Greg Roe (22) van Kanada steur hom klaarblyklik glad nie aan swaartekrag nie. Ons raai jou af om enige van die toertjies by die huis te probeer.
Vreemd
Video: Versierings vir die Kerstafel
Dié video wys jou hoe om baie maklik Kersboompies uit servette vir jou Kersfeestafel te vou! Selfs die kinders sal kan help om dié oulike versierings te maak.
Video: Masjien blaai spesiaal jou koerant
In dié video het Joseph ʼn baie ingewikkelde masjien gebou wat sy koerant kan omblaai.
Video: Maak jou eie unieke Kersboom
Pryk jou Kersboom nog nie in jou sitkamer nie? Soek jy vanjaar iets buitengewoon vir ‘n Kersboom? Suzelle DIY verduidelik in hierdie video hoe jy jou eie Kersboom kan maak.
Video: Skuldige hond slaan weer toe
Denver, ʼn hond wat drie jaar gelede opslae gemaak het op YouTube nadat sy ʼn pakkie katbeskuitjies geëet het, het nou die Kersfeesboom beetgekry. Haar oorspronklike video is reeds byna 40 miljoen keer op YouTube gekyk.
Video: Woonstelle ontruim toe huweliksaanbod skeefloop
Ses woonstelle moes Saterdag in Nederland ontruim word nadat ʼn hyskraan omgeval het toe ʼn man sy nooi wou vra om met hom te trou.
Video: Emosionele kleuter baie gewild
ʼn Video van ʼn kleuter wat haar inleef in ʼn fliek is reeds meer as 6.4 miljoen keer op YouTube gekyk.
Video: Seldsame weerverskynsel in Grand Canyon
ʼn Seldsame weerverskynsel wat die week in die Grand Canyon in die VSA voorgekom het, het dié dorre woestynwêreld in ʼn miskombers toegevou.
Video: Maak jou eie geskenkpapier!
Kersfees is om die draai en geskenkpapier is soms duurder as die geskenk self! Suzelle DIY verduidelik in hierdie video hoe jy jou eie geskenkpapier kan maak.
Video: Hoendervel-mooi weergawes van bekende Kersliedere
Pentatonix, ʼn a capella-sanggroep, se hoendervel-mooi weergawes van bekende Kersliedere maak opslae op YouTube.
Video: Só kry jy dáái Kersgeskenk
As ʼn paar kouse of ʼn nuwe woltrui dalk nie jou idee van die perfekte Kersgeskenk is nie, wys Suzelle DIY jou hoe om te kry wat jy regtig wil hê.
Video: Kersliedjies op die maat van die kassier se biep
Almal ken die biep-klank by ʼn supermark wanneer ʼn item deur die kassier geskandeer word. Klante by ʼn Edeka-supermark in Duitsland het eers gedink hulle misgis hulself toe dié biep-klanke byna soos ʼn liedjie klink. Die video is binne drie dae reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk.
Video: Voorkom dat jou karvensters opwasem
Hierdie video wys jou ‘n baie eenvoudige manier hoe om te voorkom dat jou die ruite in jou motor opwasem.
Video: ‘n Baie spesiale Kerslied
Leonard Cohen se bekende lied, Hallelujah, kry in dié weergawe deur Cloverton ʼn nuwe betekenis.
Video: Ratel te slim vir sy eienaar
Stoffel die ratel wat deur ʼn boer in Hoedspruit met die hand grootgemaak is, het bekendheid verwerf met sy vernuftige streke om te ontsnap.
Video: Sproeier in die ysige koue
ʼn Gesin in Winnipeg in Manitoba, Kanada het een oggend hul sproeier aan die warmwatertenk gekoppel toe dit ongeveer -34°C buite was.
Video: Wêreld se vinnigste klavierspeler
Lubomyr Melnek (65) van die Oekraïne voer aan hy is die wêreld se vinnigste klavierspeler en kan glo 19.5 note per sekonde speel.
Video: Verrassing vir leeus wat buffel aanval
‘n Trop leeus in die Krugerwildtuin het ‘n buffel aangeval, maar hulle het nie geweet wat wag op hulle nie.
Video: Borrelbad in jou Cadillac!
Phil Weicker en Duncan Forster het hul 1969 Cadillac DeVille in ʼn werkende mobiele borrelbad verander – en jy kan borrel terwyl jy rondry!
Video: Teken ‘n 3D-afdruk van jou hand
Hierdie “driedimensionele” prentjies is op ‘n plat stuk papier met ‘n paar inkleurpenne geteken. Dit is ‘n baie maklike optiese illusie en jou kinders gaan mal wees daaroor!