Klankgolf 2018: Registreer vir die seminaar vir gemeenskapsradiostasies – Centurion

Maroela Media se jaarlikse Afrikaanse radioseminaar vir gemeenskapsradiostasies, Klankgolf 2018, vind op 18 & 19 Oktober plaas te:

Leriba Hotel
Endstraat 245
Clubview
Centurion

Kostes

Bywoning is gratis vir die eerste afgevaardigde van elke radiostasie. Vir elke persoon wat addisioneel saamkom, is die koste R390 per persoon.

Verblyf

Daar was beperkte gratis verblyf beskikbaar by die Eendracht Gastehuis vir seminaargangers van stasies wat vergeleë is. Die verblyf is gevul  soos die versoeke ingekom het. Let wel: Daar is ongelukkig geen gratis verblyf meer beskikbaar nie.

Donderdagaandfunksie

Daar gaan weer die Donderdagaand heerlik saamgekuier word. Besonderhede sal later deurgegee word. Indien jy aandui dat jy dié geleentheid gaan bywoon en later nie meer kan nie, laat weet ons ook asseblief dadelik.

Laat registrasies kan nog ontvang word tot Maandag 01 Oktober.

Registrasies het gesluit. Kontak [email protected] vir enige navrae.