Big Major Cay, of Pig Beach soos dit beter bekend staan, is ʼn eiland in die Bahamas wat net deur swemmende varke bewoon word.
Vreemd
Video: Só sien kinders dronk ouers
Fragile Childhood, ʼn organisasie in Finland wat hom toespits op ouers wat alkohol misbruik, het ʼn advertensie gemaak om te probeer wys hoe kinders hulle ouers sien wanneer hulle onder die invloed van alkohol is.
Video: Só maak jy maklik jou eie lepel
Hier is ‘n handige wenk as jy ooit iewers sonder eetgerei sit, maar darem ‘n skêr en ‘n leë koeldrankbotteltjie by jou het. Die oulike lepeltjie is ook handig vir ‘n piekniek of selfs wanneer jy gaan kamp.
Video: Nóg weddenskappe wat jy nie kan verloor nie
Die eenvoudige kulkunsies in dié video sal jou vriende stomgeslaan laat: en jy sal boonop baie slim lyk. Loer veral na die toertjie waar hy ‘n tafeltjie met ‘n glas optel!
Video: Motoradvertensie maak van elke kameratruuk gebruik
Die motorvervaardiger Toyota se bemarkingspan het elke moontlike kameratruuk probeer inspan vir die advertensie van die nuwe Corolla.
Video: Agtjarige is ʼn klein Patrick Swayze
Charlie (8) het die rolprent Dirty Dancing al só baie gekyk dat hy Patrick Swayze se danspassies amper perfek kan naboots en dit sonder ʼn dansmaat.
Foto’s: Hulle lyk nes hul poppe!
‘n Fotogalery van kinders wat merkwaardig nes hul poppe lyk word wyd op sosiale media gedeel. Hier is ‘n paar van die foto’s.
Video: Skildery binne 90 sekondes!
‘n Spoedskilder, D. Westry, het uiteindelik met die prys weggestap in ‘n talentkompetisie op ‘n televisieprogram. Die video is reeds meer as 15 miljoen keer op YouTube gekyk.
Video: Voorkom dat jou avo’s verbruin!
Avokado’s word baie vinnig bruin indien mens dit nie dadelik eet nie.
Video: Is die battery pap?
Dit is gewoonlik ‘n groot frustrasie wanneer jy op ‘n paar los batterye in ‘n laai afkom en nie weet watter van die batterye pap is nie. Suzelle wys jou in dié video ‘n baie eenvoudige en handige wenk.
Video: Sal jy dit waag?
Die Zumanjaro Drop of Doom-pretrit by die Six Flags Great Adventure-pretpark in New Jersey in die VSA is beslis nie vir sissies of diegene met hoogtevrees nie, aangesien dit ʼn vryval van 126 m het.
Video: Twee kangaroes pak mekaar
‘n Video van twee kangaroes wat mekaar in ‘n buurt in Australië gepak het, is baie gewild op sosiale media.
Foto’s: Kinders op heterdaad betrap
Ouers weet sommer al: as dit so stil raak in die huis moet jy gaan ondersoek instel waarmee die kleinspan hulself besig hou. Hier is foto’s van ‘n paar kleuters wat só op heterdaad betrap is.
Foto’s: Wêreld se duurste hamburger
Die wêreld se duurste hamburger word by die Honky Tonk-restaurant in Chelsea, Londen verkoop en gaan jou sowat £1 100 (nagenoeg R20 000) uit die sak jaag.
Video: Kanker-advertensie bring besige treinstasie tot stilstand
Pendelaars in Stockholm, Swede is vroeër vanjaar vermaak met ʼn prettige interaktiewe sjampoe-advertensiebord wat wys hoe ʼn model se hare skielik opwaai wanneer die trein verbyry, maar nou laat dié advertensiebord hulle vir ʼn ander rede tot stilstand kom.
Video: Groot glips toe hy wou trou beloof
Dié bruidegom se grootste bekommernis dat hy dalk tydens sy huwelikseremonie oor sy woorde gaan struikel, is bewaarheid.
Video: Kyk wat gebeur wanneer die olifantjie omval
ʼn Video wat wys hoe ʼn olifantjie omval en ‘n groep groot olifante haas om hom te help, word wyd op sosiale media versprei.
Video: Hy bult spiere saam met pa
ʼn Video van ʼn babaseuntjie wat saam met sy pa spiere bult in die badkamer se spieël, word wyd op sosiale media versprei.
Video: Drawwer red kinders van verdrinking
ʼn Vrou van New York in Amerika wat vir haar pa se verjaarsdag in Boston was, het twee kinders van verdrinking gered toe ʼn stootwaentjie in ʼn opgaardam beland het.
Video: Die maklikste wiskunde!
Meeste mense gryp gewoonlik dadelik na ‘n sakrekenaar sodra hulle dubbelgetalle met mekaar moet vermenigvuldig, maar met hierdie eenvoudige metode hoef jy slegs ‘n paar lyntjies op papier te trek!