10 dae van geskenke: Hier is die NB-Uitgewers-wenners

Van die boeke wat by die boekpakke ingesluit sal word

Maroela Media, jou lekkerste bron van nuus, jou tuiskomsplek, jou heenkome, vier vanjaar ons 10de verjaarsdag! Om dié spesiale verjaarsdag te vier, het verskeie ondernemings en organisasies hand bygesit om ons lesers te bederf.

Baie geluk aan Stefanie Mare van Albertinia, Christelle Crous van Pretoria, Amelia Botha van Kempton Park, Chereen Smuts van Centurion, Hantie Helberg van Johannesburg, Jako du Preez van Ermelo, Lizette Fouche van Alberton, Simoné Aucamp van Potchefstroom, Philip Robinson van Louis Trichardt en Renier de Villiers van Mafikeng wat elkeen ʼn wonderlike boekpak van NB-Uitgewers wen!

Dié boekpakke bestaan onder andere uit kinder- en jeugstories, ʼn kookboek, ʼn niefiksieboek en ʼn paar fiksieboeke. Die boekpakke se waarde beloop elkeen minstens R1 400 en is ʼn groot bederf vir enige boekwurm!

NB-Uitgewers publiseer onder sewe hoofdrukname: Tafelberg, Human & Rousseau, Queillerie, Pharos, Kwela, BestBooks en Lux Verbi. Afrikaanse liefdesverhale word onder die drukname Jasmyn, Melodie, Satyn, Hartklop en Mirre gepubliseer.

NB-Uitgewers is die grootse plaaslike algemene uitgewery in die Suid-Afrikaanse boekemark en is die markleier in volwasse fiksie, kinder- en jeugboeke en nie-fiksie. By NB-Uitgewers kan jy alles kry van populêre fiksie tot literêre fiksie en nie-fiksie, van liefdesverhale tot treffende politieke onthullings en biografieë, en kookboeke, gesondheid en tuinmaak en humor tot boeke vir jong volwassenes sowel as prenteboeke en massamark-kinderboeke en woordeboeke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sanja

Ag julle is gelukkig om iets te kon wen! Geluk en geniet die lekker leesstof!

Madeleine

Baie Gluk!