10 dae van geskenke: Hier is die Klerekas.com-wenner

Klerekas.com

Maroela Media, jou lekkerste bron van nuus, jou tuiskomsplek, jou heenkome, vier vanjaar ons 10de verjaarsdag! Om dié spesiale verjaarsdag te vier, het verskeie ondernemings en organisasies hand bygesit om ons lesers te bederf.

Baie geluk aan Maritsa Coetzer van Rustenburg wat aangewys is as die wenner van ʼn geskenkbewys ter waarde van R2 500 van Klerekas.com!

By www.klerekas.com kry jy vellies, stewels, hakke, broeke, bloese, rompe, rokke, oorbelle, sonbrille, kouse, gordels en meer as 3 000 klere-items waaruit jy kan kies, want ons styl dra jy nes jy wil. Klerekas.com is Suid-Afrika se grootste Afrikaanse aanlyn klerewinkel waar jy vanaf enige plek kan klik en koop waarna ons posman uitbundig by jou voordeur sal kaperjol, ding-dong fluit en sing dat jou pakkie hier is.

Buiten jou ouma se gemmerkoekies is daar niks wat so lekker smaak soos jou aanlyn inkopies wat by jou huis afgelewer word nie. Verkoop jou tienerjare tromstel of gaps jou wederhelf se kredietkaart. Maroela Media vier ʼn groot mylpaal en jy moet spoggerig aangetrek wees vir die geleentheid. Besoek www.klerekas.com om toegang te kry tot die nuutste modeklere teen sakpaspryse, boonop kan jy in Afrikaans sjop!

Klik hier om te sien vir watter kompetisies jy nog kan inskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Lz

Baie geluk!!