit hul album gaan snuffel.
Video: Kinders verheug oor “aakligste Kersgeskenke”
Tim Cocker wou twee weke voor Kersfees uitvind hoe sy kinders op ʼn aaklige Kersgeskenk sou reageer, en of hulle dit nog steeds sou waardeer.
Video: Ongelooflike trampolien-toertjies
Greg Roe (22) van Kanada steur hom klaarblyklik glad nie aan swaartekrag nie. Ons raai jou af om enige van die toertjies by die huis te probeer.
Video: Versierings vir die Kerstafel
Dié video wys jou hoe om baie maklik Kersboompies uit servette vir jou Kersfeestafel te vou! Selfs die kinders sal kan help om dié oulike versierings te maak.