Etienne Smit het Donderdag by die Zwartkop-lugmagbasis in Centurion ʼn C-160 Transall-vliegtuig gesleep.
Vreemd
Video: Só maak mens as jy op ‘n lughawe gestrand is
So wat doen jy as jy oornag op ‘n lughawe gestrand is en wag vir jou vlug die volgende oggend? Jy maak ‘n musiekvideo op jou iPhone van Celine Dion se treffer ‘All By Myself’.
Video: Pad na jou Hart-fliek kom na jou dorp toe
Pad na jou Hart, die tweede grootste Afrikaanse lokettreffer, gaan binnekort in plattelandse dorpe op ʼn buitelugskerm te sien wees!
Foto’s: Gewildste troufoto danksy veldbrand
ʼn Veldbrand wat ʼn paartjie se troudag Saterdag ontwrig het, het hulle ook die beste agtergrond vir ʼn foto gebied en dié foto maak nou opslae op sosiale media. Nog foto’s volg onderaan die berig.
Video: Groot ongeluk in die fliek!
Bemarkers krap gewoonlik kop oor hoe om hul boodskap tuis te bring, maar Volkswagen het dalk met dié skokkende advertensie die spyker op die kop geslaan. Die advertensie is die afgelope vier dae reeds bykans 5 miljoen keer op YouTube gekyk.
Video: Maklikste manier om krytstrepe te verwyder
Meeste huise het al kleurkrytstrepe teen die muur gehad as die peuters en kleuters opgewonde raak oor hul eie kreatiwiteit. Hierdie video van die radiostasie 95.7 KJR in Seattle, Amerika, wys jou hoe om, met ‘n gewone item, die kleurkryt van die muur te verwyder. Laat weet ons gerus indien dit vir jou gewerk het!
Video: Maak ‘n bakkie uit jou ‘tjips’-pakkie
Niemand wil moeite doen om ‘n bakkie vir die skyfies te gaan haal wanneer almal rugby kyk of buite langs die braai sit en kuier nie. Hier is ‘n video wat jou verduidelik hoe om maklik ‘n bakkie uit daai einste pakkie te vou.
Video: Wat gebeur as jy Coke kook
Die Russiese YouTube-gebruiker, Taras Kulakov, wou weet wat is in ‘n botteltjie Coca-Cola, en het dit gekook. Die video is die afgelope vier dae reeds bykans 7 miljoen keer gekyk.
Video: Olifant maak nader kennis
‘n Olifant het in die Kruger-wildtuin toeriste byna op hol gehad toe hy nader kom ondersoek instel het.
Google Streetview-bylmoord opgelos
ʼn “Bylmoord” wat deur die Google Streetview-voertuig afgeneem is, is uiteindelik deur die polisie opgelos.
Video: Kêrels verstom met bottelkonsert
Vyf talentvolle ouens, wat hulself “The Bottle Boys” noem, se jongste treffer, Billy Jean van Michael Jackson, maak tans opslae op sosiale media.
Weerman se meisie gee ja-woord by Comrades-eindstreep
Derek van Dam (31) die bekende TV-meteoroloog het Sondag by die Comrades-eindstreep sy meisie gevra om met hom te trou.
Baba aan trourok se sleep vasgemaak
ʼn Bruid van Tennessee in Amerika word skerp veroordeel nadat sy haar pasgebore babadogtertjie aan haar trourok se sleep vasgemaak het.
Video: Toetsrit met motor wat self bestuur
Google het onlangs ʼn paar inwoners van Kalifornië genooi om ʼn ‘toetsrit’ te geniet met hul splinternuwe motor, wat self kan bestuur. Die motor is ʼn prototipe en het nie ʼn stuurwiel, rempedaal of petrolpedaal nie.
Video: Man gee R1.3 miljoen kontant terug
Joe Cornell, ʼn man van die Heilsleër in Kalifornië, Amerika, het ʼn sak met $125 000 (sowat R1.3 miljoen) kontant wat uit ʼn pantservoertuig geval het, teruggegee.
Die wêreld se eerste olifant-selfie
ʼn Olifant by die West Midlands Safari-park in Worcestershire, Engeland, het ʼn selfie op ʼn besoeker se selfoon geneem toe die instrument in die dier se hok beland het.
Video: Koeldrank laat jou glo maats maak
Coca Cola se nuwe advertensie probeer jou oortuig dat jy, danksy ‘n koeldrankdoppie wat nie kan oopmaak nie, nuwe maats gaan maak!
Video: Kinders se kostelike reaksie op ou rekenaar
Kinders reageer te kostelik in hierdie video op ʼn rekenaar uit die 1970s. Die video is die afgelope drie dae reeds meer as 6.5 miljoen keer gekyk.
Video: Olifante bestorm toeriste
Twee olifante het skielik toeriste op ‘n wildrit by Makuleke in die Kruger-wildtuin bestorm.
Video: 5-jarige oor sy ‘liefdesprobleme’
So jy reken liefdesprobleme is net vir grootmense? Dié vyfjarige seuntjie sit omtrent met ‘n tameletjie aangesien hy moet kies watter een van sy drie meisies hy gaan afsê.