10 dae van geskenke: Hier is die wenner van die naaldwerkmasjien

Bernette Chicago 5-naaldwerkmasjien (Foto verskaf)

Maroela Media, jou lekkerste bron van nuus, jou tuiskomsplek, jou heenkome, vier vanjaar ons 10de verjaarsdag! Om dié spesiale verjaarsdag te vier, het verskeie ondernemings en organisasies hand bygesit om ons lesers te bederf.

Bernina bederf een Maroela-leser met ʼn Bernette Chicago 5-naaldwerkmasjien ter waarde van R11 999!

Die wenner van dié wonderlike naaldwerkmasjien is Trippie Visser van Equestria in Pretoria. Sy is baie opgewonde om met dié masjien allerhande nuwe skeppings te maak.

Die Bernette Chicago 5 bied ʼn wye reeks van opsies om te verseker dat jy uiting kan gee aan jou kreatiewe idees. Die 150 dekoratiewe steke, 20 kwiltsteke, twee alfabette en ʼn steekwydte van 7 mm,sal jou kreatiewe hartklop versnel! Eenstap-knoopsgat en die LED-stiklampie verseker dat alle naaldwerkprojekte vinnig en maklik afgehandel kan word.

Lees meer op hul webwerf by www.mybernette.com

Klik hier om te sien vir watter kompetisies jy nog kan inskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
isabelle

BAIE GELUK!!! ***

SomeOne

baie geluk aan trippie met haar prys wat sy ontvang het

Charllas

Wow dis `n amazing geskenk – Baie geluk en geniet hom!