Klankgolf 2018: Registreer vir die seminaar vir gemeenskapsradiostasies – Kaapstad

Maroela Media se jaarlikse Afrikaanse radioseminaar vir gemeenskapsradiostasies, Klankgolf 2018, vind op 25 en 26 Oktober plaas te:

Ruslamere Hotel, Spa & Konferensiesentrum
Langebergstraat 14
Durbanville
Kaapstad

Kostes

Bywoning is gratis vir die eerste afgevaardigde van elke radiostasie. Vir elke persoon wat addisioneel saamkom, is die koste R390 per persoon.

Verblyf

Daar was beperkte gratis verblyf beskikbaar vir seminaargangers van stasies wat vergeleë is. Die verblyf is gevul soos die versoeke ingekom het. Let wel: Daar is geen gratis verblyf meer beskikbaar nie.

Donderdagaandfunksie

Daar gaan weer die Donderdagaand heerlik saamgekuier word. Besonderhede sal later deurgegee word. Indien jy aandui dat jy dié geleentheid gaan bywoon en later nie meer kan nie, laat weet ons ook asseblief dadelik.

Laat registrasies kan nog ontvang word tot Maandag 01 Oktober.

Registrasies het gesluit. Kontak [email protected] vir enige navrae.