Klankgolf 2019: Registreer vir die seminaar

Dit is amper weer tyd vir Maroela Media se jaarlikse Afrikaanse radioseminaar vir gemeenskapsradiostasies, Klankgolf 2019. Voltooi asseblief die registrasievorm voor 15 Mei.

Datum van seminaar

18 en 19 Julie

Plek

ATKV Goudini Spa
Wyzersdrift-weg
Slanghoek
Rawsonville

Vervoer

Daar is gratis vervoer van en na Kaapstad-lughawe op Woensdag 17 en Vrydag 19 Julie. Die vertrektyd op 17 Julie vanaf die lughawe is in die laatmiddag en sal nog gefinaliseer word.

Verblyf

Twee nagte by ATKV Goudini Spa. Kamerindelings sal gedoen word sodra elke stasie se bywoning bevestig is.

Aandfunksie

Op Donderdagaand 18 Julie is daar ’n geselligheid waar die seminaargangers mekaar beter kan leer ken en lekker saam kuier rondom die etenstafel.

Koste

Die seminaar kos R830 per persoon. Dit is vir ons uiters belangrik om niemand uit te sluit as gevolg van koste nie. Indien jou stasie wil aansoek doen om bystand, dui dit aan op die onderstaande vorm. ʼn Faktuur sal uitgereik word sodra die registrasie ontvang word en dié koste moet asseblief vereffen word teen 30 Junie.

Dit sluit die volgende in:

  • Verblyf vir twee nagte (17 en 18 Julie – Let wel: die bedrag bly onveranderd of daar slegs een of albei aande van verblyf gebruik gemaak gaan word)
  • Alle etes op 18 en 19 Julie
  • Die aandfunksie op 18 Julie
  • Alle kursusmateriaal

Dit sluit die volgende uit:

  • Vervoerkoste (Let wel: vervoer van en na die lughawe is gratis)
  • Woensdag 17 Julie se aandete
  • Enige oord-aktiwiteite, etes en kafeteria-aankope wat nie ingesluit is by die seminaarprogram nie

Kansellasies

Indien daar geregistreer word en die persoon(e) kan nie meer die seminaar bywoon nie, moet kansellasies per e-pos gestuur word na [email protected] vóór 15 Junie.